Landbouweekblad

Piet du Toit-wild haal amper R111 miljoen

- – CHARL VAN ROOYEN

’N BASTERGEMS­BOK-kudde het ’n Suid-Afrikaanse rekordprys behaal op die jaarlikse wildveilin­g van Piet du Toit-wildbedryf wat onlangs by Bela-Bela plaasgevin­d het.

’n Konsortium het R10,1 miljoen betaal vir ’n 50%-aandeel in die bastergems­bok Hennessy en sy kudde van 20 vroulike diere en 13 kalwers. Dit was die hoogste prys op die veiling.

Dié wild loop ekstensief op mnr. Piet du Toit se Kalaharipl­aas by Van Zylsrus. Die bod is toegeslaan op mnre. Tebogo Mogashoa van Barbirwa Wildlife, Rooiberg, en Wicus en Hannes Pretorius van Buffalo Creek, Thabazimbi. Hulle is deel van die Wildlife Legacy-groep.

Ander SA rekordprys­e op dié veiling was R3,6 miljoen vir ’n njalabul, Troy, R110 000 vir jong koedoebull­e en R60 000 vir waterbokve­rse.

Piet du Toit-wildbedryf het ook die eerste keer Seretsi-wildebeest­e op dié veiling verkoop. ’n Bul het R190 000 gehaal, ’n bul en twee koeie R100 000 stuk, en nog ’n koei R80 000.

Swartwitpe­nse het weer baie goeie pryse behaal en ’n hele paar lotte is vir R1 miljoen en meer verkoop.

LAER OMSET

Die omset van die veiling was R110,791 miljoen. Dit is heelwat minder as sy vorige twee veilings, maar mnr. Sybrand Mostert van Wildswinke­l, wat die veiling in sy kompleks by Bela-Bela aangebied het, sê dit was omdat daar nie dié keer superbuffe­ls aangebied is wat die omset die hoogte laat inskiet nie.

Verskeie bogemiddel­de buffels het egter goeie pryse behaal – R10 miljoen vir die Oos-Afrikakoei Jessa, ’n dogter van die superbuffe­l Matetsi, en twee ander koeie het onderskeid­elik R9 miljoen en R5,5 miljoen behaal. Jong bulle het onderskeid­elik R1,7miljoen, R3,2 miljoen en R2,05 miljoen behaal. Gemiddelde buffels is vir R550 000 tot R750 000 van die hand gesit.

“Ek meen hulle het buffels verkoop wat die hele mark bedien en nie net superbuffe­ls nie, wat ’n baie gunstige beeld uitstraal,” sê Mostert. “Daar ook was heelwat minder ander superwild, wat ’n groot verskil aan ’n veiling se omset maak.

“Die feit dat kleurvaria­nte onder druk is, het ook redelik bygedra tot die kleiner omset,” sê hy.

BEPLAN

Du Toit sê hy sou graag méér geld vir sommige van sy wild wou hê, maar die kopers het mooi beplan en elkeen het gekry wat hy wou gehad het. Hy meen die pryse wat behaal is, is deur markkragte bepaal. Daar was altesaam 584 geregistre­erde kopers, waaronder baie nuwe kopers, onder meer vanaf Namibië.

Die afslaer was mnr. Brandon Leer.

 ?? FOTO: PIET DU TOIT-WILDBEDRYF ?? Hennessy, ’n bastergems­bokbul, en sy kudde het ’n rekordprys behaal.
FOTO: PIET DU TOIT-WILDBEDRYF Hennessy, ’n bastergems­bokbul, en sy kudde het ’n rekordprys behaal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa