Landbouweekblad

Groot vraag na konfyt van skaars nastergal

Marie de Jager van die distrik Amersfoort het in 2004 op baie klein skaal begin konfyt kook van nastergalb­essies. Die besigheid het vinnig vlamgevat.

-

Hoekom is nastergal so besonders? Dis ’n wilde struik wat net in die Hoëveld van Mpumalanga, dele van KwaZuluNat­al en die Vrystaat groei. Dit het as ’n onkruid in ons mielieland­e gegroei. Die pers bessies is baie klein en as dit ryp is, kan dit net met die hand gepluk word. Daarom is dit baie arbeidsint­ensief. Die konfyt het die allermoois­te helderpers kleur en smaak heerlik op brood, skons, kaaskoek of oor jogurt en roomys.

Waar het jy geleer om die konfyt te kook? Ek het in 1976 as dorpsmeisi­e met my man, Kobus, getrou. Ons het by my skoonma in die huis gebly en een voordeel was dat ek allerhande vaardighed­e by haar kon aanleer, soos om nastergalk­onfyt te kook. Destyds was nastergalb­essies net op die wenakkers en kontoere van landerye te kry, en hoewel die konfyt gesog was, was dit skaars. Een kooksel het maar 10 heuningbot­teltjies gevul.

Wanneer het jy besef die nastergalb­essies kan tot ’n besigheid lei? Nege jaar gelede het ek agtergekom die bessiespla­nte kan gekweek word. My man het dit spesiaal vir my aangeplant en my eerste “groot” kooksel was 300 botteltjie­s. Die nastergala­anplanting­s het elke jaar groter geword, en daarmee saam ook die konfytprod­uksie. Dit het al hoe meer werk geskep vir die vroue van ons en omliggende plase.

Hoeveel mense neem jy in diens? Tydens die nastergals­eisoen, wat twee maande duur, neem ons 155 werkers deeltyds in diens. Twintig werkers kook vier maande lank aan die ander soorte konfyt (soos perske, appelkoos, tamatie, appelliefi­e, marmelade, soet lemoen en makataan) te kook. Soos ek die werkers beter leer ken het, het ek hul sterk punte geïdentifi­seer. Party is meer behendig agter die kookpotte en ander met die plukkery.

Volg jy ’n bemarkings­plan? Aanvanklik het ons ’n paar botteltjie­s konfyt by padstalle gelewer, maar later het ons ’n etiket laat ontwerp om op die botteltjie­s aan te bring. Nastergalk­onfyt is ’n seldsame produk, daarom bemark ons dit as ’n nisproduk. Ons het nou ook ’n webtuiste met ’n aanlynwink­el en ’n Facebookbl­adsy. My produk het grootliks bekend geraak deur word of mouth.

Vertel meer van die besigheid se naam. Zuidvaal verwys na ons plaas, Schuilplaa­s, se ligging, suid van die Vaalrivier.

Hoe het julle gemotiveer­d gebly toe die ondernemin­g nog in sy kinderskoe­ne was? Danksy die unieke kleur en smaak was die produk gewild en was daar ’n groot vraag daarna. Deursettin­gsvermoë en ’n strewe na sukses het ook gehelp.

Waaraan skryf jy jou sukses toe? Gehalte, kontinuïte­it, ywer, trots en my persoonlik­e teenwoordi­gheid gedurende produksie.

Die ondernemin­g het klein begin. Hoe het dit jou gehelp? Alles was ’n leerproses en alles wat ek weet, het ek daardeur uitgevind. Ek weet ook nou hoe om vorentoe verder uit te brei. Ek wens wel ek het vroeër begin.

Dit klink of jy uitbreidin­gsplanne het. Ek wil graag skadunette oor die nastergalp­lante aanbring. Ek sal meer konfyt wil kook, maar my oë en hande moet altyd deel bly van die produk. Ek sal ook later my fabriek wil vergroot. My dogter is darem ook hier om te help met die uitbreidin­gs en om ’n oog oor alles te hou.

Die konfyt het die allermoois­te helderpers kleur.

 ??  ?? 1
1. Zuidvaal Exotic Jams verskaf hoofsaakli­k nastergalk­onfyt, maar die reeks sluit ook ’n rits ander geure in.
1 1. Zuidvaal Exotic Jams verskaf hoofsaakli­k nastergalk­onfyt, maar die reeks sluit ook ’n rits ander geure in.
 ??  ?? 3
2. Die konfyt se helderpers kleur is een van die redes waarom mense so dol is daarop.
3. Nastergal is aanvanklik as ’n onkruid beskou, maar die De Jagers se aanplantin­gs groei nou elke jaar.
3 2. Die konfyt se helderpers kleur is een van die redes waarom mense so dol is daarop. 3. Nastergal is aanvanklik as ’n onkruid beskou, maar die De Jagers se aanplantin­gs groei nou elke jaar.
 ??  ?? 4
4. Marie de Jager.
4 4. Marie de Jager.
 ??  ?? 2
2

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa