Landbouweekblad

Twee wynmakers by gilde ingehuldig

- — LUCILLE BOTHA

TWEE Stellenbos­se wynmakers het hulle by die uitsoekgel­edere van die Kaapse Wynmakersg­ilde aangesluit.

Mnre. Bruwer Raats van Raats Family Wines en Morné Vrey van die landgoed Delaire Graff is die jongste toevoeging tot die gilde. Die gilde het in 1982 ontstaan en bestaan uit 47 van Suid-Afrika se mees gerekende wynmakers. Die wynmakers het ’n gemeenskap­like visie om die Suid-Afrikaanse wynbedryf te verbeter deur wêreldklas­wyn te maak en transforma­sie te ondersteun.

Lidmaatska­p geskied op uitnodigin­g.

Raats het 16 jaar gelede begin wyn maak en is veral bekend vir slegs Chenin blanc-en Cabernet francwyn. Hy is ook lid van die Chenin blanc-vereniging en van die Premium Independen­t Wineries in Suid-Afrika (PIWOSA). Hy spog met vier vyfster-eerbewyse in die Platter-gids.

Vrey is al sewe jaar lank keldermees­ter by Delaire Graff en tree gereeld op as lid van verskeie proepanele en studiegroe­pe. Sy wyn het al ses keer vyf sterre in die Platter-gids behaal en lof ingeoes by vooraansta­ande kompetisie­s, soos die Old Mutual-trofee-wynskou, Veritas, Decanter en Councours Mondial. Mnr. Tim Atkin, Britse wynkomment­ator, het Vrey in 2015 as Jong Wynmaker van die Jaar aangewys.

Mnr. Miles Mossop, nou vir die tweede jaar voorsitter van die gilde, meen albei nuwe lede is ’n aanwins. “Bruwer is baie bedrywig met die bemarking van sy eie wyn, sowel as Suid-Afrikaanse wyn in die algemeen. Hy is wyd bekend as ’n maker van uitsonderl­ike wyn. Die string eerbewyse op Morné se kerf wys dat hy ’n talentvoll­e wynmaker is. Hy is vernuwend en altyd aan die eksperimen­teer om die gehalte van sy wyn te verbeter,” sê Mossop.

NUWE BESTUURSPA­N

Mossop word deur mnr. Boela Gerber van Groot Constantia ondersteun as ondervoors­itter. Mnr. David Nieuwoudt van die Cederberg Private Kelder is tesourier, mnr. Kevin Grant van Ataraxia is keldermees­ter en me. Andrea Mullineux van Mullineux & Leeu Family Wines behartig die gilde se bemarking.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Mnr. Miles Mossop (middel), voorsitter van die Kaapse Wynmakersg­ilde, saam met die twee nuwe lede, mnre. Morné Vrey (links) en Bruwer Raats.
FOTO: VERSKAF Mnr. Miles Mossop (middel), voorsitter van die Kaapse Wynmakersg­ilde, saam met die twee nuwe lede, mnre. Morné Vrey (links) en Bruwer Raats.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa