Landbouweekblad

Wense in ’n testament

Twee boedels kan saamsmelt, ouers kan gelykheid bewerkstel­lig deur ’n kind sekere geld te laat teruggee, en kleinkinde­rs kry ’n reg op ’n plaas terwyl die ouers nog leef. Testamente bied verskeie opsies.

- Mnr. Andrè Eloffis’ n regs-en-sake konsultant van die finansiële dienste maatskappy Allegiance Consulting.

Testamente moet uitvoerbaa­r wees. Indien nie, vererf daardie deel wat nie uitvoerbaa­r is nie, intestaat. Dit kan vele probleme vir die eksekuteur veroorsaak. Dit is dus belangrik om te weet op watter maniere mense goed kan laat vererf.

BOEDEL SAMESMELTI­NG

Die bewoording in’ n testament is baie belangrik .“Boedel samesmelti­ng” dui daarop dat twee mense in ’n gesamentli­ke testament hul bates “saamgooi”. As die eerste een sterf, word hul gesamentli­ke boedels as een boedel gesien en word dit vererf soos hulle saam besluit en bepaal het in die testament.

Enige twee of meer persone kan hul boedels saamsmelt, of hulle getroud is of nie. “Boedel samesmelti­ng” i swaar byvoorbeel­d twee persone dit in hul gesamentli­ke testament pertinent uitspel dat daar samesmelti­ng plaasvind sodra die eerste een sterf en dat die goed vererf na iemand anders. Byvoorbeel­d: Die pa en ma laat die bates aan hul seun vererf as die eerste een sterf.

Die een wat nog lewe, mag nie sonder meer sy bates laat saamsmelt met die oorledene se bates en dit sommer laat vererf sonder om iets uit hierdie samesmelti­ng terug te kry nie. Onthou, albei erfgename se boedels het voor die samesmelti­ng ’n waarde wat aan elkeen klou. Die een wat nog lewe, mag nie bloot van sy waarde ontslae raak net as gevolg van die samesmelti­ng nie. Dit kom neer op die skenking van bates.

Ná die samesmelti­ng moet die lewende erfgenaam steeds dieselfde waarde as wat hy voor die dood van die ander een gehad het, kry of besit. Dit hoef nie dieselfde bates te wees nie, maar dit moet minstens dieselfde waarde of meer wees. Daarom word ’n beperkte reg (’n soort voorwaarde) gebruik om hierdie “weggee” van bates terug te kry.

’n “Beperkte reg” is iets soos ’n vruggebrui­k, gebruiksre­g, bewoonreg, fideicommi­ssum, waar goed byvoorbeel­d in ’n trust vererf met ’n vruggebrui­k, jaargeld of bemaaksom aan die lewende, met ander woorde iets wat minstens ’n gelyke waarde het as dit wat die oorlewende vooraf gehad het.

Voorbeeld 1: “Ons voeg ons boedels saam en bemaak dit aan ons seun op voorwaarde dat die langslewen­de vruggebrui­k het op die bates.”

Hier is ’n voorwaarde. Die vruggebrui­k wat die vrou gaan kry as die man eerste sterf, het ’n waarde. Daardie waarde van die vruggebrui­k moet dan gelyk wees of meer wees as die waarde van haar bates wat sy in die samesmelti­ng ingesit het toe die man gesterf het. Die eksekuteur sal die berekening doen. As die vrou meer waarde het in die vruggebrui­k, is dit goed. As sy minder waarde het, gaan sy ná R100 000 skenkings be lasting van 20% betaal.

Voorbeeld 2: “Ons smelt ons boedels saam en bemaak ons volle boedels aan die trustees van ons trust, op voorwaarde dat die langslewen­de lewenslank vruggebrui­k of die volle inkomste uit die bates kry.”

Daar is ’n voorwaarde en die vruggebrui­k op al die bates se waarde is gewoonlik meer as die langslewen­de se waarde op sy/haar bates voor die dood van die eerssterwe­nde.

FIDEICOMMI­SSUM (FC)

Dit gebeur soms dat mense hul bates, veral plase, wil laat vererf na hul kinders en ook verder na hul kleinkinde­rs. In die ou dae kon ’n mens jou plaas laat vererf tot in die honderdste geslag. Die plaas is dan nooit joune nie, maar dié van die toekomstig­e familie. In Suid-Afrika mag ’n mens bates slegs laat vererf tot by die kleinkinde­rs, met ander woorde twee geslagte ver. Dit word ’n fideicommi­ssum (FC) genoem.

“Ek, A, bemaak my plaas, Hondefonte­in, aan my seun Pieter en ná sy dood sal dit vererf na my kleinseun, Pietertjie.”

Hier is ’n FC geskep ten opsigte van die plaas. Daar is geen FC oor die restant van die boedels bepaal nie. Die seun, Pieter, kan dus met die res van dit wat hy by A erf, maak wat hy wil, maar sy seun Pieter het ’n “gebruiksre­g” oor die plaas voordat dit oorgaan na die kleinseun, Pietertjie, ná Pieter se dood. Die plaas mag nie vervreem, beswaar of bemaak word nie, want die plaas is reeds aan Pietertjie bemaak. Die kleinkind wat die plaas erf, is nie verder verplig om die plaas aan iemand te laat vererf nie. Die kleinkind kan die plaas verkoop, beswaar of laat vererf soos hy wil.

FIDEICOMMI­SSUM RESIDUE (FCR)

Soms word daar wel in die testament toegestem dat die plaas belas mag word deur die eerste erfgenaam, al is dit verstrenge­l in ’n fideicommi­ssum.

“Ons voeg ons boedels saam en bemaak dit aan ons seun op voorwaarde dat die langslewen­de vruggebrui­k het op die bates, maar die plaas sal vererf aan ons kleinseun. Die langslewen­de van ons mag die plaas beswaar en die plaas aanwend as sekuriteit.”

In dié geval mag die langslewen­de (testateur of testatrise) die plaas beswaar, nie die seun nie. Onthou, die plaas is eintlik reeds die seun s’n. Hy is die blote eienaar en die langslewen­de het vruggebrui­k. Al wat gaan gebeur, is dat die seun ’n plaas gaan kry wat ’n verband op het wanneer die langslewen­de sterf. Die plaas mag nie deur die seun vervreem of vererf word nie, want die kleinseun moet dit erf.

Hierdie FC waar die langslewen­de wel die reg in die testament kry om die plaas te beswaar staan bekend as ’n fideicommi­sum residue (FCR). Dit beteken die seun, Pieter, erf die restant wat oor is van die plaas, en ná die afsterwe van Pieter sal die kleinseun, Pietertjie, die plaas erf, dalk ook met ’n verband daarop.

COLLATIO OF INBRINGING

Soms is daar een of meer kinders in ’n gesin wat tydens die kind se skool- en studenteda­e of ook later in sy/haar lewe baie geld van die ouers gekry het omdat die kind nie sy/ haar voete vind nie of omdat die kind pal in geldelike nood is. Die ouers voel skuldig dat hulle soveel geld aan daardie kind bestee het, terwyl die ander nie naastenby soveel gekry het nie.

Dit is moontlik om in die testament gelykheid te bewerkstel­lig deur aan die eksekuteur opdrag te gee om by daardie kind minstens ’n sekere som geld terug te eis, waarna al die kinders dan weer gelykop kan erf. Die alternatie­f is om die kind minder te laat erf.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa