Landbouweekblad

VERWOESTEN­DE WIND TREF TZANEEN

- JASPER RAATS

AMPER 100 ha piesangboo­rde en sowat 45 ha avokado’s is erg beskadig op die Mahela-groep se plaas langs die R71, net buite Tzaneen, toe sterk stormwind, gevolg deur hael en 160 mm reën, die gebied verlede week getref het.

Die Allesbeste-boerdery, net langsaan, het ook deurgeloop en groot skade in omtrent 30 ha van die boerdery se piesangboo­rde gely.

“Ons grootste skade is egter by die avokado’s, maar dit is moeilik om te sê presies hoeveel skade ons gely het aangesien dit nog vroeg in die seisoen is en vrugte die vermoë het om hulself te herstel,” sê mnr. Zander Ernst van Allesbeste.

“Een van Wesvalia se plase het ook deurgeloop, maar ons buurman, mnr. Francois Vorster, het verreweg die meeste skade gely.”

Vorster, wat aan die stuur van subtropies­e gewasse by die Mahela-groep staan, sê die wind en hael het tussen 90 ha en 95 ha van hul piesangboo­rde getref.

“Omtrent 70% van daardie hektare se oes is verlore, en omtrent 70% van die 45 ha avoka- do-boorde wat getref is, is ook sleg beskadig.”

Piesangboo­rde en bloekompla­ntasies het veral windskade gely, met baie bome wat heeltemal platgewaai is. Die wat nie platgewaai is nie, is deur die hael beskadig. Ernst sê die weerstasie op Allesbeste het wind van 70 km/h gemeet, maar noem dat die oog van die storm nie oor die weerstasie getrek het nie. “Daar is plekke waar die wind baie sterker as dit gewaai het.”

Hoewel ander boerderye in die omgewing ook wind en hael gekry het, is dit net Allesbeste, Mahela en Wesvalia wat erge skade gely het. –

 ?? FOTO’S: FRANCOIS VORSTER ?? Piesangpla­ntasies op een van die Mahela-groep se plase is op 25 Januarie platgevee deur stormsterk wind en hael.
FOTO’S: FRANCOIS VORSTER Piesangpla­ntasies op een van die Mahela-groep se plase is op 25 Januarie platgevee deur stormsterk wind en hael.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa