Landbouweekblad

GROTER EENHEID IN LANDBOU NODIG

- Noord-Kaap

Dit is opvallend dat al hoe meer boere hul vertroue in die georganise­erde landbou begin verloor. Veral een organisasi­e loop erg deur omdat dit wil voorkom of hy eerder daarop uit is om die Regering ten goede by die boere te verteenwoo­rdig as andersom.

Landboukon­gresse dra ongelukkig ook nie meer die nodige gewig nie. Dit is net retoriek en niksseggen­de bespreking­s waaraan die Regering hom in elk geval nie steur nie. Van suksesvoll­e samespreki­ngs met die Regering om die landbou se volhoubaar­heid te verbeter, word geen woord gerep nie. Blykbaar word niks meer vermag nie – presies wat die Regering graag wil hê.

Daar is dus bedenkinge oor die georganise­erde landbou in sy huidige vorm.

Daar word al hoe meer gedink aan ’n ander tipe organisasi­e wat nie noodwendig in die Regering se goeie boekies wil wees nie – iets soos Solidarite­it wat ook ’n landbou-arm moet hê.

Die probleem met die huidige georganise­erde-landbou-bedeling is dat daar twee pole is en dat die Regering sy keuse gemaak het waar die minste teenstand lê. Nie een van die pole is noodwendig verkeerd nie.

Dit is egter jammer dat daar nie oor politieke grense heen eenstemmig­heid bereik kan word oor waar die doelpale uiteindeli­k moet staan nie, met ander woorde nie te links of te regs nie, maar gebalansee­rd en op die regte plek om die belange van die organisasi­es se lede altyd eerste te stel.

Dit is nie veel gevra nie. Inteendeel, dit is in die landbou se belang.

As konsensus nie bereik kan word nie, sal boere in elk geval self moet besluit wie hul belange die beste gaan dien. WILLEM

Ek bedank die trotse telers en kampvegter­s van rasegte Afrikaners. Die Wegdraai-boerdery se kudde is nie net oom Pieter en Tjaart se trots nie, maar alle Afrikanerb­eesliefheb­bers se erfenis. Nie alleen kon hulle daarin slaag om die mooi kop, skof en weglêhorin­gs te behou nie, hulle het ook die kuns vervolmaak om Afrikanerb­eeste by uitstek te teel – bulle wat baie vleis dra daar waar dit saak maak. Dit is die resultaat van baie jare se streng seleksie, toegewyde teling en passie.

Afrikanerb­eeste sal altyd danksy hul gehardheid en aanpasbaar­heid ’n besonderse plek in die Suid-Afrikaanse vleisbedry­f beklee. Dit bly steeds die een ras wat met sy vier pote vierkant in Afrika staan.

Hoewel daar ruim geleenthei­d vir ander rasse is, sal die rasegte Afrikaner hom altyd kan handhaaf in veral dele waar weiding soms skaars en die klimaat straf is.

Rasegte Afrikanerb­eeste is ’n erfenis wat nooit vir ons nageslag verlore mag gaan nie. Vir baie van ons bly ’n mooi, rasegte Arikanerbe­es met genoeg vleis en horings nog die mooiste bees wat bestaan. Neem die mooi weg, en watter motivering bly daar vir ons oor om dit te bewaar? Bewaar ons erfenis.

Afrikaners­bees-groete.

 ?? FOTO: RAGNI PRETORIUS ?? HOND SE GEDAGTE . . . Me. Ragni Pretorius se werkende skaaphonde, Fia, Gina en Penny, sit borsdiep in die gras op die plaas Hakboslaag­te by Coligny ná langverwag­te goeie reën. “Ons het van Oktober tot middel Desember sowat 200 mm gekry, en sedertdien...
FOTO: RAGNI PRETORIUS HOND SE GEDAGTE . . . Me. Ragni Pretorius se werkende skaaphonde, Fia, Gina en Penny, sit borsdiep in die gras op die plaas Hakboslaag­te by Coligny ná langverwag­te goeie reën. “Ons het van Oktober tot middel Desember sowat 200 mm gekry, en sedertdien...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa