Die debat oor boere se aandeel in die verbruikersrand is altyd ter sprake, maar dit is allermins ’n eenvoudige berekening.
Daar is dikwels ergerlike debatte by boerebyeenkomste oor die boer se aandeel in die verbruikersrand (winkelrakprys) van voedselprodukte. Die redenasie is eenvoudig – die boer kry net 20-30% van die winkelrakprys. Dan word gesê dít is hoekom die boer nie wins maak nie.
Ongelukkig is dit ’n kwaai oorvereenvoudiging van die hele prysgaping van die plaashek tot op die winkelrak. Die boer se wins is nie noodwendig hoër as sy aandeel in die verbruikersrand hoër is nie.
Daar is vele faktore wat meewerk in dié prysgaping. Een groot fout is om byvoorbeeld lamstjops se prys op die winkelrak te vergelyk met die karkasprys van die lam. Daar is al baie daaroor geskryf en navorsing gedoen. Jy moet die “bloktoets” op die karkas doen, elke snit se verkoopprys in ag neem en dit terugwerk.
Die lam bestaan nie net uit tjops nie. Die aanname is dat geen koste betrokke is van die plaashek af totdat die produk in verpakte of verwerkte vorm op die rak is nie. Dan word die aanname gemaak dat as jy as boer dit self doen, geen koste betrokke is in die proses om die produk verder te neem nie. Die debat lui gewoonlik dit is dan suiwer wins, wat natuurlik verkeerd is.
BAIE FAKTORE SPEEL ’N ROL
Die redenasie is nie eie aan Suid-Afrika se voedselketting nie. Dit geniet heelwat aandag in ander lande. Die land met die beste navorsing oor talle jare is Amerika.
Kommer bestaan wêreldwyd dat die ál groter gaping tussen die verbruikers- en plaashekprys van kos kan aandui dat die markmag wegskuif van die boer. Dié mag word ook glo in die verwerkingen kleinhandelsektore gekonsentreer. Dit kan lei tot voedselpryse wat hoër is as wat dit moet wees.
Dit impliseer ook die mark werk nie doeltreffend nie, markmag word dalk misbruik en daar kan ’n toename in die konsentrasie van markmag wees. Die ontleding daarvan is nie eenvoudig nie. Dit impliseer dat jy die eindprys moet afbreek in al sy waardetoegevoegde komponente, soos vervoer, verpakking en vele meer. Dit is alles om te bepaal of iemand in die KORTOM
■ Baie faktore speel ’n rol in die boer se
aandeel in die verbruikersprys. ■ Boere moenie aanneem dat hul wins gaan toeneem as hulle self tot verwerking en bemarking toetree nie. ■ Boere moet sekere koste (soos vervoer) kan minimaliseer en die waardetoevoeging goedkoper doen as die groot verwerkers.
ketting nie “te veel” wins maak nie.
Die ander aspek is die sogenoemde prystransmissie-meganisme. As daar byvoorbeeld ’n verhoging in die plaashekprys, vervoeren arbeidskoste is, word die hoër (of laer) koste eweredig deur die ketting aangegee. Die verskillende belanghebbendes gebruik dit nie om tydelik ekstra wins te maak nie. Kyk na die prys van wit mielies in Suid-Afrika. Die tyd vir die verandering in die mielieprys om tot op die winkelrak deur te werk, is sowat vier maande.
Die Rooivleisprodusente-organisasie het ook navorsing deur die departement landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat gefinansier, wat van die ontledings gedoen het (ongelukkig is dit glo gestaak). Opnames van verskillende snitte is elke week by verskillende kleinhandelspunte gedoen. Dit is dan teruggewerk na die karkasprys wat daarmee verband hou.
Die bevinding is dat die prystransmissiemeganisme goed werk en dat prysstygings en -dalings in die karkasprys wél deurwerk na die winkelrakprys. Die tydsverloop sloer egter.
Hier kom die debat ter sprake oor hoe mededingend die mark deur die waardeketting is. Dit spreek vanself, as daar sterk mededinging
PRYSMARGE EN PRYSTRANSMISSIE en goeie prysinligting is, sal een belanghebbende dit nie kan bekostig om té lank “onregmatige” wins te neem nie.
As dit gebeur, sal sy mededingers sy markaandeel wegvat, tensy daar een of ander markmagkwessies is, soos pryssamespanning. Die mededingingsowerhede in Suid-Afrika ondersoek sulke sake. Daar is tans juis een aan die gang oor supermarkgroepe se markmag en of dit misbruik word.
Die uitwerking van in- en uitvoer moet ook bereken word. Dit kan die markbalans versteur en ’n uitwerking op die prystransmissie-meganisme hê. Met die invoer van goedkoop langlewemelk twee jaar gelede het die Nasionale Landboubemarkingsraad (NLBR) in Suid-Afrika se data gewys hoe boere se melkprys verlaag is sodat die verwerkers hul marges kon behou. Dit is markmag wat ter sprake kom.
Die feit dat talle landbouprodukte winsgewender uitgevoer kan word as om dit in die binneland te verkoop, sal ook mettertyd ’n uitwerking op die hele prysgaping hê.
Daar is verskillende metodes om die werklike plaas-winkelrak-marge te ontleed. Jy trek nie net die plaasprys van die winkelrakprys af nie. Die produk beweeg deur ’n hele aanbodketting – van die plaas tot op die rak. Die produk word meestal verwerk, wat arbeid, masjineriekoste, verpakking, elektrisiteit, vervoer, die huur van fabrieksruimte, rente op kapitaal en selfs belasting en ’n opbrengs op die kapitaalbelegging insluit voordat dit op die winkelrak beland.
Die FIGUUR gee ’n skematiese uiteensetting van hoe ’n mens daarna moet kyk. Dit is duidelik dat jy goeie inligting benodig oor al die koste in die ketting en hoe gou dit deur die ketting aangegee word (as die koste styg of daal). Eers dan kan jy tot ’n gevolgtrekking kom.