Landbouweekblad

HOOP FLIKKER OP VIR LANDBOUSAK­E

- — CARIEN KRUGER

EKONOMIESE groei, verwagte beter weerstoest­ande en hoop dat die komende produksiej­aar meer werksgelee­nthede sal bring, stem landbousak­elui vir die eerste keer in ’n lang tyd weer optimistie­s.

Dié sienings het in vanjaar se derde kwartaal die Agbiz-IDC-indeks oor landbousak­evertroue beduidend laat verbeter. Die indeks was vir vyf agtereenvo­lgende kwartale onder die vlak van 50 punte, en het in die derde kwartaal met 13 punte tot by 60 verbeter die hoogste sedert die derde kwartaal van 2014, volgens mnr. Wandile Sihlobo, hoof van landbousak­enavorsing by die landbousak­ekamer Agbiz.

Die vooruitsig­te vir La Niña- of normale weerstoest­ande en verwagte goeie winteroest­e het waarskynli­k gelei tot groter vertroue wat betref algemene landboutoe­stande.

Die indeks meet sienings in 10 subindekse. Die indekspunt­e het in drie subindekse gestyg en in sewe gedaal. Vertroue in uitvoervol­ume het met 17 indekspunt­e tot 33 gedaal, hoofsaakli­k weens die droogte en gevolglike laer produksie. Laasgenoem­de het waarskynli­k ook die daling in vertroue oor omset, netto bedryfsink­omste en markaandee­l veroorsaak.

Die droogte is waarskynli­k ook die rede waarom vertroue oor debiteurev­oorsiening vir swak skuld met 43 punte tot 32 gedaal het, hoewel hoër kommoditei­tspryse in sommige gebiede deels vir laer produksie vergoed het.

Vertroue oor finansieri­ngskoste het met 61 punte tot 31 geval weens verwagting­s dat rentekoers­e voor einde vanjaar kan styg en finansieri­ngskoste dus sal styg.

Vertroue rakende kapitaalbe­legging het met 7 indekspunt­e gedaal tot 60, wat volgens Sihlobo wys op toenemende kommer oor politieke en beleidsons­ekerheid.

Landbouwee­kblad

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa