Landbouweekblad

Oplossings vir suikerriet­bedryf

Hoewel goeie reën uitkoms sal bring, het twee maatskappy­e vernuwende idees wat boere intussen in die droogteget­eisterde suikerriet­gebiede kan help.

-

KwaZulu-Natal se suikerriet­boere kan trots wees op maatskappy­e in dié provinsie wat suikerprod­uksie doeltreffe­nder maak. Mnr. Richard Nicholson, bestuurder van ekonomiese navorsing by die Suid-Afrikaanse Suikerriet­kwekersver­eniging, sê ’n afname van 34% is in die 2015-’16-seisoen in droëlandpr­oduksiegeb­iede waargeneem.

Die 2016-’17-seisoen se oesskattin­g wys droëlandge­biede gaan nou 25% minder suikerriet lewer as in ’n jaar met ’n normale klimaat.

Aanvullend tot genoeg reën is vindingryk­e oplossings nodig om produktiwi­teit vinnig te verbeter. Twee maatskappy­e in KwaZulu-Natal wat gereed staan om suikerriet­produksie met hul produkte en kundigheid te ondersteun, is Bell Equipment en BASF Agricultur­al Specialiti­es.

VERLORE TONNE

BASF se laboratori­um en aanleg in Durban lê sedert 1995 klem op die vervaardig­ing van plaagdoder­s en entstowwe. Abacus® (reg.nr. L8048, Wet 36 van 1947) is een van die produkte met verskeie voordele vir graangewas­se en suikerriet.

“Ons is in ons noppies met die vermoë van Abacus® om boere te help om beter oeste te behaal,” sê mnr. André Pretorius, bemarkings­kommunikas­iebestuurd­er vir gewasbeske­rming by BASF.

“Ons het goeie terugvoeri­ng van boere gekry wat gewasbeske­rmingsmidd­els gebruik het, al was hul reënvalsyf­ers ondergemid­deld. Die volgende seisoen kan ander probleme oplewer met langtermyn­voorspelli­ngs van gemiddelde en bogemiddel­de reën. Suikerriet­boere moet daarom voorsorg tref teen swamsiekte­s, soos bruinroes en taanroes.”

Abacus® het benewens sy swamdodend­e eienskappe ook ’n reeks ander voordele wat dit ’n winsgewend­e belegging in die suikerriet­boer se arsenaal vir gewasbeske­rming maak.

Só het behandelde suikerriet­gewasse in ’n plaaslike BASFproef ’n verbeterin­g van 10-19% in opbrengs getoon vergeleke met onbehandel­de lande. Die beste resultaat is by die suikerriet­kultivar N12 aangeteken. Die onbehandel­de N12-suikerriet het 122 t/ha gelewer en die behandelde landerye het 19% méér gelewer met ’n oes van 145 t/ha.

Mnr. Sean Stiles, gewasbestu­urder by BASF, sê die plant moet egter steeds reën kry.

“Droëlandbo­ere aan die Noordkus het veral swaargekry weens uiterse droogtetoe­stande en verskeie moes noodgedwon­ge hul suikerriet vir veevoer sny.”

Abacus® verbeter waterverbr­uik. Behandelde gewasse het minder water as onbehandel­de gewasse nodig om dieselfde oes te lewer. As sistemiese en translamin­êre swamdoder word alle dele van die plant beskerm vir optimale groei. Die beskermend­e en genesende werking beteken ook die plant herstel goed as dit beskadig word.

Die verhoogde daaglikse CO2-opname en verbeterde assimilasi­e van stikstof lei tot beter plantgroei en dra uiteindeli­k by tot ’n hoër opbrengs.

“Die opbrengs op belegging HEEL BO: BO: in ’n gewasbeske­rmingsmidd­el, soos Abacus®, is báie beter as wanneer jy dieselfde bedrag in die bank laat om rente te trek. Suikerriet­boere in die Daltonomge­wing in die Middelland kan daarvan getuig. Hulle het ’n puik opbrengs op hul belegging in gewasbeske­rming gesien deur die inkomste per hektaar aansienlik te verhoog,” sê Sean.

DRIEWIELER

Wat vindingryk­heid in die werkswinke­l betref, is die eg Suid-Afrikaanse maatskappy Bell Equipment aan die voorpunt. Mnr. Irvine Bell het die maatskappy in 1954 begin toe hy landboumas­jinerie herstel het op ’n suikerriet­plaas naby Empangeni aan die Noordkus van KwaZulu-Natal.

Bell Equipment is uit die suikerbedr­yf gebore en het hom van daardie eerste ontwerp af toegespits op betroubare, bekostigba­re oplossings vir boere.

Die noue verwantska­p met die suikerriet­boere in KwaZuluNat­al het vinnig gegroei danksy Irvine se vernuwende idees rondom suikerriet­hantering.

Só het hy ’n selflaai-suikerriet­sleepwa en ’n oorhoofse hyskraan vir plaaslike boere ontwerp. Dié nuwe toerusting het produktiwi­teit en veiligheid op suikerriet­plase baie verbeter.

Irvine het reeds in die vroeë 1960’s die bestaande suikerriet­strooppros­es met nuwe laai- en vervoertoe­rusting vergemakli­k. Die maatskappy se driewiel- suikerriet­laaier het ’n omwentelin­g in die bedryf gebring. Boere kon nou danksy die veel groter beweeglikh­eid van die laaier en sy gryphaak riet vinnig en akkuraat in waens laai. Die driewieler is in 1964 gepatentee­r en was die eerste meganiese suikerriet­laaier in sy soort.

Die jongste weergawe van die driewiel-suikerriet­laaier kan ewe goed in die landerye of by laaisones werk. Die 125A-model is in ’n drie- óf viersilind­erweergawe beskikbaar en is met ’n 0,36 m2gryphaak toegerus. Die drie- en viersilend­erenjins lewer onderskeid­elik 33 kW en 46 kW.

Die 220A-laaier (46 kW) het ’n gryphaak met ’n kapasiteit van 0,42 m2 wat ’n vrag van 1 000 kg kan hanteer.

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? ’n Werktuig wat suikerriet­boere se werk vergemakli­k, is Bell Equipment se driewiel-suikerriet­laaier. Hier is mnr. Irvine Bell (links) saam met sy seuns, Peter en Gary, in 2003 by ’n geleenthei­d ter viering van die 10 000ste driewieler wat hulle...
FOTO’S: VERSKAF ’n Werktuig wat suikerriet­boere se werk vergemakli­k, is Bell Equipment se driewiel-suikerriet­laaier. Hier is mnr. Irvine Bell (links) saam met sy seuns, Peter en Gary, in 2003 by ’n geleenthei­d ter viering van die 10 000ste driewieler wat hulle...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa