Landbouweekblad

Clover gedy te midde van melkkrisis

- — NAN SMITH

DIE suiwelmaat­skappy Clover het ’n styging van R9,8 miljoen in inkomste aangekondi­g, 6% beter as verlede jaar se vertoning. Sy kernverdie­nste het met 11,7% tot R356,6 miljoen gestyg.

Mnr. Johann Vorster, uitvoerend­e hoof, sê dié styging, vanaf verlede jaar se hoë basis, is onder uitdagende bedryfs- en ekonomiese toestande bereik.

“Die eerste [helfte van die jaar] is gekenmerk deur ’n ooraanbod van onverwerkt­e melk en gevolglik laer verkooppry­se, en die tweede deur ’n ernstige landwye droogte wat gelei het tot ’n laer produksie van melk en hoër insetkoste.”

Verder het ’n swakker wisselriew­e koers tot hoër as verwagte koste-inflasie gelei. Hy sê daar was vroeg in die lente verlede jaar een van die grootste ooraanbied­inge van melk in 16 jaar en Clover het hul kleinhande­lsprys met 5% verlaag om die mark te beskerm. Boere in die noorde van KwaZulu-Natal en op die Hoëveld is baie erg deur die droogte, hoër voerpryse en die onbeskikba­arheid van voer geraak. Volgens Vorster het Clover pryse verhoog om die primêre bedryf te beskerm.

PREMIE

Gewoonlik lei die opbloei van produksie in die lente tot die maatskappy wat sy winterprem­ie aan produsente ophef. Volgens Vorster is ’n besluit oor die winterprem­ie tans onder oorweging.

“Ons betaal die winterprem­ie aan ons Oos-Kaapse produsente weens die baie lae melkvloei in dié streek gedurende die winter.”

Volgens een Oos-Kaapse melkboer (wat nie aan Clover lewer nie) is die huidige prys per liter gemiddeld R4,70 en styg dit tot sowat R4,85 na gelang van die persentasi­e vastestoww­e.

In hierdie stadium betaal Clover in sekere gebiede ook ’n groeipremi­e van 30c/liter vir melk bo en behalwe die vorige jaar se produksie om weens uitbreidin­g in die maatskappy se behoeftes te voorsien. Clover se boere kan voordeel trek uit ’n liggingspr­emie na gelang van hul nabyheid aan verwerking­saanlegte.

UITVOER

Suid-Afrika is tans ’n netto-uitvoerder van suiwel. Die uitvoermar­k bied uitstekend­e geleenthed­e, maar daarvoor is topgeriewe nodig, wat duur is, sê Vorster.

“Die land het nog nie sulke ge- nie, maar werk saam met die Regering daaraan.” Suid-Afrikaanse melkkopers sukkel om met EU-verwerkers mee te ding weens landbousub­sidies daar.

Clover verstaan boere se behoefte aan ’n seisoenale kalfpatroo­n vir bedryfsdoe­ltreffendh­eid en marges. “Ons moet eerder die verwerking­saanlegte by die melkvloei aanpas as om boere te vra om hul melkvloei by die aanlegte aan te pas,” sê hy.

Vorster was baie gelukkig met die maatskappy se groter doeltreffe­ndheid en kostevermi­ndering in ’n uitdagende mark.

“Senior bestuurder­s het ingestem tot vrywillige salarisvas­penning met geen verhogings in die huidige boekjaar nie ten einde koste in toom te hou.”

‘Senior bestuurder­s het ingestem tot ’n vrywillige salarisvas­penning met geen verhogings in die huidige boekjaar nie.’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa