Landbouweekblad

WAARBORGE IS ‘PROPAGANDA’

- — CARIEN KRUGER

DIE Grondwet en die Handves van Menseregte wek “die indruk van gerusstell­ing”, maar grondwetli­ke regte is nie so goed gewaarborg as wat ’n mens sou dink nie.

Prof. Koos Malan van die departemen­t publiekreg aan die Universite­it van Pretoria se regsfakult­eit het op die TLU SA-kongres gesê die beslissend­e faktor is nie die bewoording van die regte nie, maar eerder “wat die vertolkers daarvan sê, wie die vertolkers is en wat hul oortuiging­s is.

“Sedert 1994, toe die tussentyds­e grondwet in werking getree het, is ons blootgeste­l – en ek weet dis harde woorde, maar ek het hieroor gedink – aan ’n ongeëwenaa­rde propaganda­aanslag om as’t ware ’n vorm van afgodedien­s en bygeloof te skep dat jy inderdaad die Grondwet as ’n gewaarborg­de instelling kan vertrou.”

INTERPRETA­SIE

Malan het gesê die regte in die Grondwet kry egter eers werklike betekenis wanneer dit vertolk en toegepas word, en betekeniss­e kan mettertyd verander. Volgens hom is dit dus nie die reg wat die oppergesag het nie, maar eerder die interprete­erders.

Terwyl mense soos hy en die kongresgan­gers sou dink die doel van die Grondwet en die Handves van Menseregte is om stabilitei­t, gerustheid en voorspelba­arheid te bring, is daar ander wat dink dit is juis bedoel om ingrypende veranderin­ge teweeg te bring.

Malan het na verskeie onlangse Grondwetho­f-uitsprake verwys. Dit sluit in die Agri SA-mineraalre­gtesaak, waar die staat ’n maatskappy se mineraalre­gte onteien het; die Renate Barnardsaa­k, wat regstellen­de aksie in die polisie teengestaa­n het; die Lesufi-saak oor die Gautengse

LUR vir onderwys ’n skoolbehee­rliggaam se toelatings­beleid geveto het; en die saak waarin Afriforum die nuwe straatname in Pretoria teengestaa­n het.

Hy het aan die hand daarvan gesê “wanneer ’n fundamente­el ideologies­e belang van die Regering voor die hof dien, is dit min of meer voorspelba­ar dat die Regering ’n beslissing tot sy voordeel sal kry”.

Volgens hom is individue swak, maar instelling­s sterk. Daar het hy boere aangemoedi­g om tot die TLU SA te behoort en laasgenoem­de om met ander instelling­s saam te werk. “Alle instelling­s wat in die ekonomie betrokke is, moet hande vat. Dan is hulle veel sterker.”

Malan het gesê Suid-Afrika is in ’n groeiende krisis en hy verwag ’n aanslag op eiendomsre­g. Boere het egter al etlike eeue lank ernstige krisisse te bowe gekom, en “dit kan weer gedoen word”.

 ?? FOTO: LISA HNATOWICZ - FOTO24 ?? Prof. Koos Malan
FOTO: LISA HNATOWICZ - FOTO24 Prof. Koos Malan

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa