Groei in SA middelklas verander eetpatrone
Die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) het sy jaarlikse dokument bekend gestel met riglyne vir die landbou. Boere moet weet hoe die vraag na kos gaan verander noudat Suid-Afrika se middelklas groei.
Die Buro vir Voedsel en Landboubeleid (BFAP) is verbonde aan die Universiteit van Pretoria. Die BFAP stel jaarliks ’n dokument bekend wat heelwat navorsing bevat oor landbou-ekonomiese ontledings en markvooruitsigte (vir die volgende tien jaar) vir ’n aantal bedrywe.
Hoewel die ontledings hoofsaaklik op beleidmakers klem lê, gee dit ander belangrike inligting oor neigings. Dit kan gebruik word in die landbou se langertermynsiening en veral oor die vraag na voedselprodukte.
Boere lewer produkte vir die mark, hetsy binnelands of die uitvoermark. Markte verander egter. Aangesien boerdery ’n langertermynbedryf is, kan boere nie produksie vinnig verander nie.
Enige landboubesigheid moet dus deeglik besin oor wat hy in die afsienbare toekoms gaan lewer en aan watter mark. Suid-Afrikaanse boere is op hulself aangewese, met min staatsondersteuning. Enige boerdery se doel is om op langer termyn winsgewend te wees tot voordeel van sy belanghebbendes.
Jy moet dus die produk lewer waarvoor ’n winsgewende mark bestaan. Dit verg voortdurende aanpassings. Die ou argument dat die landbou produkte lewer om die bevolking kos te gee, is ’n bysaak, want dit is slegs die mark wat jou vir jou produk gaan betaal.
Daar is ’n paar groot dryfkragte binne ’n ekonomie wat die eetpatrone en dus die mark vir produkte bepaal. Dit geld wêreldwyd.
Bevolkingsgroei is belangrik, want hoe vinniger die bevolking groei, hoe gouer raak die monde meer wat kos moet kry.
Dan is ekonomiese groei, werkgeleenthede en ’n toename in inkomste per kop van die bevolking belangrik. Mense moet op ’n redelike vlak geld verdien om kos te kan koop.
Een van die dryfkragte is die proses van verstedeliking. Hoe vinniger ’n bevolking verstedelik en daar werkgeleenthede is wat dit toelaat, hoe vinniger groei die vraag na verwerkte voedselprodukte. Nóg belangriker is dat dít wat mense eet, verander namate die inkomste per kop en/of gesin toeneem.
In lande, soos Suid-Afrika se bure in die noorde, woon die meeste mense op die platteland. Baie is bestaansboere wat vir hulself sorg. In dié lande is die mark vir verwerkte voedsel relatief klein en die kos wat die mense eet, is hoofsaaklik op stysel gebaseer.
In Suid-Afrika en ander ontwikkelende lande vind verstedeliking redelik gou plaas. Namate inwoners se inkomste groei (danksy ekonomiese groei), verander die eetpatrone van ’n basiese stysel-gebaseerde dieet na een met meer verwerkte voedsel en proteïene.
WATGEBEURINSA?
Suid-Afrika se ekonomie het van 1990 tot 2008 – die era van oudpresidente Nelson Mandela en Thabo Mbeki – relatief vinnig gegroei. Werkloosheid het gedaal en ’n meer markgeoriënteerde ekonomiese groeibeleid is gevolg. Suid-Afrika het toe ’n surplus op die staatsbegroting en relatief lae skuld gehad.
Met pres. Jacob Zuma aan die hoof het ekonomiese groei en besteebare inkomste ál stadiger gegroei en staatskuld het buite beheer geraak, met stygende begrotingstekorte. 1GRAFIEK 1 toon die verloop van besteding. Die BFAP meld ook dat die vraag na vleis, ensovoorts, stadiger begin groei.
GRAFIEK 1: EKONOMIESE GROEI EN PRIVATE VERBRUIKSBESTEDING
Tot 70% van Suid-Afrika se bevolking woon in die stede. Ontledings dui aan dat baie armes nou deel is van die middelklas. ■ Namate die inkomste per kop hoër
raak, verander mense se eetpatrone.
Die afgelope paar dekades het die besteebare inkomste per kop van Suid-Afrika se bevolking vinnig gegroei. GRAFIEK 2 toon die besteebare inkomste per kop ná inflasie. Die vinnige groei deur die 90’s en in die vroeë 2000’s is duidelik, asook die stadiger groei die afgelope paar jaar.
Verstedeliking in Suid-Afrika het ook vinnig toegeneem in die tydperk. Na raming woon net minder as 70% van die bevolking in stede. Ontleders meen verstedeliking gaan vinnig bly toeneem namate arm gesinne uit die platteland en voormalige tuislande stad toe trek. ’n Mens moet ook die Zimbabwiërs en ander Afrikane byreken wat na Suid-Afrika kom en die vraag na basiese voedsel laat toeneem, asook verstedeliking vererger.
Heelwat syfers dui daarop dat die gemiddelde Suid-Afrikaner se welvaart oor die laaste twee dekades verbeter het. Mnr. Mike Schussler, ’n ekonoom, het statistiek gepubliseer wat wys Suid-Afrika is een van die suksesvolste ontwikkelende lande wat betref mense wat hul eie huise het. Dit is deel van die verstedelikingsneiging.
Regeringsyfers toon ook die aantal huishoudings wat toegang tot water en elektrisiteit gekry het, het die laaste 20 jaar skerp
GRAFIEK 2: BESTEEBARE INKOMSTE PER KOP (KONSTANTE 2010-PRYSE*)