Landbouweekblad

GOEDKOOP LENINGS KOM JOU DALK DUUR TE STAAN

- — JOYLENE VAN WYK

BOERDERYSA­KE waarin ’n grondeiena­ar ’n plaas (of ander bates) deur middel van ’n rentevrye lening aan ’n trust verkoop het, kan van aanstaande jaar af aansienlik swaarder belas word.

Dit is weens die voorgestel­de artikel 7C van die Inkomstebe­lastingwet, wat mag ingebring word om ’n stokkie te steek voor die gebruik van trustfonds­e om boedelbela­sting te ontduik.

Dié artikel, wat moontlik nuut by die Inkomstebe­lastingwet ingevoeg gaan word, het betrekking op alle lenings wat tussen ’n trust en persone of maatskappy­e verbonde aan die trust aangegaan word.

Kragtens dié artikel wil die Suid-Afrikaanse Inkomstedi­ens onder meer jaarliks ’n “geagte” rentebedra­g belas, wat bereken sal word as die verskil tussen die amptelike rentekoers en die rentekoers waarteen die lening tussen die grondeiena­ar en die trust gehef is.

Die Parlement se staande komitee oor finansies moet nog oor die voorgenome wysigings beraadslaa­g en ook kommentare op dié wysigings deurwerk. Daar word verwag dat die wysigings op 1 Maart aanstaande jaar in werking sal tree.

NEUTRALISE­ER

Adv. Ronald King, hoof van strategies­e navorsing by PSG, verduideli­k dat bykomende belasting gehef kan word op boedeleien­aars wat plase deur middel van ’n lening onder die 8% markkoers aan ’n trust verkoop het. Dié reëling geld egter nie waar die trust geld aan ’n bank skuld nie.

“As jy die plaas aan die trust teen ’n rentevrye lening verkoop het, gaan die geagte rente nou vereis dat die plaas se waarde in die trust met meer as 16,4% per jaar moet toeneem sodat die boedelbela­stingvoord­ele die inkomstebe­lastingnad­ele kan ewenaar,” sê King.

’n Bykomende angel in dié wetgewing is dat die bykomende belasting wat van die boedeleien­aar geëis word, binne drie jaar van die trust verhaal moet word, anders sal hierdie bedrag as ’n skenking gesien en teen 20% belas word.

VOORDELE

Dié nuwe belastingr­eëling ontneem egter nie boerderye van die beskerming­swaarde wat trusts aan hul besighede bied nie. Só kan plase in trust steeds van een geslag na ’n volgende oorgedra word sonder dat dit gevries word wanneer ’n familielid sterf. Waar ’n boer weens, byvoorbeel­d, droogte bankrot speel, dien ’n trust ook steeds sy doel deur die grond apart te hou van bates wat gelikwidee­r kan word, en bly die grond dus in die familie se hande.

Só kan plase in trust steeds van een geslag na ’n volgende oorgedra word sonder dat dit gevries word wanneer ’n familielid sterf.

 ??  ?? Adv. Ronald King
Adv. Ronald King

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa