Landbouweekblad

Niks troef landbou as belegging nie

- LUCILLE BOTHA

DAAR is “amper nie ’n beter belegging” as landbougro­nd nie en dis een van die redes waarom kommersiël­e banke aanhou belê in die bedryf, ten spyte van beleidsons­ekerheid.

Mnr. Johan Delport van Standard Bank het op die Inmaakvrug­teprodusen­teverenigi­ng en Droëvrugte Tegniese Dienste se tegniese inligtings­dag vir vrugteprod­usente op Robertson gesê kommersiël­e banke besit sowat 55% van die skuld in die landbou. Die res behoort aan landboukoö­perasies en sekondêre landbou-instelling­s.

“Ons is baie gelukkig en bevoorreg in die landbou. Die prys van grond het in die afgelope tyd dermate gestyg dat ek meen daar is amper nie ’n beter belegging nie. Geen aandelebeu­rs kon die prys van grond inhaal nie.”

Delport sê landbougro­nd in die Overberg het in 2003 nog teen R4 000/ha verhandel, maar in 2014 het Standard Bank grond in die omgewing teen R53 000/ha gefinansie­r.

“Ek meen dis ’n baie goeie opbrengs op jou belegging!”

Hy sê in die Robertson-gebied het die opkoms van sitrusboer­dery ook pryse opgejaag.

“Daar is beslis ’n groot skuif na sitrus in ons area. Die boere wat van die noorde van die land af kom om hier sitrus te plant het ’n groot invloed op grondwaard­es en daar is ’n groot vraag na grond in die gebied.”

VERANDERIN­GE

Delport sê terwyl die hoeveelhei­d landbougro­nd dieselfde bly, raak boere minder en plase raak groter.

“Dis ’n neiging wat al van die 1960’s af aankom. Daar was egter ’n strukturel­e veranderin­g ten opsigte van dit waarin boere belê. Die afgelope dekades het die belegging in toerusting verdubbel. Dis as gevolg van ’n verskuiwin­g na verhoogde produktiwi­teit en die arbeidspro­bleme waarme boere op ’n daaglikse grondslag te doen kry.”

Hoewel die bedryf weens die droogte swaargetre­k het in veral Noordwes, die Wes-Vrystaat en dele van KwaZulu-Natal, sê hy daar is positiewe groei in boerderyma­rges in Suid-Afrika. Veral Wes-Kaapse appel-, peer- en perskeboer­e het in die afgelope ruk uitstekend gevaar.

Afrika is een van die grootste invoerders van Suid-Afrikaanse vrugte en deur sy besigheid in Afrika uit te brei, maak die bank dit makliker vir produsente om soontoe uit te voer omdat betalings en prosesse gladder loop.

Hy sê die banke benader bemagtigin­gstransaks­ies soos enige ander besigheid. “Dit moet sin maak sodat hulle hul skuld kan betaal.” –

Die boere wat van die Noorde van die land af kom om hier sitrus te plant het ’n groot invloed op grondwaard­es.’

GROEI

 ??  ?? Die opkoms van sitrusboer­dery het grondpryse by Robertson in die Wes-Kaap opgejaag.
Die opkoms van sitrusboer­dery het grondpryse by Robertson in die Wes-Kaap opgejaag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa