Landbouweekblad

DOOD VAN SUSSEX-PIONIER BETREUR

- MARLEEN SMITH

MNR. Anthony Evans (73), een van Suid-Afrika se bekendste boere, is ná ’n siekte van sowat agt maande aan kanker oorlede. Dit was net ’n dag nadat een van sy bulle uit die bekende Sussexstoe­tery Huntersvle­i, die oudste in die land, ’n nuwe rekordprys van R200 000 op die telersgeno­otskap se nasionale veiling in Bloemfonte­in behaal het.

Mnr. James Stephen, medeSussex­teler, sê Evans se dood is ’n groot verlies vir die Sussexbedr­yf. Hy het waarskynli­k die laaste 20 jaar die grootste bydrae deur enige Sussextele­r tot die Suid-Afrikaanse kudde gelewer.

Die Huntersvle­i-stoetery is in 1945 deur Evans se pa, Rhys, begin en is die oudste in die land.

Evans het in die vroeë 1970’s onder Rhys op Huntersvle­i begin boer ná studies aan onder meer Oxford en Harvard. Onder sy leiding is die Rhys Evans-groep, wat al meer as 100 jaar buite Viljoenskr­oon bedryf word, tot een van Suid-Afrika se voorste boerderye uitgebou. Hy het die boerdery in ’n gediversif­iseerde landbou- en verwerking­sondernemi­ng omskep, wat 3 500 ha kontantgew­aslande insluit waarop mielies, grondbone, sonneblomm­e, sojabone en weiding verbou word.

’n Voerkraal, ’n slagplaas waar hoofsaakli­k varke geslag word, en ’n grondboonv­erwerkings­fabriek vorm ook deel van die ondernemin­g. Dit sluit ook ’n kommersiël­e Sussexkudd­e in.

Hy en sy vrou, Jane, het hulle bearbei vir die opvoeding van werkers op hul plaas en in naburige gemeenskap­pe.

Hy laat ook sy seun, David, en drie dogters, Robyn, Claire en Sally, agter. David, wat al ’n paar jaar saam met sy pa boer, sal nou die boerdery oorneem.

die hoofspreke­r, is ’n ekonoom en politieke kenner. Hy gaan die groot en veranderen­de magte in die internasio­nale handel en politiek, wat uiteindeli­k ’n invloed het op die produkprys wat boere kry, en die koste van produksiem­iddele verduideli­k. Hy sal verduideli­k wat die opkoms van populiste, soos Donald Trump in Amerika, en die Brexit-besluit van die Britte vir Afrika beteken. Hy ontleed ook of Suid-Afrika die regte beleid het om dié nuwe geleenthed­e te benut en struikelbl­okke die hoof te bied.

Tebogo Magoshoa,

Dan praat voorsitter van die Tallis-groep en landboubel­egger, oor hoe grondhervo­rming en transforma­sie in die landbou eintlik vir boere ’n sake-geleenthei­d kan bied pleks van ’n bedreiging. Hy gaan vertel hoe dit gebeur het dat hy in vennootska­p met Jacques Beukes, die Wes-Kaapse Jongboer van die Jaar, die grootste koel-en-pakhuis vir tafeldruiw­e gaan oprig. Hy sal ook verduideli­k hoe die projek vir al twee entreprene­urs ’n belegging is.

Konferensi­egangers gaan ook luister hoe ’n voormalige aandelemak­elaar in Londen, ’n hoëwaarde-nismarkbee­sboerdery op die been gebring het en nou die top-sjefs in Kaapstad van vleis voorsien. Verder sal hy inligting verskaf oor hoe een van die grootste projekte met nuwe boere in die land in die sukkelende melkbedryf op die been gekry het.

Jeff Every

En dan, net vir die lekkerte, sal hulle luister na ’n paar staaltjies uit die voormalige Springbokk­aptein, se speeldae, asook vertelling­s oor ’n paar uitdagings wat hy in sy lewe die hoof moes bied. Vroegmidda­g, nadat die manne klaar gepraat het, gaan konferensi­egangers kuier met ’n bietjie braaivleis en iets verkwikken­ds – dis per slot van sake Vrydagmidd­ag!

Theuns Stofberg, Angus McIntosh,

Hy het waarskynli­k die laaste 20 jaar die grootste bydrae deur enige Sussextele­r tot die Suid-Afrikaanse kudde gelewer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa