Landbouweekblad

SUIDER-AFRIKA ONTVANG GEREKENDE BESOEKER

-

Breedplan bestee jaarliks sowat R10 miljoen aan navorsing om sagteware te ontwikkel wat gevorderde seleksie en teling moontlik maak.

“Al hoe meer mense verkry toegang tot die internet en telers kan dag en nag teelwaarde­s en ander inligting oor vee wêreldwyd ondersoek. Sowat 3 miljoen mense gebruik maandeliks ons internetdi­enste,” sê dr. Hugh Nivison. Hy is die nuwe besturende direkteur van die navorsings­eenheid vir landboubes­igheid (ABRI/Breedplan) aan die Universite­it van New England in Armidale, Nieu-Suid-Wallis, Australië.

Hy het Suid-Afrika en Namibië saam met dr. Michael Bradfield, hoof van Breedplan in Suider-Afrika, besoek. Nivison sê dié navorsing word met die samewerkin­g van die eenheid vir dieregenet­ika en -teling (AGBU) se navorsings­eenheid gedoen, wat hom toespits op die navorsing van produksiek­enmerke van vleisbeest­e en kleinvee.

Hy het ook met ’n afgevaardi­gde van Zimbabwe gesels om klante te ontmoet as deel van ’n wêreldwye besoek aan telersgeno­otskappe in lande wat Breedplan se dienste gebruik vir die registrasi­e van teeldiere en die ontleding van teelwaarde­s vir gevorderde seleksie en teling. Breedplan lewer reeds dienste aan 175 genootskap­pe in 20 lande in Noord- en Suid-Amerika, Europa, Afrika en Australasi­ë. In Suid-Afrika word ongeveer 40% van die registrasi­es van vleisbeest­elersgenoo­tskappe deur Breedplan gedoen. In baie ander lande word melkbeeste, skape, bokke en perde ook ingesluit.

Nivison, ’n veearts, boer self met sowat 8 000 Merino’s en Border Leicester-Merinokrui­sskape en 800 Angusbeest­e en Black Baldies (Angus-Hereford-kruisings) by Armidale. — CHARL VAN ROOYEN

 ?? FOTO: MICHAEL BRADFIELD ?? Dr. Hugh Nivison (links) tydens ’n besoek aan mnr. Ebbie Fischer (regs), se plaas by Hochfeld in Namibië. Naaslinks is Fischer se vennoot, mnr. Mecki Schneider van Grootfonte­in en naasregs is mnr. Jason Gillespie van GrowSafe.
FOTO: MICHAEL BRADFIELD Dr. Hugh Nivison (links) tydens ’n besoek aan mnr. Ebbie Fischer (regs), se plaas by Hochfeld in Namibië. Naaslinks is Fischer se vennoot, mnr. Mecki Schneider van Grootfonte­in en naasregs is mnr. Jason Gillespie van GrowSafe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa