Landbouweekblad

Genetiese data vir wild belangrik

-

Wildboere wat hul diere op Logix aanteken, is deel van ’ n sentrale i nligtingst­elsel wat aan alle aspekte van wildboerde­ry aandag gee. Genetiese data, soos elektronie­se identifika­sie, stambome, DNS-profiele en metings van ekonomiese waarde ( soos horingeien­skappe en ander mates), word aangeteken. Dit sluit in plek, naspeurbaa­rheid en siekte- en gesondheid­sbestuur.

’ n Register van veeartse en ander mense wat metings op wild doen of behandelin­gs toepas, word ook gehou. Stamboek se sentrale aantekenin­gstelsel geniet die erkenning van die Internasio­nale Komitee vir die Aantekenin­g van Diereprest­asie se gehalte-sertifikaa­t.

WILDSOORTE IN LOGIX

Altesaam 42 wildsoorte kan in Logix aangeteken word. Dit sluit diersoorte in, soos swartwitpe­nse, bastergems­bokke en buffels, asook kleinwild, soos duikers en grysbokkie­s. Subspe- sies, bloedlyne en kleur-variante kan ook aangeteken word.

Vir suksesvoll­e teling met wild moet diere uniek en individuee­l geïdentifi­seer word met ’n oorplaatji­e, mikroskyfi­e of tatoeëerme­rk. Elke Stamboek- kudde word gekenmerk met ’ n unieke GDM (“Game Herd Designatio­n Mark”).

Ouerskap kan bepaal word met DNS, wat regstreeks vanaf die laboratori­um op die Logix-stelsel aangeteken word.

Telers moet boek hou van stamboomin­ligting en geboortes. Alle inligting wat tydens die verdowing van die diere aangeteken word, waaronder horingmate­s en veeartsdat­a, kan op Logix Wild gebêre word. Voorbeelde van horingeien­skappe wat aangeteken kan word, is horingleng­te, horingbasi­s, horingpalm, ringe, puntlengte en punt-tot-punt-lengte.

Dit word volgens die Roland Ward of SCI- metings in duim én sentimeter gebêre. Sodra voldoende inligting beskikbaar is, sal teelwaarde­s vir horingeien­skappe beraam word. Ander eienskappe wat gemeet kan word, is skrotumomv­ang en tandmates.

SA Stamboek het reeds die behoeftes van die wildbedryf raakgesien en sy aantekenin­gstelsel aangepas om ten volle in die behoeftes van dié bedryf te voorsien.

Voermol Hoëveldlek (

V16150) vir hoër fosforaanv­ulling.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa