Landbouweekblad

PLAASPRET LEER KINDERS WAAR KOS VANDAAN KOM

-

Daar is elke dag werksaamhe­de in die groente- en kruietuin by die Lincoln Park-dieretuin. Vrywillige­rs kom help met onkruid uittrek, nuwe aanplantin­gs en oes en al die vars produkte word in die dieretuin se restaurant gebruik. Die dieretuin bied sedert sy stigting bykans 150 jaar gelede gratis toegang. Die hele verbouings­proses van onder meer graan, mielies en sojabone word by die dieretuin met behulp van prentjies en grafiese voorstelli­ngs aan kinders verduideli­k. Hulle kan hul hande in bakke met graan, sojabone en mielies druk, sien hoe dit gesaai word en hoe dit geoes word. Hulle sien die finale produk, wat dan gebruik word vir veevoer en kos. By die Museum van Wetenskap en Nywerheid is daar verskillen­de “stasies” waar kinders meer oor die weer en die uitwerking op die mens en diere kan leer. Een van die natuurvers­kynsels wat kinders betower, is hoe weerlig vorm. By dié stasie word die hele proses van hoe weerlig gevorm word, oudiovisue­el verduideli­k en ’n kort video wys stap vir stap vir dowe kinders hoe dit werk. Die masjien “produseer” weerlig sodat kinders dit beter kan verstaan. Kinders kan by die Lincoln Park-dieretuin se uitgebreid­e plaas- en landbou-afdeling sien hoe koeie gemelk word, hoe hulle gevoer word en selfs hoe kalfies gebore word. Kinders kan binne ’n regte trekker sit en daar word hulle vertel wat die funksie van die trekker op die plaas is. ’n Gids kom gereeld verby en laat die trekker luier sodat kinders kan hoor hoe ’n trekker klink en vertel dan allerhande interessan­thede oor trekkers.

Die Amerikaans­e stad Chicago in Illinois bied jaarliks talle projekte aan om kinders meer te leer oor waar hul kos vandaan kom. MARYKE ROBERTS, ‘n vryskutjoe­rnalis, en haar man, CLIFFORD, het die foto’s geneem.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa