KLEURVARIANTE HELP BETAAL VIR BEWARING
DIE
bontebok is maar een voorbeeld van hoe Suid- Afrika se wildbedryf bydra tot die beskerming van die land se biodiversiteit, sê dr. Peter Oberem, die voorsitter van Wildbedryf SA. Hy wys daarop dat daar in 1978 slegs 700 bontebokke in die Bontebok Nasionale Park was.
Bokke is oor die jare uit die park aan private telers en reservate verskaf.
Vandag spog Suid-Afrika met meer as 8 000 bontebokke, waarvan net 1 100 in staatsreservate voorkom. Die res is in private besit. “Staatsgrond en - geld vir die bewaring van ’n enkele diersoort in Suid-Afrika is beperk,” sê Oberem. “In die geval van die bontebok is die rol wat private wildtelers in die bewaring van biodiversiteit speel, duidelik te sien.”
Uit j agkringe is onlangs beweer dat veral buitelandse jagters nie meer in Suid-Afrika wil jag nie omdat “mutasies” glo in “klein kampies” geteel en aangehou word.
Me. Adri Kitshoff, uitvoerende hoof van die Beroepsjagtersverenigi ng van Suid- Afri ka ( Phasa), glo egter nie dat die boerderypraktyke van die wildbedryf ’n daadwerklike impak op die getal jagbesoekers uit die bui- teland het nie: “Dit het nie een keer ter sprake gekom by enige van die buitelandse skoue waar Phasa vanjaar uitgestal het nie.”
Sy sê kritiek oor beweerde klein kampe is niks nuuts nie en dit kom veral uit Europa. “Europese jagters droom van ’n Afrika waar die wild die hele vasteland vol vry rondloop. Ons kan dit nie bied nie.”
JAGTOESTANDE BETER AS TOEKA
Oberem wys egter daarop dat jagtoestande op wildplase ál beter word. Hy sê jare gelede was daar ’n beperkte getal diersoorte wat op beesplase gejag kon word. Net ’n handjie vol gelukkige jagters het boonop toegang gehad tot jagkwotas in natuurreservate waar hulle ander diersoorte kon jag. “Deesdae is daar groot jagplase waar jagters ’n verskeidenheid soorte kan jag, sonder dat hulle kort-kort deur beeskampe se drade hoef te kruip,” sê hy en verwys na sy eie plaas naby Vaalwater as voorbeeld.
Dit was eens vier klein stukkies grond wat in kampies verdeel was vir beeste en om vee uit mielielande te hou. Nou is dit byna 1 000 ha waarop gejag kan word nadat al die binne-heinings verwyder is.
Hy sê mense maak emosionele stellings oor klein kampies sonder om aan die publiek te sê presies hoe groot hierdie kampies is. Die norm vir kleurvariante en skaars wildteeltroppe is kampe van 25 ha per trop.
“Ek meen mense besef nie hoe groot 25 ha is nie. Mense moet onthou dat hierdie wild nie in sulke kampe gejag word nie – hulle is teeldiere wat gebruik word om teelmateriaal en voorraad te teel wat uiteindelik in die jagveld sal beland.”
Hierdie t eelpraktyke met skaars wild en kleurvariante van hoë waarde maak dit ook moontlik om na ander diersoorte om te sien wat deesdae teen verliese deur wildboere aangehou word.
Oberem s ê di t kos hom R80 000 per maand om sy renosters teen stropers te beveilig terwyl hy niks uit hulle kan verdien solank daar ’n verbod op die handel in renosterhoring is nie. “Verkope van my goue wildebeeste betaal vir daardie renosters se veiligheid.”
GOEDKOOP VLEIS
Oberem sê ’n boer sal sy rieme dun moet sny om net uit die biltongjag op ’n plaas soos syne te oorleef. Dit sal die bewaring en vermeerdering van diersoorte, soos buffels, renosters en swartwitpense, onmoontlik maak.
Hy sê ten spyte van die aanvanklike vrees dat jag vir plaaslike biltongjagters onbekostigbaar gaan raak, is wild steeds betrekl i k goedkoop teenoor ander vleissoorte. Blouwildebeesbulle wat R3 000 kos om te jag, slag gemiddeld meer as 100 kg uit en kos die jagter net R30/kg vleis. Selfs met reis en verblyfkoste is dit goedkoop. Selfs teen R5 000 kos die vleis slegs R50/kg en vergelyk baie gunstig met die prys van ander vleissoorte.
Oor die redenasie dat daar nie ’n vraag na kleurvariante is nie, sê hy die vraag is dalk nog baie klein, maar daar is beslis versamelaars wat trofeë van kleurvariante bymekaarmaak.
Hy meen namate die getalle van kleurvariante toeneem en hulle meer bekostigbaar raak vir die jagmark, sal hulle ál meer gejag word.
Mnr. Lood Bester van die Wildswinkel, wat wild r egstreeks by boere koop, sê hy het onlangs kopers gesoek vir twee goue wildebeesbulle wat nie as teelmateriaal verkoop kan word nie. “Ek het daardie selfde dag al kopers gehad wat bereid was om R75 000 stuk vir hulle te betaal om hulle weer teen ’n wins te laat jag.”
Oberem sê dit i s die hoë waarde van sekere diersoorte en kleurvariante wat suksesverhale soos dié van die bontebok moontlik maak.
Die wildbedryf het onlangs onder fel kritiek uit jagkringe deurgeloop toe beweer is dat teelpraktyke en die teel van kleurvariante Suid-Afrika se beeld as jagbestemming skaad. JASPER RAATS het met verteenwoordigers in die bedryf gepraat. Hy glo namate die getalle van kleurvariante toeneem en hulle meer bekostigbaar raak vir die jagmark, sal hulle ál meer gejag word.
MET ’n omset van byna R48 miljoen lyk dit of Golden Breeders se wildveiling by Modimolle wys dat die wildbedryf nog lank nie stoom verloor nie.
Terwyl skaars diersoorte, soos swartwitpense, bastergemsbokke en njalas, goeie pryse behaal het, is dit blykbaar die vernuwende manier waarop kleurvariante met gesplete gene in pakkette aangebied is, wat kopers laat bie.
Dragtige blouwildebeeskoeie en -verse met gesplete gene is in pakkette van drie en vyf diere aangebied. Die verkopers waarborg dat minstens een of twee van die kalwers goudkleurig sal wees. As dit nie die geval is nie, onderneem hulle om die koper van goue kalwers te voorsien na gelang van die pakket en die waarborg.
Drie verse met gesplete gene wat dragtig is by ’n goue bul het elk R225 000 gehaal en vyf dragtige verse met gesplete gene is as pakket teen R545 000 elk verkoop.
Goue blouwildebeesbulle is teen gemiddelde R1,5 miljoen verkoop. Die hoogste prys vir ’n bul was R2,85 miljoen. Twee jong goue blouwildebeesbulle is vir onderskeidelik R1,15 miljoen en R1,3 miljoen verkoop.
Swart rooibokke en swart rooibokke met gesplete gene het net so fluks verkoop, terwyl familie- groepies van twee klipspringers en twee grysduikers onderskeidelik R130 000 en R40 000 gehaal het.
Mnr. Niel Swart van Vleissentraal Bosveld skryf die veiling se sukses toe aan goeie bemarking en die reputasie vir gehaltediere en goeie naverkoopdiens wat die verkopers, mnre. Bernard Groenewald en Barry York, opgebou het. Hy sê die gratis aflewering en waarborge wat die verkopers lewer, speel ook ’n groot rol in mense se bereidwilligheid om meer vir hul diere te betaal.
Swart sê die Golden Breeders- veiling lok ook baie voornemende kopers omdat mense weet die wild word verkoop. “Mense wil nie na ’n veiling toe gaan en bie op ’n dier net om te hoor die bod was te laag nie. Die volgende jaar gaan mense eenvoudig net nie weer na daardie veiling toe nie,” sê hy.
foniese peiling by 1 344 beesboere in sewe provinsies uit te voer.
Vir die doel van die verslag (verhandeling) is slegs Noordwes ontleed en die primêre inligting vir die ander ses provinsies word as aanhangsels aangebied.
Drie hoofdoelwitte is nagestreef, naamlik om die regstreekse en onregstreekse koste wat aan roofdiere toegeskryf word, te bepaal, om die impak van roofdiere op die grootveebedryf in Noordwes te bepaal, om die onderliggende strukture van die voorkomingspraktyke van boere in Noordwes te ondersoek, om die bestaande optredes van boere teen roofdiere te verbeter en om voorkomingspraktyke te identifiseer.
Die studie is in die vier distriksmunisipaliteite van Noordwes uitgevoer, naamlik Bojanala Platinum, Bophirima, Ngaka Modiri Molema en Southern. Altesame 238 respondente boer kommersieel met 122 780 beeste (of 10% van die totale aantal beeste in Noordwes).
Die vraelys het vrae bevat oor maatskaplik- ekonomiese faktore, bestuursfaktore en die metodes wat gebruik word om hul vee te beskerm.
Die meeste van die verliese in die vier distriksmunisipaliteite is veroorsaak deur die rooijakkals, gevolg deur die rooikat. Die persentasie verliese veroorsaak deur die rooikat is aansienlik minder as dié van rooijakkalse.
Die rede vir die laer syfer is nie duidelik nie, maar daar is bespiegel dat dit aan ’n kleiner bevolking van rooikatte toegeskryf kan word en ook die feit dat rooikatte alleenlopende roofdiere is en nie in groepe jag nie.
Die regstreekse koste van verliese aan beeste weens roofdiere in Noordwes is geraam op meer as R67,7 miljoen nadat verliese op provinsiale grondslag geëkstrapoleer is. Die onregstreekse koste van roofdiere in Noordwes is verdeel in R7 455 333 (diere wat weens roofdiere gevrek het) en R9 087 653 (diere wat aangeval is, maar nie gevrek het nie). Die totale koste van roofdiere in Noordwes word op R84 319 786 geraam.
MEER AS DERDE GEBRUIK DODELIKE METODES
Die studie het getoon dat 37% van die boere in Noordwes bestrydingsmiddels gebruik wat die roofdiere laat vrek. Slegs 14% gebruik minder dodelike maniere. Boere van Noordwes gebruik tans ses soorte dodelike bestrydingsmiddels. Dit sluit in die skiet van roofdiere in die nag met kolligte (15%), gebruik van spesiale jagters (6%), slagysters (1%), vanghokke (8%), jag met honde (2%) en gif (5%). Die nie-dodelike metodes is veewagters (8%), geëlektrifiseerde heinings (1%), jakkalswerende heinings (minder as 1%), krale (4%) en waghonde (1%).
Die lys beskikbare metodes vir beesboere in die gereedskapkis om roofdiere te bestuur, is minder as vir skaap- en bokboere. Die meeste toepaslike metodes vir beesboere is om roofdiere te bestry of die impak te versag (nie-dodelik en dodelik).
Nietemin is geen van die metodes wat individueel of gesamentlik gebruik word, ’n wonderoplossing vir roofdiere op die provinsiale vlak nie.
Op die distriksvlak was wel aanduidings dat sommige metodes doeltreffender was om die impak van roofdiere te verminder.
Die inligting dui daarop dat al die toepaslike metodes en toerusting teen roofdiere op die plaaslike vlak vir bestuur en strategie beskikbaar moet wees.
Die data is gebruik om die onderliggende strukture te ondersoek en om die beste bestuurspraktyke te identifiseer.
Die gevolgtrekking is dat die faktore wat die voorkoms van roofdiere beïnvloed, verskil van die faktore wat die vlak van verliese beïnvloed.
Die studie bied nie ’ n finale antwoord nie, maar help om die roofdierprobleem beter te verstaan met die oog daarop om toepaslike bestuursoplossings te ontwikkel.
Die totale koste aan beesverliese weens roofdiere in verskillende provinsies in Suid-Afrika was soos volg: R19 943 079 in die Noord-Kaap, R117 600 433 in die Vrystaat, R4 827 237 in die OosKaap, R66 027 879 in KwaZulu-Natal, R43 938 376 in Mpumalanga, R46 486 017 in Limpopo, R84 319 786 in Noordwes. Die totaal is amper R400 miljoen.
Die respondente in ses van die sewe provinsies het die meeste van die beesverliese aan rooijakkalse toegeskryf.
Die uitsondering was Limpopo waar die luiperd die skuld gegee is vir die meeste verliese onder beeste. In sommige provinsies was die naasmeeste verliese weens rooikatte, strandwolwe, luiperds, honde of jagluiperds.
STUDIE OOR WILD VOLG
Daar kan ’n mate van onduidelikheid wees by boere om die spesifieke roofdier wat skade aanrig, reg te identifiseer. Soms kan sekondêre aas op karkasse verkeerdelik aan roofdiere toegeskryf word. Dit is duidelik dat die vermoë van boere om spesifieke roofdiere te identifiseer wat prooi vang en vreet, verbeter moet word.
Die wydverspreide, ongunstige impak van verliese aan skape, bokke en beeste weens roofdiere kan nie langer geïgnoreer word nie.
’n Ander studie wat ook deur die RMRDSA gefinansier word, gaan eersdaags deur die Universiteit van die Vrystaat aangepak word om die impak van roofdiere op die wildbedryf te bepaal.
Die huidige benadering tot die bestryding van roofdiere is gefragmenteerd en ongekoördineerd.