Is oesversekering nog relevant vir die land?
Die landbou vorm die grondslag van ’ n volhoubare en groeiende ekonomie. Met heelwat skakels op en af in die waardeketting, is dit duidelik dat enige versekeraar wat die landbou ignoreer, dit op eie risiko doen.
Natuurlik is die ekonomiese aktiwiteit belangrik, maar ’ n mens moet nie vergeet dat daar ook op politieke en maatskaplike gebied goeie redes is om die landbou te ondersteun nie.
LANDBOU-EKONOMIE
Die ekonomie is definitief afhanklik van landbou se bydrae. As die bydrae op primêre gebied, die skakeling in die waardeketting en verwerking van landbouprodukte bymekaargetel word, is die bydrae tot die bruto binnelandse produk (BBP) meer as 30%.
Op politieke vlak word die landbou erken as een van die sleutelsake op die nasionale agenda. Dit is daarom vervat in die Nasionale Ontwikkelingsplan. Die Minister van Finansies het dit ook beklemtoon in sy onlangse Begrotingstoespraak waar hy verwys het na die “prioriteit van die landbou en die ondersteuning daarvan.”
Op sosiale vlak het die landbousektor ’ n impak op elkeen van ons, nie net ten opsigte van voedselsekerheid nie. Tans is 8,5 miljoen Suid- Afrikaners regstreeks en onregstreeks afhanklik van die landbou vir werk en huishoudelike inkomste.
In ’n land waar ’n groot deel van die bevolking in landelike gebiede woon en primêr afhanklik en betrokke by die landbou is ter wille van oorlewing, spreek dit vanself dat Mutual & Federal geen keuse het as om dié sektor te ondersteun nie. Ter wille van die voortbestaan van almal in die land kan dit nie anders nie.
Ekonomies, polities en op maatskaplike vlak is die strategiese waarde van die landbou onbetwisbaar. Old Mutual se strategie is om die verkose geintegreerde verskaffer van finansiële dienste op die vasteland te wees. Mutual & Federal Agri, ’n leier in bate- en oesversekering en deel van die Old Mutualgroep, is lank reeds ’ n vertrou- de versekeringsvennoot van die Suid-Afrikaanse boer. boer se alledaagse bestaan. Die droogte van die pas afgelope seisoen is ’n bewys van ’n boer se kwesbaarheid.
Die natuur bly onvoorspelbaar. Dit is juis hierdie onvoorspelbaarheid wat boere dwing om versekering, en in besonder oesversekering, uit te neem. Dit is egter belangrik om daarop te let dat weerstoestande maar een van baie risiko’s is wat die lewe van ’n boer kan moeilik maak.
Risiko’s kan nie heeltemal uitgeskakel word nie, maar daar is versekering beskikbaar wat die boer in ’n posisie plaas om doeltreffende risikobestuur toe te pas.
OESVERSEKERING
Dit is om dié rede dat Mutual & Federal bevestig dat hy die oesversekeringsmark ernstig benader en sy kapasiteit in die mark wil vergroot.
In die komende seisoen sal twee oesversekeringsprodukte aangebied word: Hael- en Multirisiko-versekering.
Die Haelpolis dek gebeurlikhede, soos hael, ryp, transito en Sasria ( oproerdekking), indien die boer dit wil byvoeg.
Die Multirisiko-polis word op sekere graangewasse aangebied en dek gebeurlikhede, soos droogte, oormaat reën, koue, ryp, hael tot by die gewaarborgde opbrengs, onbeheerbare plantsiektes, onbeheerbare wilde diere en natuurlik ook die oproerdekkingskeuse.
’n Versekeraar wat die landbou ignoreer, doen dit op eie risiko. Daar is op politieke en maatskaplike gebied verskeie goeie redes om die landbou te ondersteun.