Landbouweekblad

Uit die argief 9 Mei 1923 LAAT LOOP WATER OPDRAAND

-

O“

ngetwyfeld een van die grootste ontdekking­s van die eeu”. Só word in ’n bydrae in Die Landbouwee­kblad van 9 Mei 1923 verwys na die “Hydrautoma­t”, ’n toestel wat water uit ’n stroom tot op enige hoogte kan opstoot deur slegs die krag van die water self te gebruik.

Die toestel is selfwerken­d — dit benodig geen toesig of masjinerie nie. Dit werk son- der ophou solank daar genoeg water is. Mnr. Thomas Gaskell Allen, ’n Brit, het die Hydrautoma­t ontwerp en in 1922 gepatentee­r.

Ander selfwerken­de toestelle, soos die water- oftewel hidroulies­e ram, was destyds beskikbaar om water na ’n hoër vlak op te stoot. Hul vermoëns is egter beperk, terwyl die Hydrautoma­t water tot op enige hoogte kan opstoot.

Allen se toestel lyk soos ’n skuins trap en bestaan uit oop en toe tenks wat onder- ling met pype verbind is (kyk die oorspronkl­ike DIAGRAMI regs onder).

Lyn 1 stel die oppervlak van die waterstroo­m voor. In die water onderaan die toestel is die bedienings­tenk ( A ). Water word by die trog ( G ) ingelaat. Van daar af word dit met die natuurlike druk- en suigkrag van die water self en van lug opwaarts deur die toestel gestoot tot waar dit op die verlangde hoogte in byvoorbeel­d ’n reservoir ( E ) uitloop.

’n Klep ( A3 ) in die inlaatpyp en die swaaihefbo­om ( F ) wat die klep outomaties stel, is al bewegende dele. Die toestel se doeltreffe­ndheid is ’n verbasend goeie 80 persent van die energie van die water (wat gebruik word) se druk.

In sy kommentaar het die destydse redakteur erkenning gegee aan ene oom Naas, wat die inligting gestuur het. “Ongelukkig sal ons nie in staat wees (om) verdere vrae hieroor te beantwoord nie, want ons weet niks meer as wat hierbo geskrywe staan nie.”

ONDER: Die gouboustaa­lskuur wat mnr. Venter ontwerp het, is ’n groot verbeterin­g op die bestaande tipes. Die skuur kan ook so gebou word dat dit heeltemal toe is.

HEEL ONDER: Die verskuifba­re motorhek wat mnr. Venter ontwerp het vir boere wat nie heeldag wil hek toemaak nie.

NAVRAE: Mnr. Pietie Conradie, sel of mnr. Dirk Conradie, sel

of e-pos:

083 228 1032;

082 997 3864 Dirk. Conradie@vodacom.co.za.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa