Landbouweekblad

Nuwe soort rampomp

- Boereplann­e

mens by elke koöperasie en hardewarew­inkel. Alle onderdele word vir skoonmaak maklik verwyder. Boonop word die pomp maklik aan ’n bestaande waterpyp verbind.

Die pomp is hoofsaakli­k uit sonbestand­e plastiek (PVC) gemaak en net die aflewering­sklep is van brons.

Hy het met die pomp se ontwikkeli­ng ook probleme gehad. Omdat hy besef het die slagklep is die hart van die pomp, wou mnr. Rosendal dit verbeter. Hy het geen formule gehad waarvolgen­s hy kon werk nie en dit het baie probeersla­e gekos voordat hy ’n werkbare produk gemaak het. Hy het aluminium en talle ander materiaal vir die klep getoets, en uiteindeli­k gevind dat nylon die duursaamst­e sou wees.

VERMOË

Die klep se gewig is van kritieke belang om teen ’n sekere waterdruk wel te kan pomp. Hierdie gewig bepaal hoe hoog water opgestoot kan word en die aantal kere per minuut wat die klep sluit en oopmaak, en sodoende die volume wat gepomp word.

Ook die korrekte vorm van die klep het baie dink- en draaibankw­erk geverg.

Mnr. Rosendal het ’n groot en ’n kleiner pomp ontwikkel. Hy sê die klein model met ’n inlaatdeur­snee van 30 mm kan van 3 000 tot 6 000 liter per dag lewer. Die groter model het ’n inlaat van 50 mm en kan tot 9 000 liter pomp. Hy sê hy het dié syfers met beheerde toetse verkry, maar die presiese lewering sal van geval tot geval verskil.

’n Groter druksilind­er help die basiese modelle om met behulp van ’n groter val aan die inlaatkant water oor langer afstande te pomp. Met hierdie druksilind­er van staal en ’n inhoudsmaa­t van 8 liter kan die sterkste model water verder as 400 meter stoot.

Mnr. Rosendal werk nou aan ’n groter model met ’n inlaat van 100 mm en ’n uit- laat van 50 mm. Na verwagting sal dit tot 30 000 liter per 24 uur lewer. Die beginsels wat hier toegepas word, is egter nie heeltemal dieselfde as met sy ander modelle nie.

WERKING

Die pompe is, soos alle hidroulies­e rampompe, selfwerken­d en word deur vallende water aangedryf. Dit pomp ’n deel van hierdie water betreklik hoog en ver. Faktore, soos die hoogte van die val, die spoed van die klepslag en die lengte van die in- en uitlaatpyp­e, sal die volume wat gelewer word, beïnvloed. Om die pomp te laat werk, word ’n konstante vloei van 5 liter tot 15 liter per minuut vir die klein model benodig, en 13 liter tot 25 liter vir die groter een.

Hy sê die beste werkverrig­ting kan verwag word waar daar ’n val van 1 meter is en water 5 meter hoog gelig word. So kan met die klein model maklik 9 liter per minuut gelewer word.

Die pomp werk kortliks soos volg: Water uit ’n fontein, stroom, rivier of windpomp word deur middel van ’n dryfpyp in die pomp ingevoer na

’n Vindingryk­e Oos-Kaaplander het pas ’n nuwe weergawe van die rampomp gepatentee­r. Hy sê sy pomp is besonder doeltreffe­nd omdat die modernste tegnologie in sy ontwikkeli­ng gebruik is. MET DIE POMP SE ONTWERP WAS EENVOUD EN GOEIE WERKVERRIG­TING DIE VERNAAMSTE VEREISTES.

die spesiale slagklep. Met ’n bepaalde volume water in die dryfpyp laat die druk die slagklep sluit. Omdat die water in die dryfpyp nie langer deur die klep ontsnap nie, druk dit ’n aflewering­sklep oop, waardeur dit die drukkamer binnevloei. Nadat die lug in die kamer saamgepers is, druk dit die water terug en omdat die aflewering­sklep nou sluit, word die water deur die uitlaatpyp na buite gedruk. Die drukbalans word hierdeur herstel en die slagklep word oopgemaak sodat die siklus herhaal word.

Mnr. Rosendal sê ’n tipiese aanwending sal wees waar water met ’n windpomp uit ’n boorgat getrek word en met die rampomp na ’n opgaartenk opgedruk word vir verspreidi­ng aan veesuiping­s of moontlik vir besproeiin­g. Die windpomp gooi sy water in ’n klein tenk wat ’n meter of wat bo die grond aangebring is sodat daar ’n groot genoeg val is om die pomp te laat werk.

WERKSVAL

Waar die groter pomp gebruik word, kan al van besproeiin­g gepraat word. Hiermee kan sowat 11 520 liter per 24 uur gelewer word waar die werksval (die val na die pomp se inlaat) 1 meter is en die pomp die water 2 meter moet lig. Waar die water tot 5 meter opgestoot word, is die lewering 4 896 liter en tot op 10 meter is dit 2 304 liter. Waar die werksval 2 meter is, sal op 5 meter 8 640 liter gelewer word en op 10 meter 4 752 liter. In al hierdie gevalle is 24 liter water per minuut voorsien. Die kleiner pomp het in sy toetse 4 795 liter per 24 uur gelewer waar die uitlaat 2 meter bo die pomp was en die werksval 1 meter. Op 5 meter is 1 915 liter gelewer. Met ’n werksval van 0,7 meter is op 1 meter 6 710 liter gelewer en op 5 meter 1 353 liter. In al dié gevalle was 15 liter per minuut voorsien.

Ook hier sal die werkverrig­ting in verskillen­de omstandigh­ede dalk verskil.

Omdat mnr. Rosendal wil verseker dat ’n pomp in ’n bepaalde situasie sal werk, wil hy vooraf van ’n voornemend­e koper sekere inligting hê sodat die pomp dan volgens dié syfers ingestel kan word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa