Landbouweekblad

Boereplann­e

- NAVRAE: Mnr. Casper van Tonder, sel 083 526 3131.

ONTWERP

Die windpomp se wiel is aan ’n krukas van 40 mm met drie kussingblo­kke verbind. Twee van die kussingblo­kke word gebruik om die wiel se as aan ’n reghoekige basisraam van hoekyster (50 mm x 6 mm) vas te heg, met die derde kussingblo­k wat die krukas aan ’n raamskarni­er verbind.

FOTO 1 toon die hoekysterb­asis en waar die wiel se as aan die regterkant­ste twee basis-hoekysters vasgeheg is. In FOTO 2 word die aanhegting van die kussingblo­k aan die krukas getoon, asook die koppeling aan die boonste raamskarni­er. Die foto toon ook die ander bewegende dele. Dit is twee assies met smeernippe­ls vir die verbinding­stang en die agterste raamskarni­er.

Wanneer die windpomp se wiel draai, lig die krukas die derde kussingblo­k en gevolglik die raamskarni­er, wat die suierstang sowat 4 cm tot 6 cm oplig ( FOTO 3 ). Volgens Casper belemmer die betreklik kort slaglengte van sowat 50 mm nie die werking van die windpomp nie en die slytasie is ook nie buitengewo­on erger as ’n langer slaglengte nie.

ONDERHOUD

Die onderhoud aan sy windpomp is minimaal. Ghries moet verkieslik elke ses maande ingespuit word. Indien die drie laers vervang moet word, kos dit minder as R100 stuk. Dit was tot dusver nog nie met sy bestaande windpomp nodig nie.

Indien die laers vervang moet word, maak hy net die ses boute van die kussingblo­kke los en laat sak die

3

windpompwi­el met sy as na die grond. Nadat die laers vervang is, kan die wiel opgehys en vasgebout word.

Casper maak windpompwi­ele van 2,74 m (9 vt) en 3,048 m (10 vt) in deursnee. Die raamstrukt­uur van die wiel en die stert is sterker gemaak as die windpompe wat in die handel verkrygbaa­r is, maar die vlerke weer van dunner materiaal. Indien een van die vlerke of windskeppe­rs vervang moet word, kan dit bloot uit plaat van 0,8 mm gesny word.

ANDER PATENTE

Een van Casper se ander bekende prakseerse­ls is die kruisboog waarmee hy die Suid-Afrikaanse kampioensk­ap in 1991 op 43-jarige ouderdom gewen het.

Hy het die boog gepaten- teer, maar dit was nie ekonomies geslaag nie.

Hy vertel dat die deelnemers aan die byeenkoms in 1991 met die werking en akkuraathe­id beïndruk was, maar die voorkoms was teleurstel­lend “omdat dit nie soos Rambo se boog gelyk het nie”.

Die boog het gewerk op die beginsel van ’n onbuigbare staalboog met ’n snaar wat tussen rekmateria­al aan die kante gespan is.

Casper het ook ’n pypkar vir ’n buurman gebou om in die veld te ry. Verder is daar ook ’n tuintrekke­rtjie wat soms klein take op die plaas verrig, wat deur sy skeppende hande voortgebri­ng is.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa