Landbouweekblad

DONKIE-OOND DROOG MAKADAMIAS

- KORTOM:

’n Droogoond, gegrond op ’n tabakoond, gebruik hout spaarsamig en droog makadamias teen ’n fraksie van die koste van wat dit in ’n verwerking­saanleg sou kos. Waaiers trek warm lug in ’n kanaalstel­sel deur openinge in die kanale na die droogbakke en droog die neute. Die gehalte van die neute is uitsonderl­ik goed.

Afgesien daarvan dat mnr. Bill Bales-Smith as Valley Macadamias se Boer van die Jaar aangewys is, het hy ’n droogoond vir ’n skamele R10 000 gebou. Hy spaar sowat R300 000 aan drogingsko­ste deur sy eie patent te gebruik.

kanale in die droogbakke in waar die warm lug vrylik van onder die droogbakke deur die makadamias styg om die neute te droog.

OOND AANGEPAS

Bill, wat voorheen in Zimbabwe geboer het, se oond is basies ’n aanpassing van die Malawi-tabakoond. Dit is ontwerp om uiters ekonomies te wees. Die V-vormige vuurmaakpl­ek binne in die oonde trek suurstof deur die middel van die vuur. Dit veroorsaak dat die bakoond 30% minder hout gebruik as een wat sy vars lug bo-oor die vuur trek.

Bill gebruik die hout wat hy elke jaar uit sy 38 ha makadamiab­oorde snoei om die droogoond aan te dryf. Dit is meer as genoeg hout, sê hy. Hy sê dit sou hom sowat R300 000 aan drogingsko­ste gekos het as hy sy makadamias deur die groep Valley Macadamias se verwerking­saanleg laat droog het.

Mnr. Allan Sutton, voorsitter van Valley Macadamias, kan nie uitgepraat raak oor die gehalte van die produk wat Bill jaarliks aan hom lewer nie. “Bill se neute gaan so vinnig en maklik deur die stelsel, dit voel partykeer onwerklik. In ’n land waar ons met elektrisit­eit sukkel, maak hierdie oond net soveel sin. As ek kon, sou ek ons aanleg na so ’n stelsel oorskakel, maar ek dink nie ons munisipale sonering laat vuuroonde toe nie.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa