Landbouweekblad

WERKTUIG VIR BRANDBANE

- Boereplann­e

Hy werk voltyds by die plaaslike stadsraad, maar hy voel boerdery bruis deur sy are, sê mnr. Jacques Smith, wat ’n kleinskaal­se skaapboerd­ery op sy hoewe in Brakpan het.

“Hier was ’n paar jaar gelede ’n groot veldbrand wat baie weiding verwoes het. Mense met klein boerderye, soos ek op ’n hoewe, is dus net so bewus van die noodsaakli­kheid om voorsorg teen brande te tref, maar nie almal het ’ n trekker en toepaslike werktuie om voorbrande mee te maak nie,” sê hy.

Wat hy wél het, is ’n bakkie, hande wat vir niks verkeerd staan nie en baie ou yster op die hoewe. Jacques het toe sy sweismasji­en nadergetre­k, ’n klomp stukke yster nadergesle­ep en begin saag en sweis. Die uiteinde was ’ n klein tandwerktu­ig wat hy nou as ’n tipe dubbeldoel­werktuig gebruik. Dit maak die grasse los en hark dit weg sodat die strook grond waar hy ’n voorbrand maak, kaal is en daar niks materiaal op is wat kan brand nie.

TANDWERKTU­IG

Die basis van die werktuig is ’n dik ysterpyp wat 1,2 meter lank is, met ’n wanddikte van sowat 5 mm. Daarop het hy ’n stuk plat yster vasgesweis, waarop hy sewe penne van harde staal op gelyke afstande van mekaar in ’n regop posisie vasgesweis het. Die doel van die plat yster is om as versterkin­g te dien sodat die penne nie losskeur nie. Die penne is 170 mm lank en die spasiëring tussen hulle is sowat 170 mm. Dié penne maak die grond los.

Jacques het toe stukke hoekyster van 50 mm x 50 mm x 6 mm, wat korter as die penne is, tussen die penne vasgesweis om gestalte aan sy dubbeldoel-werktuig te gee. Terwyl die tande die grond en gras losmaak, hark die hoekysters tussen die penne die gras saam.

DIEPTEBEHE­ER

Hy het ook ’n plan gemaak om dieptebehe­er te kan toepas sodat die tande nie te diep werk nie. Daarvoor het hy ’n stuk plat yster weerskante van die raamwerkpy­p in ’n regop posisie vasgesweis en op elkeen ’n plat yster horisontaa­l aangebring, waarvan die punte na onder gebuig is.

As dié werktuig omgekeer word, met die tande wat op die grond rus, dring die tande die grond net so diep binne as wat die dieptebehe­er toelaat. In hierdie werktuig se geval is dit ongeveer 75 mm.

Die sleepstang is van vierkantig­e, hol yster van 76 mm x 76 mm x 3 mm. Die haak wat aan die bakkie gekoppel word, kan in ’n mate van kant tot kant beweeg.

Jacques het ’n as onderaan die werktuig aangebring sodat hy wiele kan opsit as dit ’n ent ver getrek moet word. Die wiele bly aan die werktuig. Die werktuig word bloot omgekeer en dan gebruik.

Die wiele dien as gewig om die tande die grond te laat binnedring. Die dik pyp waarop die tande is, is ook vol sement vir ekstra gewig.

Die werktuig werk baie doeltreffe­nd, sê hy. Dit het hom boonop slegs R400 vir die sweisstawe gekos. Verder het hy ál die ysters en ander benodigdhe­de self gehad.

Hierdie jong man, wat ’n klein boerdery op ’n hoewe het, het sy eie werktuig ontwerp waarmee hy voorbrande maak. Dit kan deur ’n bakkie getrek word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa