BOER RY BOGROND AAN VIR LANDERYE
Die gesegde “’n boer maak ’n plan”, is al oor en oor reg bewys. Die Van Zyls van die Kroon Vee-boerdery buite Vryburg se plan het dubbel soveel sukses behaal.
Weens té min bogrond op die plaas het mnr. Jan van Zyl en sy seun, Gideon, grond van elke beskikbare plek op die plaas aangery en ’n eens onbewerkbare lap grond met minstens 50 mm op die ergste klipbanke verdiep. Met die toevoeging van ’n spilpunt en die regte plantdiepte is sowat 50 ha bruikbare landerye geskep waarop ’n voerbank vir hul beeste bedryf word.
Die Van Zyls teel onder meer rooi en wit Brahmane (hulle het tans sowat 2 000 geregistreerde beeste) op plase by Vryburg in Noordwes en Olifantshoek in die Noord-Kaap (lees die kassie “Die boerdery se afdelings”).
Jan het as jong man van 1980 tot 1986 as boer op Olifantshoek met droogte kennis gemaak. “Daardie droogte was die rede dat ek grond by Vryburg gekoop en daarheen verhuis het. Vryburg het weiding gehad.”
Om eendag ’n groot voer- bank te hê, was vir hom altyd ’n droom.
Buckshee (65 km suidwes van Vryburg) is steeds sy en sy vrou, Irma, se woonplaas. Hul seuns, Gideon en Jan jr., boer saam en Gideon en sy vrou, Rodien, woon ook op Buckshee. Hulle het die grootste ekstensiewe Brahmankudde in die land.
VOERBANK
Jan en Gideon raak opgewonde wanneer hulle vertel hoe hulle hul groot voerbank opgebou het. Alles het begin toe Gideon plaas toe is nadat hy die graad B.Com in landbou-ekonomie aan die
Die grond was te vlak om weidingsgewasse en mielies te plant, maar mnr. Jan van Zyl, Voermol se Beesboer van die Jaar vir 2014, se begeerte was só groot om ekstra voer vir sy beeste te verkry, dat hy bereid was om bogrond aan te ry.
Universiteit van die Vrystaat verwerf het.
Eers het hulle dit oorweeg om voer op die Vaalharts-besproeiingskema, 85 km van Buckshee af, te verbou, maar vervoerkoste en die bestuur van nóg ’n intensiewe boerdery oor so ’n afstand was net nie haalbaar nie. Veral kuilvoer het ’n groot volume.
Die opsie om slagvee en stoetbulle vir hul jaarlikse produksieveiling na Vaalharts aan te ry, af te rond en weer terug te karwei, sou ook te duur uitwerk.
Hulle het toe die moontlikhede op Buckshee ondersoek. Die plaas is op die Ghaapse Plato geleë, waar baie ondergrondse water is.
Dit was dus ’n opsie om blou- en witbuffelgras en raai- gras te besproei.
“Ons het egter nie genoeg bogrond vir lande nie – net 50 mm tot 300 mm. Nogtans groei die vinger-, weeluis- en bloubuffelgras wat natuurlik hier voorkom, baie goed,” vertel pa en seun saam.
Gevolglik het hulle in 2007 ’n 30 ha-spilpunt opgesit waarvan net 10 ha toe bewerkbare grond was. In Februarie 2008 het hulle 10 ha raaigras daarop gesaai en uit vier boorgate besproei. In daardie stadium het hulle nie werktuie gehad nie en moes hulle ’n gebruikte trekker en skottelploeg koop.
Die gras het só geil gegroei dat hulle dit deur die winter tot in November kon bewei. Die projek was vir hul doelwit dus ’ n reusesukses en
DIE BOERDERY SE AFDELINGS
met 700 teelkoeie wat deur mnr. Jannie van der Merwe bestuur word. Simbra- en Afrisimteling is in 2012 gestaak vanweë die groot vraag na rasegte, kommersiële Brahmanverse. Hulle gebruik nou die Simbra-koeie in ’n opgraderingsprogram na rasegte wit Brahmane en die Afrisim-kudde in ’n opteelprogram na rasegte rooi Brahmane.
Jan sr. se vrou, Irma, behartig die administrasie, wat kudde-administrasie en -lyste insluit. Gideon se vrou, Rodien, behartig die administrasie en rekonsiliasie van die veilings en die databasis van klante wat beeste by hulle koop.
Met groot hoeveelhede wild op die plase (hoofsaaklik koedoes, gemsbokke, elande en springbokke) word wildheinings nou opgerig om die wild te selekteer en in teeltroppe te groepeer.