Landbouweekblad

SKAAPJASSE SLAAG DIE TOETS

- NAVRAE: Mnr. Giepie Calldo, sel 082 468 3618; e-pos: gcalldo@cmw.co.za.

In 2001 het mnr. Giepie Calldo, nasionale bestuurder van woltegnies­e dienste by CMW, begin om vir sy skape jasse aan te trek. Sedertdien het hy sy eie proewe met die jassies gedoen en heelwat verbeterin­gs aangebring. Dié bestuurspr­aktyk bring hom onder meer ’n bykomende meer as 20% in die sak wanneer sy wol met ’n skoonopbre­ngs van tot 79,8% verkoop word.

Volgens Giepie is die nasionale gemiddelde skoonopbre­ngs 62% vir alle klasse wol. In uitsonderl­ike jare is die skoonopbre­ngs van die Suid-Vrystaatse wol per geleenthei­d 78%, maar sy wolproduks­ie was oor die afgelope dekade nog nie laer as 76,5% nie. “Oor die leeftyd van ’n jas-skaap verdien ek rofweg 20% meer per skeersel as ander boere,” sê hy.

Die feit dat Giepie die af- gelope dekade nie een skaap verloor het weens koue in ’n gebied, soos die Suid-Vrystaat wat berug is vir sy lae temperatur­e, is volgens hom die grootste bewys van die skaapjassi­es se sukses.

Die meeste vrektes kom net ná skeertyd voor as gevolg van reën en die koue wind net daarna. Omdat skape deur die jassies beskerm word, is die gewigsverl­ies minimaal. Skape kan net nadat hulle geskeer is tot 4 kg aan gewig verloor omdat die temperatuu­r in baie gevalle tot -8 °C snags kan daal.

Ooie met jasse verbruik geen energie om warm te bly nie en gebruik ál die voedingsto­wwe vir die nodige reproduksi­e en produksie.

As die toestande ná skeertyd gestabilis­eer is, kan die jassies verwyder word. Giepie se skape dra egter regdeur die jaar hul jassies.

Die jassies help in sy geval ook nog as teenvoeter vir probleemdi­ere. Jakkalse en rooikatte word na hul natuurlike prooi toe gedwing deur onder meer reukmiddel­s wat op die jassies gespuit kan word wanneer die skape gekraal word.

Giepie het ook klein jassies uit afvalmater­iaal laat maak vir jong lammers. Sommige boere gebruik die skaapjasse ook om kalwers en bokke te beskerm.

’n Skaapboer se plan om jasse vir sy skape aan te trek, is vanjaar 12 jaar oud. Dit is beproef en het bewys skaapvrekt­es weens die koue kan voorkom, wol skoongehou en probleemdi­ere só afgeweer word.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa