Veeboerdery DIE VELDHELD VAN DIE GROOT-KAROO
Ná 52 jaar as veeboer glo mnr. André Lund sy ultrahoëdrukbeweidingstelsel is die antwoord vir ’n goeie lewe op die plaas, sonder dat jou natuurlike hulpbronne opgeoffer word.
gesit. Nou, ná 52 jaar as veeboer, sê hy dit is wel moontlik om ’n goeie lewe op ’n veeplaas te maak. En jou natuurlike hulpbronne hoef nie ’n helse prys daarvoor te betaal nie.
Die sleutel lê in ’n nie-selektiewe ultrahoëdruk-strookbeweidingstelsel (UHDSB) – ’n stelsel waarin vee ’n belangrike rol speel om grondvrugbaarheid te verseker.
Hy het in 2001 met die Karoo-weidingseksperiment begin om te bepaal hoe verskillende weidingsdigthede en herstelvlakke die plantegroeistruktuur beïnvloed. Vandag is hy, danksy die beter en smaakliker spesiesamestelling, rustige dieregedrag en die gunstige reaksie van die grond en plantegroei op reënval, oortuig van die waarde van die UHDSBstelsel pleks van die laedrukselektiewe weistelsel wat algemeen voorgeskryf word.
André het egter nie van meet af ál die antwoorde gehad nie en moes verskeie planne prakseer voor hy sy verskuifbare kampstelsel, kompleet met ’n waterkrip en geëlektrifiseerde drade wat diere self deurlaat, ontwikkel het om dié stelsel prakties op die plaas te gebruik.
“Ek het lank gelede begin besef ons boer ten koste van ons hulpbronne. Daar is genoeg bewyse dat laedrukbeweiding nie volhoubaar is nie en die ekologie op groot skaal beskadig. Plantsoorte gaan verlore en gesonde rivierstelsels word vernietig,” vertel André.
Hy het gretig gaan kers opsteek by sy veldbestuurrolmodelle, mense soos mnre. John Acocks (’n SuidAfrikaanse botanis en die “vader” van nie-selektiewe weiding), Allan Savory (’n ekoloog wat bekend is vir holistiese boerderybestuur) en Johann Zietsman (’n Zimbabwiese beesboer wat bekend is vir ultrahoëdrukstrookbeweiding).
Volgens André se navorsing het groot getalle wild net 180 jaar gelede nog vrylik in die Karoo beweeg, die Soutrivier se water was skoon en vol vis en daar was ’n groot aasvoëlkolonie in die berg – alles aanduidings dat die ekostelsel gesond en goed gebalanseerd was.
“Nou is die rivier se opvanggebied só beskadig deur erosie dat kitsvloede voorkom. Water, wat voorheen die fonteine gevoed het, loop nou binne ure weg saam met tonne bogrond.”
Met sy nuwe teorieë en holistiese benadering wou André die horlosie probeer terugdraai na ’n tyd toe die omgewing gefloreer het.
“Die moeilikste was om weg te breek van die gewone manier van doen waaraan ek gewoond was. Ek het besef hoe delikaat die stelsels is waarmee ’n boer werk.”
Hy het sy weistelsel aangepas sodat die veedruk (die getal diere op ’n gegewe oppervlak vir ’n gegewe tyd) en weidingsdruk – die hoeveelheid weiding (biomassa) wat gevreet word (produksie) en getrap word (grondvrugbaarheid) – geleidelik verhoog.
Sodoende kon hy produksie en inkomste drievoudig opstoot. Groepteling en prestastietoetsing is ook ingespan om die veestapel meer aanpasbaar en winsgewend te maak.
GRONDBEGINSELS
Eerstens moes hy die plaas se infrastruktuur verander om groter kuddes met aangepaste diere te akkommodeer. Hy het ook Nguni-beeste en bokke by sy Merino’s gevoeg, want die verskillende veesoorte vreet verskillende tipes plantegroei.
“Ek het die veedigtheid en weidingsdruk terselfdertyd verhoog. Beter veld- en grondbestuur is die enigste kans op volhoubaarheid.”
Die UHDSB-stelsel kan net werk as daar genoeg organiese materiaal (plante, mis en urine) op die grond is. Sy missie was dus om die veld te herstel, terwyl die groter hoeveelheid hoewe op die grond moes help met “bruin bemes-