Landbouweekblad

PROBLEME MET ARBEID LAAT MEGANISASI­E BLOM

- PLAASINLIG­TING:

VANWAAR DIE BELANGSTEL­LING OM GOED TE ONTWERP? My agtergrond in meganika is wat ek myself geleer het. Elke mens het talente waarmee jy kan woeker mits jy bereid is om hard te werk. Boonop is vra mos vry. Dis nie ’n skande as jou buurman meer van iets weet as jyself nie. Al die masjiene het ek uitgedink, buiten die slakstrooi­er bo-op die slaktrappe­r. Dit is die ontwerp van Ben Nel-herstelwer­ke op Vredendal. Ek het nog ’n hele paar planne in my kop.

HOE SIEN JY DIE TOEKOMS? My toekomspla­nne is om nóg masjiene te ontwikkel. Ek kort net “politieke peri-peri”. Dit is jammer dat so baie goeie werkers hul werk verloor. Ek is op goeie voet met my plaaswerke­rs en behandel almal met respek. Hulle koester ’n wrok teen die politici wat hulle hul werk gekos het.

As jy klinkklare bewyse soek van hoe arbeidspro­bleme en ’n drastiese styging in plaaswerke­rlone boere byna oornag gedwing het om te meganiseer, hoef jy nie verder as hierdie Vredendals­e wingerdpla­as te gaan snuffel nie.

Dié saagmasjie­n saag wingerdsto­kke teen die grond af. Dit is hidroulies verstelbaa­r en kan stokke op verskillen­de hoogtes afsaag. Dit kan 20 000 stokke elke drie dae kafdraf.

“Ek los die drade in die stokke en rol die druplyne op net voor ek begin saag.

‘MY ERVARING IS DAT EK STEEDS WYNE VERKOOP KRY WAT MEGANIES GESNOEI IS EN BAIE MEER DRA AS GESUIERDE WINGERDE.’

Wingerdlot­e wat laag afhang en gewoonlik nie deur ’ n konvension­ele voortopper bygekom word nie, word maklik afgesny met ’n lootkapper wat Rean self laat bou het. Die lootkapper word saam met ’ n Ferrantvoo­rtopper gebruik om ál die lote in een bewerking af te sny.

“Ek het die lootkapper op ’n ou trekker gemonteer en los dit nou permanent op die trekker. Dit pas onder die trekker en het funksies soos om sywaarts en onafhankli­k op en af te beweeg. Die hidroulies­e hoogtevers­tellings is bedoel om teen hellings te kan top waar die een stok hoër as die volgende is.

“Dit is só ontwerp dat die lemme nie die stamme self kan raak nie.”

Die werktuig doen die werk van 90 mense en het sowat R68 000 gekos.

Die afvryf van botsels op die stamme van wingerdsto­kke is tydrowend en verg baie arbeid. Om die probleem te oorkom, het Rean handspuite ontwerp waarmee die botsels maklik op die stamme doodgespui­t word.

Die handspuite hang aan ’n balk wat spesiaal vir dié doel aan die spuitkar aangebring word en wat bo-oor die wingerdrye loop. Die balk is lank genoeg om vier rye wingerd per keer te bespuit.

Die handspuite het elk vier spuitkoppe (nommer 4) wat teen 110° na die stam spuit. Dit is heeltemal bedek met borsels sodat jy in die wind kan spuit en die gif nie op werkers waai nie. Binne elke spuit is ’n gids wat voorkom dat die spuit teen die stam druk, wat kan veroorsaak dat botsels op die stam gemis word. Dit keer verder dat die onderste hare van die borsels voor die spuitkoppe invou.

“Ek gebruik Gramoxone (reg.nr. L1174, Wet 36 van 1947) om die botsels te skroei,” sê Rean.

Vier werkers met die spuite en die trekkerdry­wer doen dieselfde werk as wat 40 werkers met die hand sou doen. Koste: Sowat R1 200 per spuit.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa