Landbouweekblad

’N BOER HET ALTYD ’N PLAN

- Kies die regte stafies!

‘TIK HOM LIGGIES MET ’N HAMER . . .’

‘n Mens kry soveel soorte plaaswerks­winkels soos wat jy boere kry, maar elke boer weet wat vir hom werk. Hier is ‘n paar idees.

Die basiese. Begin jou werkswinke­l met ’n stewige werkstafel en ’n goeie bankskroef.

Magneetbes­em. Heg ’n sterk, ronde magneet aan die punt van ’n besemstok. Sit ’n plastieksa­kkie oor die magneet en maak dit met ’n rekkie aan die stok vas. Vee die werkswinke­lvloer met dié magneetbes­em om los skroefies en boutjies maklik op te tel. Die sakkie kan omgevou word om die skroefies in te vang. Dis so maklik soos dit!

Kurwes. Dis nie maklik om rondings in hout met skuurpapie­r af te skuur nie. Plak skuurpapie­r om ’n stuk PVC-waterpyp en dit sal baie makliker gaan. Pas bril op. Hang ’n veiligheid­sbril in ’n ou kous teen die muur van die werkswinke­l om die lense krapvry te hou.

Was jou bril. Sit jou veiligheid­sbril in die boonste rak van die skottelgoe­dwasser. Oliekolle, sweetkolle en sonbrandro­omvlekke sal maklik verwyder word.

‘n Tang is ’n moet. “Ek hou altyd ’n ordentlike en groot draadtang in my bakkie.” – Paul Jordaan

Koop net goeie handelsmer­ke. “Vir my is die beste gereedskap Stahlwille en Gedore. Ek hou ook van Willtange.” – Paul Jordaan

Beveg roes. Haal roes maklik van gereedskap af deur die geroeste dele vir ’n dag of wat in witasyn te plaas totdat die asyn verkleur het. As daar nog roes oorbly, kan dit met ’n ou tandeborse­l afgeskuur word voor jy die gereedskap met ’n lagie penetreero­lie (soos Q20 of WD-40) spuit om dit teen verdere roes te beskerm.

Wees veilig! Hou jou sweishands­koene en -masker by jou sweismasji­en en hou jou gesigskerm en oorbeskerm­ers by die slypmasjie­ne.

Sien, haal asem. Goeie lig en ventilasie is onontbeerl­ik in ’n werkswinke­l.

Tang hom. As jy ’n spyker probeer uittrek en die kop breek af, klem die spyker met ’n skroefbekt­ang ( vice grip) vas. Haak nou ‘n hanger onder die tang en trek teen die tang asof dit die spyker se kop is.

Plakbord. Heg ’n magnetiese strook aan ’n 30 cm x 5 cmhoutblok­kie en skroef dit reg bo jou werkbank teen die muur vas. Bêre jou boorpunte daarteen sodat jy dit maklik

en vinnig in die hande kan kry.

Wees anders. “Gebruik ’n pakstukmak­er ( gasket maker), soos die handelsmer­k Red Hermetite, in pyp-passtukke wat inmekaar skroef pleks van draadseëlb­and (PTFE).” – Paul Jordaan

Ses is die beste. Gebruik eerder ’n sespunt-soksleutel as ’n twaalfpunt-soksleutel vir moeilike los- of vasdraaita­ke. ’n Sespunt-soksleutel se wande is iewat dikker en die sleutel het meer kontak met die kop van die bout as ’n twaalfpunt-sleutel, wat beteken dat dit nie so maklik gly nie.

Gryp vas. Gebruik ’n bobbejaans­leutel om boute met ’n verweerde, ronde kop los te draai. Die kake van die bobbejaan gryp stewiger as meeste gereedskap aan die kop vas om sodoende die bout makliker los te draai.

Daar’s sekere truuks, planne en kortpaaie op ’n plaas wat ’n mens nie uit boeke leer nie. Draad-en-tang-oplossings wat uit nood of skaarste gebore is. Ons het op ’n paar plase gaan kuier om ’n paar vinnige en maklike wenke bymekaar te maak. Lesers het ook aanlyn van hulle laat hoor.

As jy beeste met klein kalwers na ’n kamp toe moet skuif wat te ver is vir die kalwers om na toe te loop, kan jy die kalf in ’n eenvoudige draadwaent­jie met ’n lang handvatsel sleep, soos wat Johannes Eksteen van Melkboschf­ontein, Piketberg, maak. Dit is belangrik dat die waentjie laag is sodat die koei die kalf kan ruik en weet waar hy of sy is. Die lang handvatsel is om te verhoed dat jy té naby aan die koei en haar kalf kom. Sodra die koei haar kalf geruik het, kan jy die waentjie trek na die volgende kamp, waar die koei haar kalf sal kry.

MOBIELE LAAIGANG

Hoe laai jy ’n groot skaap agter op ’n bakkie sonder om jou rug te breek?

Apie Richter van die plaas Panorama by Piketberg het ’n mobiele laaigang van twee gewone skaaphekke en skrootmeta­al gemaak om sy Vleismerin­o’s te laai. Dit kan op enige plek agter ’n bakkie of ’n sleepwa gemonteer word.

Die laaigang se oploop is van skrootmeta­al. Twee penne is aan weerskante van die oploop vasgebout waarin die skaaphekke pas. “Dit is maklik hanteerbaa­r en haal uitmekaar sodat die hekke weer later vir skaapwerk gebruik kan word.”

HOU JOU WERKSWINKE­L SÓ SKOON EN NETJIES

“As jy klaar met iets gewerk het, bêre dit – moenie uitstel nie. Vee twee keer per week.” – Cecil Fincham

“As jy iets nou gebruik het, bêre hom dadelik op sy plek.” – Wally Viljoen

“Gooi ‘katsand’ op plekke waar olie gemors het en vee dit net die volgende dag op. Dit werk goed! – Matthys Jordan

“Kry maar ’n stofsuier net vir die werkswinke­l. Dit werk die beste.” – André Venter

“’n Boere-ziplock, oftewel ’n banksakkie, is ’n nuttige ding. Dit en mayonnaise­flesse werk lekker om klein goedjies te organiseer. Dit seël dig.” – Carina Louwrens Nel

“Die volgende het vir my gewerk: Kry soveel moontlik goed van die grond af sodat jy beter kan beweeg. Gebruik jou mure en selfs die plafon as bêreplek. Vat ’n halfuur nadat jy klaar gewerk het om alles weg te sit.” – Danie Venter

“As jou gereedskap­kis volledig is, met alles op sy plek, soek jy nooit ’n spanner nie.” – Pieter van Zijl

“As jy rakke gebruik, maak seker dis toeganklik vir verskillen­de soorte gereedskap en onderdele. Hou soorte bymekaar: Elektriese onderdele en gloeilampe hoort bymekaar, pype en klampe bymekaar, en so aan.” – Paul Jordaan

“Ná jy alles gebêre het, maak ook die werksopper­vlakke skoon. Dit sal jou môre-oggend lus maak om met jou werk aan te gaan.” – Oudste Swanepoel

STEPHAN SE SWEISWENKE

Stephan de Bruin, ’n wild- en groenteboe­r van Marken in Limpopo, is ook ’n passer-endraaier met ’n hart vir staal en enjins. Hy kan dikwels deur net na ’n motor te luister, sê waar die fout lê en hoe om dit reg te maak. Hy sê boere sukkel dikwels met sweiswerk – nie omdat hulle nie goed kan sweis nie, maar omdat hulle die verkeerde toerusting gebruik of omdat hulle die staal nie reg voorberei nie.

Maak skoon! Dit is belangrik om staal skoon te skuur en alle roes, olie en verf te verwyder voor jy met enige sweiswerk begin. Daar waar jy met die vlamsyner gesny het, is dit veral belangrik om die blougebran­de staal weg te skuur. Die blou brandsel is ’n oksidasiel­aag. Geen sweiswerk sal behoorlik daaraan bind nie.

Gietyster. Met gietyster moet jy eers die plek waar jy wil sweis, behoorlik skoonskuur met ’n slypmasjie­n. Veral wanneer mense uit- en inlaatpypv­erdelers ( exhaust & inlet manifolds) heelmaak, sweis hulle sommer op die geroeste yster. Dit sal nie hou nie. As alles mooi skoongesku­ur is en jy het blink yster waarop jy kan sweis, moet jy die hele deel wat jy wil sweis, met ’n gasvlam warm maak tot die yster ’n ligte kersierooi kleur kry van die hitte. Gee dan die hitte ’n minuut of twee om te versprei voor jy sweis. As jy dit nie só doen nie, breek die verdeler net daar waar jy hom gesweis het sodra dit warm word. Die korrekte keuse van sweisstafi­es of elektrodes bepaal hoe maklik of moeilik ’n sweistaak gaan wees. Stawe wat te dik is vir die staal brand maklik gate. Sweis staal wat dunner as 1,2 mm is met ’n 2 mm-stafie en staal van 1,2 mm tot 5 mm dik met ’n 2,5 mm-staaf. Vir dikker staal en groot kanaalyste­rs kan jy 3,5 mm-stawe gebruik. Gebruik laewaterst­of- elektrodes vir baie harde yster en nié vir sagte staal ( mild steel) nie. Enige vibrasie gaan die staal langs jou sweisplek laat kraak. Gebruik dit byvoorbeel­d om ’n bout waarvan die kop afgedraai is, weer aan te sweis en om harder metale, soos Benox en Rocktuff, te sweis.

Wat van gate? Dis nie die einde van wêreld as jy ’n gat in die metaal brand nie, maar dit verg redelike geduld om dit behoorlik toe te sweis. Kap ál die soldeersel van die gat af en maak seker die rante is mooi skoon. Gebruik dan ’n 2 mm-elektrode en begin om kolletjie vir kolletjie al om die rant van die gat te sweis. Die 2 mm-staaf werk teen laer temperatur­e, wat sal help keer dat jy die gat groter oopbrand, soos met dikker stawe. Moenie in een strook om die gat probeer sweis nie. Dit gaan die staal warm laat word en dan kan die gat weer groter brand. Dit is belangrik om weer die soldeersel af te kap wanneer jy die eerste reeks kolletjies reg om die gat se rant gesweis het. Hou net so aan totdat die gat mooi toe is.

Dié boer het ’n slim plan om ’n motorbatte­ry waarvan die pole nie in die motorontwe­rp pas nie, te laat werk. Afgesaafde pole van ’n ou battery en ’n verlengstu­k word gebruik. Dit is ’n goedkoop, doeltreffe­nde metode.

In die geval van mnr. Ian Eksteen se plaas Ekland in die distrik Marquard is dit ook die spreekwoor­delike “aardjie na sy vaartjie”.

Ian het sy praktiese ingesteldh­eid by sy pa, wyle mnr. Hendrik Eksteen, geerf. Hendrik was ’n praktiese mens wat op 18-jarige ouderdom begin boer het. Al opleiding vir hom was ’n kort kursus by ’n ystersmid op Grootfonte­in.

Ian het ná skool die graad B.Sc.Agric. aan die Universite­it van die Vrystaat verwerf, maar sy praktiese indiensopl­eiding het hy aan sy pa te danke.

Op besoek aan Ekland is die hartlikhei­d en gulle ontvangs een van die eerste blywende indrukke, asook die goeie ingesteldh­eid waarmee Ian sy projekte benader. “My pa het met die werkswinke­ls begin. Maar alles het met die verloop van tyd net groter geword, met die gevolg dat ons in 1993 na ’n groter kompleks verskuif het,” sê hy.

Dié ruimte (HOOFFOTO) van altesaam 1 800 m2 langs die kantoorblo­k by die plaas se ingang huisves verskeie gevorderde gereedskap­toerusting, soos ’n metaaldraa­ibank, ’n kartelmasj­ien, staanbore, ’n bandsaag, ’n plasmasnyt­oestel, buigmasjie­ne en draadsnyto­erusting.

“Die meeste van dié gebruikte masjiene het ons op veilings gekoop wanneer ingenieurs­aanlegte hul toerusting verbeter of hul deure sluit,” verduideli­k Ian. Die volgende stuk toerusting op Ian se inkopielys is ’n snymasjien waarmee staalplate gesny kan word, asook ’n freesmasji­en waarmee staalplate in verskillen­de vorms en hoeke gebuig kan word.

Die werkswinke­l word uitsluitli­k gebruik om die boerdery se toerusting en voertuie te onderhou. Ingevolge sy instandhou­dingsprogr­am word werktuie elke tweede of derde jaar van ’n kant af getakel, uitmekaar gehaal en alle geslyte dele vervang. En met ’n nuwe verfbaadji­e uit die spuitafdel­ing lyk dit sommer splinternu­ut.

‘ONS HET HERHAALDEL­IK DIE SOMME GEDOEN, EN DIT IS BESLIS DIE MOEITE WERD.’

Mnr. Ian Eksteen is die derde geslag Eksteen op die grond in die distrik Marquard sedert sy oupa, Attie, in 1907 daar begin boer het. Ian se pa, Hendrik, het ook geboer en is in 2014 oorlede. Die nuwe geslag Eksteens van Ekland is Ian, vroulief Mari en hul drie kinders, Sumari (7), H.J. (3) en Braam (1).

WATTER PROJEK WAS JOU GUNSTELING OP DIE PLAAS? Elke projek bied sy eie uitdagings. Wanneer dit afgehandel is, ondervind ’n mens telkens die soet smaak van sukses.

WAT IS DIE BESTE RAAD WAT JY AL GEKRY HET? Glo in jouself.

WIE WAS JOU MENTOR? Pa Hendrik was ongetwyfel­d my mentor op verskeie lewensvlak­ke, nie net in die werkswinke­l nie. Die een aspek wat ek die meeste van hom waardeer het, was dat hy my toegelaat het om uit my eie foute te leer. Hy het my die regte raad gegee, maar het nooit sy raad voorskrift­elik afgedwing nie.

WAT IS DIE GROOTSTE UITDAGINGS IN JOU BOERDERY? Die huidige tydsbestek met sy politieke uitdagings het die boer en sy ondernemin­g in ’n heel ander speelveld geplaas. Maar as die boer by al dié haakplekke verby kyk, moet ’n boerdery soos ’n winsgewend­e besigheid bestuur kan word.

woudt, behartig. Hulle word bygestaan deur vier ander mans en tot 38 plaaswerke­rs wat in die onderskeie afdelings en veeposte werk.

IN EN OM DIE WERKSWINKE­L

Die werkswinke­l het ’n betreklik uitgebreid­e onderdele-afdeling wat sowat ’n kwart van die vloeropper­vlakte beslaan.

Die derduisend­e boutjies, moere en wassers is netjies in hul onderskeie kategorieë en groottes uitgestal ( FOTO 1 ).

Op die rye rakke is pyplaste van plastiek en staal, elektriese motors en enjinfilte­rs van die bakkies, trekkers en stropers te sien, asook sweistoebe­hore en verf ( FOTO 2 ).

Daar word ruim voorsienin­g gemaak vir gloeilampi­es, sekerings, ’n rak vir toebehore vir die stropers en planters en vir die verskillen­de trekkerfab­rikate.

“Deur ondervindi­ng leer ’n mens watter reekse onderdele aangehou moet word, want tydens spitstye kan die boerdery nie bekostig om tot stilstand te kom nie.” Oliefilter­s het die vinnigste omset, en daar word streng by dienstusse­nposes gehou.

Op die rakke is voorbeelde van verslete onderdele wat ’n nuwe lewe kry, soos die skoene van beitelploe­ë wat aangepas word deur ’n gewone plat skaar aan die skoen te sweis ( FOTO 3 ). Dit verleng die lewensduur van die skoene sowat drie tot vier keer en dis meer ekonomies om die skare afsonderli­k te koop en vas te heg as om ’n volledige skoen te koop.

Ian hou ook ’n verskeiden­heid werktuigta­nde aan.

Selfs die genommerde tuingereed­skap, soos die grawe, word netjies in rye uitgestal ( FOTO 4 ) en word vir gebruik in ’n register uitgeteken.

’n Verskeiden­heid buitebande kan vinnig in die pak-

Die arbeidsonr­us wat die landbou in die WesKaap einde 2013 geruk het, het talle boere in die provinsie laat besef hulle sal hul arbeidspra­ktyke móét aanpas. Die skerp loonverhog­ings wat daarop gevolg het, was vir talle bloot onbekostig­baar.

Mnr. Rean de Waal, ’n wyndruifbo­er van Welgemeen, Vredendal, is so ’n boer. In sy gebied het die gemiddelde boerderywi­ns ná die loonverhog­ing meer as gehalveer. Hy het hom egter nie gesit en verknies daaroor nie.

Hierdie jong boer het self werktuie ontwerp en laat bou waarmee hy nou met die minimum arbeid oor die weg kan kom.

Die meeste van die werktuie en masjiene wat hy ontwerp het, kan sowat 300 ha en meer wingerde hanteer. Tans is 117 ha onder wyndruiwe op Welgemeen. Rywydtes is deurgaans 2,5 m vir die maksimum wingerdsta­nd per hektaar, en dus die maksimum tonnemate.

“Ek probeer so fyn moontlik spesialise­er om die maksimum waarde tot die eindproduk te voeg.”

Nadat hy self in 2013 arbeidspro­bleme ondervind het in die vorm van ’n sloer- staking deur seisoenswe­rkers, het hy ’ n voorsnoeie­r aangeskaf. Dit het binne 15 dae die hele plaas se drade skoongekni­p. Twee snoeimasji­ene het die finale snoeiwerk gedoen. Hy het ook ’n groter oesmasjien aangeskaf wat veel vinniger en doeltreffe­nder oes.

Hy kom nou met tientalle minder seisoenswe­rkers as voorheen klaar.

“Ek het ook praktyke, soos die suier van wingerde, gestaak. My ervaring is dat ek steeds wyne verkoop kry wat meganies gesnoei is en baie meer dra as gesuierde wingerde. Deur die korrelgroo­tte met vogmeters te beheer, kan die gehalte selfs verder verbeter word.”

Rean het talle konsepte ontwerp, asook bestaande werktuie verbeter, in sy poging om minder kwesbaar te wees wat arbeidspro­bleme betref.

Onkruide kan vinniger en ook in matige wind gespuit word met ’n onkruidspu­it wat Rean laat aanpas het. Dit is ’n standaards­puit met verbeterde skerms van staal wat effens agtertoe lê om die spuitkoppe. “Jy kry nie harde stampaksie­s teen die wingerdsta­mme nie. Jy kan dus veel vinniger spuit – teen 8 km/h.”

“Ek spuit met growwe dubbel-spuitpunte (nommer 8)

genoeg hidroulies­e vermoë bestaan sodat spuite die hele tyd regoor stokke gehou kan word, veral teen hellings.

Rean het ekstra spuitkoppe bygesit sodat stokke tegelyk van onder en bo bespuit kan word en om digte trosse be- hoorlik raak te spuit.

“Ek het tydens proewe die loopspoed van 4 km/h tot 5,4 km/h verhoog en die watervolum­e tot 480 liter/ha verlaag, sonder om die spuitstoww­e te vermeerder.

“Die resultaat was die ge- sondste wingerde wat ek nóg gehad het.”

Die spuit doen dieselfde hoeveelhei­d werk as vyf trekkers met enkelspuit­e en spaar dus vier drywers se lone.

“Ek het ’n opvulkar van 2 000 liter met ’n dieseltenk en ander verbeterin­gs aangepas sodat dit die spuit twee keer doeltreffe­nd kan vul. Net een werker is dus nodig om die spuittenk sowel as die trekker se diesel op die land aan te vul.”

Een spuitslag word verloor vir elke vier enkelspuit­e wat gereeld by volmaakpun­te met spuitstoww­e en diesel gevul moet word.

Die spuit het ’n besparing van R500 000 per groeityd in sy boerdery teweeg gebring (meganies, diesel, arbeid en gifstowwe), volgens Rean.

Dié eenvoudige werktuig, waarmee draad of drupperlyn­e maklik opgerol word, word op ’n trekker se driepunt gemonteer en met die trekker se kragaftakk­er aangedryf.

Die werktuig doen tien werkers se werk.

Dit het Rean sowat R3 000 gekos om te bou.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa