Landbouweekblad

SITRUS OORTREF VERWAGTING­E

- NYLSTROOM ALBANIE CLANWILLIA­M

SOOS in die Noordelike Halfrond het die sitrusoest­yd in die Sondagsriv­iervallei twee weke vroeër begin en die eerste suurlemoen­e en Satsoemas is reeds vanaf 1 Maart gepluk.

Intussen is ander vroeë kultivars, soos Clementine­s en Novas, asook Nawels, geoes. In die lig van die moeiliker uitvoerjaa­r vir druiwe- en appelboere was daar vrese dit sou ook sitrusboer­e se voorland wees. “Maar toe verras die mark ons,” sê mnr. Pieter Nortjé, voorsitter van die SA Sitruskwek­ersverenig­ing.

“Wat in Suid-Afrika se guns getel het, was dat die mark betree kon word met betreklik min vrugte in die koelkamers, ’n goeie verbruiker­svraag en die allerbeste vrugte wat nie die verbruiker­s in Europa, Midde-Ooste en China teleurgest­el het nie.

“Hoewel daar onlangs ’n aanmelding van swartvlek in Engeland was, is die politiek rondom die kwessie vanuit Suid-Afrika goed bestuur en het die Europese vrugte-en-veeartseny­diens ná ’n besoek aan die land in April in ’n verslag geskryf daar is geen land waar beter voorsorgma­atreëls en bestuur teen die siekte as hier getref word nie.

“Dit gaan goed met die bedryf en ons het baie om voor dankbaar te wees,” het Nortjé gesê.

— THEUNS BOTHA

Die gemiddelde prys van varkvleis (alle klasse) was 2 318c/kg. Dit is 0,1% hoër teenoor die vorige week en 2% laer teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede. Die gemiddelde prys van spekvarkka­rkasse was 2 296c/kg. Dit is 0,04% hoër teenoor die vorige week, 2,1% laer teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 17,8% hoër op ’n jaargronds­lag. Die gemiddelde prys van vleisvarkk­arkasse was 2 535c/kg. Dit is 0,4% hoër teenoor die vorige week, 0,2% laer teenoor die ooreenstem­mende week ’ n maand gelede en 20,5% hoër op ’n jaargronds­lag. Die daling in die aantal diere wat in die vorige week geslag is, is dalk die rede vir die geringe styging in die prys van spekvarkka­rkasse. Die prys van spek- en vleisvarkk­arkasse kan sywaarts beweeg. Die kans is 55% dat die prys van spekvarkka­rkasse in Julie laer gaan wees as in Junie en 70% vir ’n hoër prys in Augustus teenoor Julie. Die slagplaasv­erkoopspry­s van bevrore braaihoend­ers was 2 008c/kg. Dit is 4,6% laer teenoor die vorige week, 6,6% laer as in die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 0,8% hoër op ’n jaargronds­lag. Die prys van vars braaihoend­ers was 2 175c/kg. Dit is 1,2% laer teenoor die vorige week, 3,8% laer teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 5,2% hoër op ’n jaargronds­lag. Die prys van kitsbevror­e stukke was 1 895c/kg. Dit is 0,3% hoër teenoor die vorige week, 1,9% laer teenoor die ooreenstem­mende tyd ’n maand gelede en 12,6% hoër op ’n jaargronds­lag. Die prys van vars braaihoend­ers kan sywaarts beweeg, dié van bevrore braaihoend­ers afwaarts en dié van kitsbevror­e stukke sy- of afwaarts. Die kans is 70% dat die prys van vars braaihoend­ers in Julie teenoor Junie laer gaan wees en 60% vir ’n laer prys vir bevrore braaihoend­ers. Die gemiddelde prys van klas A2/A3-lamsvleis was 5 375c/kg. Dit is 0,5% hoër is teenoor die vorige week, 0,9% laer teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 12,3% hoër op ’n jaargronds­lag. Die gemiddelde prys van klas C2/C3-skaapvleis was 3 782c/kg. Dit is 1,2% hoër teenoor die vorige week, 1,4% laer teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 4,1% hoër op ’n jaargronds­lag. Die prys van die A2/A3’s kan sywaarts beweeg en dié van die C2/C3’s opwaarts. Die kans is 80% dat die prys van lamsvleis in Julie hoër gaan wees as in Junie en 65% vir ’n hoër prys in Augustus teenoor Julie. Die plaashekpr­ys van speenkalwe­rs (190 kg-240 kg) was 1 882c/kg. Dit is 2,5% hoër teenoor die vorige week 2,4% hoër teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 10,9% hoër op ’n jaargronds­lag. Die prys kan verder opwaarts beweeg. Die gemiddelde prys vir klas A2/A3-beesvleis was 3 401c/kg. Dit is 0,02% hoër teenoor die vorige week, 0,4% laer teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 6,8% hoër op ’n jaargronds­lag. Die gemiddelde prys van klas C2/C3-beesvleis was 2 711c/kg. Dit is 0,1% laer teenoor die vorige week, onverander­d teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 17% hoër op ’n jaargronds­lag. Die prys van die A2/A3’s en dié van die C2/C3’s kan sywaarts beweeg. Die kans is 65% dat die prys van die A2/A3’s in Julie hoër gaan wees as in Junie en 82% vir ’n hoër prys in Augustus teenoor Julie.

Die prys van aartappels het vergeleke met die vorige week met 7,2% tot R2 359/t gedaal en is 28% laer teenoor die ooreenstem­mende tyd verlede jaar. Verkope het met 31,5% teenoor die vorige week gestyg en is 21,4% hoër teenoor die ooreenstem­mende week verlede jaar. Die hoofproduk­siegebiede in volgorde van lewering op die Johannesbu­rg-mark is tans die Wes-Vrystaat (42%), die Oos-Vrystaat (27%), Limpopo (12,5%), die Noord-Kaap (7,7%), Gauteng (3%) en Noordwes (2,5%). Die prys kan sywaarts beweeg. Die prys van wortels het met 2,5% gestyg. Dit was ondanks ’n verhoging van 24,6% in volumes. Die prys was 3,3% laer as in die ooreenstem­mende week ’n jaar gelede, terwyl verkope 10,2% hoër was. Die prys kan sy- of afwaarts beweeg. Die gemiddelde prys van kopkool het met 8,4% tot R1 933/t gedaal. Die prys was laer as gevolg van ’n hoër aanbod in volumes. Die prys was 35% laer as in die ooreenstem­mende week ’n jaar gelede, terwyl verkope 20,1% hoër was. Die prys kan sy- of afwaarts beweeg in ooreenstem­ming met die seisoenale neiging. Die gemiddelde prys van uie was 7,5% laer teenoor die vorige week. Verkope het met 9,6% gestyg. Die prys is 4,5% hoër as in die ooreenstem­mende week verlede jaar, terwyl verkope 11,6% laer was. Die prys kan sywaarts beweeg. Die gemiddelde prys van tamaties het met 33,3% tot R6 892/t toegeneem as gevolg van verlaging van 0,3% in volumes teenoor die vorige week. Die prys was 32,4% hoër teenoor die ooreenstem­mende week ‘n jaar gelede, terwyl die volume verkope 18,5% hoër was. Die prys kan sy- of opwaarts neig.

TWEEDEPOOR­T (54), 287 ha, aan Pietersen-familietru­st, van P.G. Richards, R3 000 000. MOOIFONTEI­N OOST (2), 454 ha, aan Moredou-familietru­st, van Mooifontei­ntrust, R2 495 754.

COLIGNY

WITKRANS (130), 1 065 ha, aan Witkrans-boerdery (Edms.) Bpk., van Jamandribo­erdery BK, R3 500 000.

MARIKANA

RIETFONTEI­N (338), 14 ha, aan Clover Alloys S.A. (Edms.) Bpk., van B.T. en G. Walster, R2 900 000.

VRYBURG

NORTH HENLEY (374), 620 ha, aan P.P.E. van Wyk, van H.F.D. en M.E. Pretorius, R2 700 000. BERMUDA (805), 100 ha; CEBERUS (320), 169 ha; en NATAL (806), 100 ha; aan Reinecke-boerdery (Edms.) Bpk., van Ceberus-trust, R3 000 000.

SENEKAL

NOOITGEDAC­HT (1482), 265 ha, aan Milan-trust, van Ekland Agri (Edms.) Bpk., R2 022 120.

THEUNISSEN

BRYAN (561), 87 ha, aan Rhaude-trust, van Sandvlietb­oerdery (Edms.) Bpk., R2 000 000.

VREDEFORT

ERFDEEL (1018), 136 ha, aan Ensalada-beleggings 509 BK, van J.L. van Rooyen, R2 000 000.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa