Landbouweekblad

MARKBAAS BREEK LANSIE VIR BOERE

-

DIE bestuur van die Kaapstad Mark ondersteun grondhervo­rming, maar kan nie toelaat dat ervare boere in Nigerië en Zimbabwe gaan boer omdat hulle nie meer hier welkom is nie, sê dr. Anwah Nagia, voorsitter van die Kaapstad Mark en direkteur van die Africa Commoditie­s-groep.

Hy het op die opening van die RSA Groep se nuwe markvloer by die Kaapstad Mark in Epping gesê boere is die mense wat soggens vyfuur opstaan om kos op die tafel te sit. “Suid-Afrika is dié sterk manne en vroue veel verskuldig.”

Hy het verwys na di e noodsaakli­kheid van grondherv o r mi n g en transforma­sie met di e hulp van kommersiël­e boere en sonder om bestaande landboupro­duksie te vernietig. “Ek het ’n paar jaar gelede in ’n voorleggin­g aan die Parlement voorgestel dat kommersiël­e boere as ment ors vir nuwe swart boere optree.” Hy sê boere was dapper om in 2004, toe Africa Commoditie­s die Kaapstad mark gekoop het, in vennootska­p met die onderne- ming te gaan en ’n aandeel van 26% in die mark te koop. “Deur hul intellektu­ele kapitaal het ons die volume produkte wat ons verkoop, vergroot, ons rekenaarst­elsels verbeter en die mark vriendelik gemaak vir die hele gemeenskap. Die mark het ’n plek van uitmuntend­heid geword. Deur die koopervari­ng makliker te maak, het ons alle deelnemers se ondernemin­gs verbeter.”

Nagia het hom ook sterk uitgespree­k teen maatskappy­e in die saadbedryf wat die manier waarop boere produseer deur monopolist­iese gedrag beïnvloed. “Hul gedrag hou nasies soos ons en boere gyselaar. Ons is aan hul genade oorgelaat.”

– AMELIA GENIS

‘Boere was dapper om in 2004, toe Africa Commoditie­s die Kaapstad Mark gekoop het, in vennootska­p met die ondernemin­g te gaan en

’n aandeel van 26% in die mark te koop.’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa