Landbouweekblad

‘GROOT MENERE’ ÉN MIDDELSLAG­WERKTUIE VERTOON

-

Groepe boere bekyk Case IH se Patriot 3230-hoogloopsp­uit. Die Patriot-reeks sluit in die SPX 3240 Advance en die 3340- en 4440-modelle. Outomaties­e beheer oor hul spuitbalke verseker egalige toediening van onkruiddod­er oor elke plant en verhoed oorslaan-kolle. Die internasio­nale trekker-en-werktuigve­rvaardiger lê ook groot klem op die duursaamhe­id van sy Patriot-spuite en hul gemaklike kajuite met wye uitsig. Luidens die katalogus word die heel eerste Patriot wat hulle gebou het, steeds gebruik. Die spuitbalk-lengtes wissel van 18,3 meter tot ’n massiewe 36,5 meter, en tenkvermoë van 3 028 liter (op die 3230-model) tot 4 542 liter (op die 4430-model). Die CASE IH 7140-stroper is deel van die vervaardig­er se Axial Flowreeks. Die nuwe 140-reeks is gemik op middelslag­boerderye. Verbeterin­gs aan die nuwe modelle sluit in verhoogde perdekrag en ’n beter rotor-ontwerp. Van links is mnre. Arno du Plessis, nasionale verkoopsbe­stuurder vir Case IH, Jacques Coetzee, produkbest­uurder vir Case IH by Northmec, die plaaslike verspreide­r, Jaap van der Westhuizen, Kobus Olwagen, ook Case IH-produkbest­uurder, en Anton Stander, Case IH-produkspes­ialis. Die Ecolo Tiger 870, ’n kombinasie-kontrasnye­g met skeurploeg, is een van die nuwe werktuie vir grondbewer­king. Dié masjien skep ’n hoë-opbrengsom­gewing vir plante en skakel grondverdi­gting uit, terwyl oesreste in die grond ingewerk word en voedingsto­wwe sodoende in die grond vasgelê word. Die masjien is tot 8 m wyd en is dus een van die wydste kombinasie-kontrasnye­g met skeurploeë in die bedryf.

Die internasio­nale trekkerver­vaardiger Case IH het sy demonstras­ie-dag op die plaas Cairo van die graan-en-oliesaadbo­er mnr. Jaap van der Westhuizen gehou.

agenis@landbou.com

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa