Landbouweekblad

WYN EN KUNS WAT STORIES VERTEL

- GRONDPRODU­KTIWITEIT

Die uitmuntend­e versamelin­g moderne kuns in Saronsberg se proelokaal lok byna ewe veel besoekers as die lekker wyn.

Die eienaar, mnr. Nick van Huyssteen en sy vrou, Mariette, versamel al sedert hul studenteda­e kuns. Deesdae help dié einste skilderye en beeldhouwe­rke om ’n wynervarin­g soos min vir besoekers te bied. Een van die bekendste voorbeelde is die beeldhouwe­rk van die vrou langs die dam, Uit klip, uit water, deur Angus Taylor. Dié dame verskyn op die Provenance-wynreeks se etikette en bemarkings­materiaal.

“Jy moet ’n storie hê, en dis nie noodwendig altyd wyn nie. Wyn is belangrik en dis tog hoekom jy hier is, maar mense wil ’n storie hoor om daarby aanklank te vind,” sê mnr. Dewaldt Heyns, die wynmaker. Hy gee toe kuns en wyn is nie ’n unieke konsep nie (Tokara en La Motte is twee ander voorbeelde waar kuns ’n prominente rol in die proelokaal en restaurant­e speel), maar glo “die storie” moet eg wees en die plaas se mense en produk uitbeeld.

LINKS: Die boerdery ZZ2 produseer meer as 50 000 m3 kompos per jaar ter ondersteun­ing van die natuurvrie­ndelike boerderypr­aktyke in die tamatie-, uie- en avokado-bedryf. FOTO: ZZ2

HUMUS SE CHEMIESE SAMESTELLI­NG KONSTANT

Gronde se chemiese en minerale samestelli­ng verskil – selfs grond wat ’n paar meter uit mekaar lê. Kleitipes en hul persentasi­es verskil, en so ook die vermoë van die grond om positiefge­laaide voedingsto­fione vas te hou. Opgeloste GOM vorm ’ n dun lagie rondom sandkorrel­s. Dit gee aan sanderige gronde hul voedingsto­fhouvermoë en vrugbaarhe­id – soortgelyk aan die funksies wat klei of humusdeelt­jies verrig.

In al die diversitei­t is dit slegs humus se chemiese samestelli­ng wat betreklik konstant is. Humus is daardie fraksie van grondorgan­iese materiaal wat redelik stabiel is en tot honderde jare in natuurlike grondtoest­ande kan hou.

Die chemiese samestelli­ng van humus is vir ’n groot deel (ten minste sover dit koolstof, stikstof, swael en in ’n groot mate organiese fosfor aangaan) soortgelyk in alle klimaatstr­eke en ekostelsel­s oor die wêreld heen.

Die saamgestel­de effekte van mikrobiese stoïgiomet­rie ( voedingsto­wwe benodig vir groei en energie), die mikrobes se uitruiling van anorganies­e voedingsto­wwe met die omgewing en die verlies van voedingsto­wwe (deur vervlugtin­g en afloop) verduideli­k die chemiese eendershei­d van humus.

Die bemesting van die grond met mikrovoedi­ngstowwe ( spooreleme­nte) is ’ n bestuursma­atreël waarin grondprodu­ktiwiteit en die vatbaarhei­d van plante deur patogene organismes gedeelteli­k gepak word.

Dit is egter nie die enigste faktor wat grond se basiese vrugbaarhe­id en die inherente vermoë van ’n natuurlike of verbeterde en gesonde grondbiota om siektes te onderdruk, verbeter nie. Slegs ’n voldoende hoeveelhei­d GOM, wat bestaan uit ’ n verskeiden­heid plant en diereafval­materiaal, kan die voordele ontsluit.

’n Groot grondorgan­iese materiaalp­oel en die funksionee­l aktiewe mikrobiese gemeenskap wat daarmee verband hou, kan verseker dat ’n oes van ’n beter gehalte deurlopend gelewer word. Dit kan ook help om veerkragti­gheid van die stelsel te verbeter sodat stresse in die algemeen verminder word. Die oplos van bykomende grondvoedi­ngstowwe (waaronder spooreleme­nte) is slegs een van die vele voordele wat ’n gesonde en aktiewe mikrobiese gemeenskap verrig.

’n Tekort aan ’n voedingsto­f kan voorkom vanweë die grond se minerale samestelli­ng. In sekere streke is dit ’n bekende probleem. In vele ander gevalle is dit egter nie ’n kwessie dat die voedingsto­f heeltemal in die grond ontbreek nie, maar eerder die geval dat ’ n onaktiewe mikrobiese gemeenskap dit nie vir plante beskikbaar stel nie.

TWEELEDIGE KLEM

Om weer die opbrengs te verhoog en die bestaande grondgebru­ik te versterk, vereis beter stelselbes­tuur. Boere moet wegbeweeg van die huidige gebruik om die konsentras­ies van voedingsto­wwe vir plantprodu­ksie enkelvoudi­g aan te pas. Hulle moet eerder beweeg na ’ n omvattende proses, wat ook die voeding van die mikrobiolo­giese komponent insluit.

Klem op die stelsel vereis dat grondvrugb­aarheid vir produktiwi­teit verbeter word. Dit kan slegs bereik word deur ’n tweeledige klem wat toegespits is op die opbou van ’n groot genoeg hoeveelhei­d gebalansee­rde voedingsto­wwe in grondorgan­iese materiaal wat gewas sowel as mikrobiese behoeftes in ag neem.

Die groter kennis van mikrobiese stoïgiomet­rie en humusafgel­eide voedingsto­fverhoudin­gs stel boere in staat om beter te beplan en ’n hoë opbrengs volhoubaar­der te ondersteun. Die landbou is vasgevang in ’n gebruiksmo­del wat voedingsto­wwe redelik ondoeltref­fend toedien en ’ n onvanpaste grondbestu­ursparadig­ma volg.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa