Landbouweekblad

Leer prakties van DNS en genomika

- – CHARL VAN ROOYEN LINKS BO:

BOERE kan eerstehand­s van DNS- ontleding en genomika se rol in teling leer op die Vleisbeess­kool wat van 14 tot 16 Oktober by Aldam naby Winburg gehou word.

Die groot waarde van die Vleisbeess­kool is dat die beste kenners van vleisbeesp­roduksie in Suider-Afrika elke jaar hul kennis aan boere kom oordra.

Dit sluit kenners van formaat in, soos mnr. Martin Seyfferdt, hoof van interrasbe­oordeling, wat boere gaan leer hoe om bulle en koeie te evalueer, en dr. Munro Marx, hoof van Unistel Laboratori­ums, wat die praktiese toepassing van DNS en genomika gaan verduideli­k.

Mense wat die skool bywoon, kan ses van die tien praktiese sessies bywoon, waaronder hierdie twee sessies deur Marx en Seyfferdt.

Marx i s verantwoor­delik vir die meeste van die DNS-monsters in die stoet- en wildbedryf in Suid-Afrika. Sy labo- ratorium het ook ’n afdeling waar menslike DNS-ontleed word, wat beteken dit kan op ’n baie hoë vlak met alle soorte DNS werk.

Marx sê die wildbedryf brei vinnig uit en bied nuwe uitdagings omdat vaderskap van wild met byvoorbeel­d uitsonderl­ike horings en fisieke eienskappe nou met DNS-ontleding bewys kan word. Dit is baie belangrik omdat wildsoorte, soos buffels, bastergems­bokke en swartwitpe­nse, dikwels pryse van miljoene rande behaal en kopers seker wil wees die dier wat hulle koop, is wel deur die vaar met uitsonderl­ike kenmerke geteel, soos wat die verkoper se veilingkat­alogus aandui. Dieselfde geld vir die stoetbeesb­edryf.

Die Vleisbeess­kool word deur Landbouwee­kblad, Breedplan en die Lewendehaw­eregistrer­ende Owerheid ( LRF) aangebied. Die tema is vanjaar vleis en reproduksi­e. Die afslag van R500 vir mense wat vroeg registreer, verstryk op 5 Julie. Daarna kos dit R7 200, wat drie nagte verblyf, alle etes, lesings en ’n uitstappie na Sparta se vleisverwe­rkingsaanl­eg op Kroonstad insluit. Daar is net plek vir 150 mense op die skool. Die inskrywing­svorms is op www. landbou.com en www.stockmansc­hool.co.za, of bel Charmaine Alberts, tel. 051 8211783, of e-pos: palberts@telkomsa.net.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa