Landbouweekblad

MANK KOEIE LEI TOT GROOT MELKVERLIE­SE

-

BOERE kan tot 10% melk verloor weens koeie wat mank word. Die voorkoming van dié probleem verg die volgehoue aandag van die hele melkbedryf, het dr. Danie Odendaal, verbonde aan die ondernemin­g Veearts Netwerk in Gauteng, gesê. Hy het deelgeneem aan ’ n gesprek oor mankheid by melkkoeie. Mankheid word hoofsaakli­k deur wanvoeding, swak ontwerp van infrastruk­tuur, swak teelmateri­aal en swak bestuur veroorsaak.

Odendaal het gesê tyd is altyd ’n beperkende faktor op ’n melkplaas waar take soos die melk en voer van die koeie in ’n siklus van 24 uur plaasvind en 365 dae van die jaar volgehou word. Enige ekstra taak wat tyd verg, plaas dus ’n las op die melkboer se bedrywige bestuurspr­ogram. Dit geld ook die behandelin­g van beeste wanneer ’n noodgeval voorkom, wat tot melkverlie­se of selfs vrektes kan lei.

Beplande kuddegeson­dheid om noodgevall­e en verliese te verminder, word ongelukkig afgeskeep, het hy gesê. Die aspekte wat waarskynli­k die meeste agterweë bly, is ’n program om mankheid te beperk en die verskaffin­g van basiese geriewe om ’n koei se pote te ondersoek, met ander woorde om die koei se pote op te lig sodat die veearts dit in ’n veilige omgewing kan ondersoek.

“Daar is ’n groot behoefte aan só ’n projek om mankheid te beperk,” het hy gesê. ’n Projek vir die aanmeld van siektes en ’n voorligtin­gsdiens vir melkboere wat op die medium en langtermyn op doeltreffe­nde bestuur fokus, is in 2013 deur Melk SA begin as ’n regstreeks­e, vertroulik­e kommunikas­iekanaal tussen boere en veeartse.

’n Deel daarvan is ’n projek om die voorkoms van mank koeie te beperk, wat vanjaar verder ontwikkel en uitgebrei gaan word. Dan kan veeartse die melkprodus­ente wat hulle bedien, oplei te om mankheid te voorkom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa