Oos-Kaap tap energie uit natuur
Verskeie projekte en pri vate i nis i at i ewe wat alternatiewe energiebronne in die Oos-Kaap ontsluit, is reeds die afgelope paar jaar op die been gebring. Die provinsie is een van die voorlopers in die land as dit kom by die opwekking van “skoon” energie.
Só is daar die windplaas naby Jeffreysbaai wat oor 3 700 ha strek en 60 windturbines insluit. Die projek voorsien Eskom van 460 000 MWh per jaar – genoeg om sowat 100 000 gemiddelde huishoudings van elektrisiteit te voorsien.
Dit is egter private huiseienaars, plase en sake- ondernemings se kragbesparings danksy alternatiewe energiebronne, soos sonpanele, wat toenemend ’n verskil maak aan die druk op die wankelende nasionale elektrisiteitsnetwerk.
Met die jongste aankondiging van Eskom dat tariewe weer drasties gaan styg, is die inisiatiewe rondom alternatiewe energie in die Oos-Kaap ’n tydige stap in die regte rigting.
SONKRAG
Só het BKB met sy belegging van R8 miljoen in 4 680 fotovoltaïese sonpanele ’ n groot duik in die die wolbedryf se koolstofspoor gemaak. Dit verlig die vraag na elektrisiteit en verminder dus die noodsaaklikheid vir beurtkrag in die Port Elizabeth-omgewing.
Die sonpanele beslaan ’n oppervlak van 3 400 m ² en is die grootste in sy soort in die Nelson Mandela-metropool.
Volgens mnr. Jacobus le Roux, BKB se woordvoerder, is die installering van die sonpanele die eerste van ’ n vier- fase- strategie vir “skoon energie” vir dié landbou-onderneming.
“Ons is daartoe verbind om die land se landbou- onderneming met die kleinste koolstofspoor te wees,” sê Jacobus.
Hy voeg by dat BKB toonaangewend wil wees in die ontwikkeling van hernubare energie- alternatiewe binne die Suid-Afrikaanse landbousektor.
Die fotovoltaïese sonpanele Die energieprojek van BKB het R8 miljoen gekos. Dit is deur Rhino Energy geïnstalleer. Dit is die grootste fotovoltaïese sonpaneelinstallasie in sy soort in die Oos-Kaap. FOTO: NEIL PIENAAR, AUDIOVID
“In Suid-Afrika het ons volop son en ons begin nou om dit te gebruik om energie op te wek,” sê mnr. Craig Brehany, direkteur van Rhino Energy.
“Hierdie projek is ook ’n aanwins vir die munisipaliteit omdat dit die druk op die elektrisiteitsnetwerk verlig. Ons is vol lof vir BKB se versiendheid om nie net sy koolstofspoor te verklein nie, maar ook om sy uitgawes aan elektrisiteit op lang termyn te verminder met dié ‘groen’ opsie.”
TOENEMENDE LONEND
Volgens Craig maak die stygende elektrisiteitskoste dit toenemend lonend om in sulke projekte te belê. “Sonkragstelsels kan nou hul koste binne vyf tot sewe jaar verhaal deur besparings.”
Mnr. Brian van Niekerk, besturende direkteur van Rhino Energy se houermaatskappy, Rhino Groep, sê die BKB- sonkragprojek is ’n goeie voorbeeld van pasgemaakte energie-oplossings vir ondernemings.
“Die stygende koste van elektrisiteit, asook verskeie aansporingsmaatreëls wat ondernemings aanmoedig om ‘groen’ oplossings te kies, maak hernubare energie ’n baie opwindende bedryf,” sê Brian. “Die strewe om vry van die kragnetwerk te wees, is ’n landwye neiging wat die Rhino Groep toenemend in die Oos-Kaap sien.”
Die neiging is nie net tot ondernemings beperk nie. Private huishoudings en plase gebruik toenemend sonkrag.
BIOGAS
Nóg ’ n ontwikkeling met alternatiewe energie is ’ n ooreenkoms tussen Rhino Water en die Australiese maatskappy Quantum Power. Rhino Water is ’ n maatskappy in die Rhino Groep met sy hoofkantoor in Port Elizabeth.
Die ooreenkoms sal grootskaalse biogasaanlegte vir plase moontlik maak en boere help verskans teen die gevolge van beurtkrag en elektrisiteitskoste.
Veral groot varkplase, melkerye, suiwelverwerkingsaanlegte, slagplase en voerkrale kan
Die son en wind word ingespan om die OosKaap aan die voorpunt te hou wat die opwekking van hernubare energie betref.
by dié tegnologie baat vind. Die spesialiskennis en - tegnologie van Quantum Power sal Rhino Water help om dieselfde tegnologie wat reeds in Australië sukses behaal het, in Suid-Afrika beskikbaar te stel.
Biogastegnologie is nie nuut nie, maar in Suid- Afrika is die voorgestelde stelsels vir groot aanlegte tot dusver as te duur beskou.
Die SA Varkvleisprodusenteorganisasie (Savpo) en die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) is geesdriftig oor die nuutste ontwikkelinge, veral in die lig van Eskom se aankondiging van nóg tariefverhogings. Boerderykonsultante verwelkom ook die samewerkingsooreenkoms.
“Die belangrikheid daarvan is dat dit die eerste bewese biogasstelsel is, spesifiek ontwerp vir lande in die Suidelike Halfrond, wat na Suid- Afrika ingevoer word,” sê mnr. Izak Smit, boerderykonsultant.
Hy voeg by dat soortgelyke stelsels wat vir lande in die Noordelike Halfrond ontwerp is, nie so goed aangepas is vir plaaslike toestande nie soos die Australiese stelsel wat dáár ontwerp en getoets is.
“’ n Verteerder wat goed onderhou word, het ’ n gebruiksduur van langer as 20 jaar en sal sy koste in die eerste kwart van dié tydperk vereffen deur besparing,” sê Izak. “Biogastegnologie is hoogs gevorderd in talle lande, maar in Suid-Afrika word dit nog nie ten volle benut nie.”
Mnr. Sarel Bam, besturende direkteur van Rhino Water, sê die ooreenkoms bied ’n welkome oplossing vir die energiekwessie op plase.
“Landbou-ondernemings kan nie vir lang tye sonder elektrisiteit wees nie,” sê Sarel. “Hul hoë energieverbruikvereistes beteken dat die gebruik van kragopwekkers nie volhoubaar is nie.”
Talle landbou- ondernemings en plase het egter onontsluite toegang tot natuurlike gas wat van dierlike afvalprodukte kom. Die mikpunt is om dié energie- Benewens groter kliënte, soos sake-ondernemings en boere, is huiseienaars ook gretig om fotovoltaïese sonpanele te installeer om stygende elektrisiteitskoste die hoof te bied. FOTO: NEIL PIENAAR, AUDIOVID die vooruitgeskatte inkomste wat biogaskragopwekking hulle bied,” sê Sarel.
Mnr. Jacobus Hoffman, hoofbestuurder van die Savpo-ledegroep Premier Pork Producers, sê die belangrikste vir boere is om ononderbroke kragvoorsiening te hê.
“Die onsekerheid rondom elektrisiteitsvoorsiening het talle varkboere gedwing om die gebruik van alternatiewe kragbronne te ondersoek,” sê hy.
Die ooreenkoms tussen Rhino Water en Quantum Power het die potensiaal om energiekoste by varkplase op lang termyn te verminder, meen Jacobus.
“Savpo is ten gunste van sulke projekte en glo dat dit op die lange duur die bedryf sal bevoordeel. Die eerste keuse van die bedryf is natuurlik om ononderbroke, voldoende krag elke uur van elke dag in die jaar te hê.”
Mnr. Gerhard Schutte, uitvoerende hoof van die RPO, sê dit is tyd vir boere om selfstandiger te wees as dit binne hul vermoë is.
“In die slagplaasbedryf en in die res van die waardeketting waar kouekettingbestuur noodsaaklik is, is die nagevolge van beurtkrag deurslaggewend,” sê Gerhard.
“Enige vorm van onafhanklikheid van hierdie situasie kan groot voordele inhou.”
‘ ’n Biogasaanleg vir ’n groot varkplaas met sowat 30 000 varke, sal tussen 250 kW en 300 kW se ononderbroke krag kan opwek.’
wat hierdie gevoel sal laat groei in die bedryf.
“Dit is natuurlik uiters belangrik om so gou as moontlik nuwe idees en tegnieke toe te pas, voordat jy daarvan vergeet ná so ’n konferensie.
“As jy gaan kyk wat Basil Doonan van Australië gesê het, het Suid-Afrika van een van die
mark het op 10 Junie vir die huidige seisoen op rekordvlakke gesluit. Die markaanwyser was op R141,20/kg ( skoonwol).”
Teenoor die ooreenstemmende tyd verlede jaar het die markaanwyser met 22% gestyg.
Volgens Robert is daar aanduidings dat die “wol- pyplyn” redelik leeg is en dat produksie van oor die wêreld heen ook nie toeneem nie.
China koop sowat 70% van die Suid-Afrikaanse skeersel. Die