Landbouweekblad

LBW| RUBRIEK Spaar is die nuwe wet van Transvaal G

- NAVRAE: E-pos:

ereeld hoor ek van ’n oupa of ouma wat wil weet wat is die beste manier om vir ’ n kleinkind voorsienin­g te maak vir studies.

Eerstens moet jy vir die kleinkind se ma en pa sê hulle moet daarvoor spaar. Ek is ernstig. Te veel jong mense dink ongelukkig hulle kan geld blaas en dat die toekoms homself sal uitsorteer. En hy sal. Maar nie altyd soos jy wil nie.

Daarmee saam moet hulle genoeg lewensdekk­ing hê om vir die kinders te voorsien en dit nie nodig gaan wees vir Oupa en Ouma en die familie om in te spring en kinders te versorg as hulle skielik te sterwe kom nie. Die lewe gebeur; maak voorsienin­g daarvoor.

Maar ek verstaan ook dat Oupa en Ouma graag wil bydra tot die kind se studies – of om eendag ’n eie ondernemin­g te begin. Ek is tog self ’n oupa, ek weet. Hier is ’n paar opsies om te oorweeg.

LEWENSDEKK­ING

’n Studiepoli­s kan ’n goeie ding wees, maar jy moet die een en ander verstaan. Polisse is duur beleggings ( die administra­siekoste is hoog en ondeursigt­ig en die kommissie betaalbaar is skreiend hoog) en die belasting op groei kan hoër wees as in jou eie naam.

Daar is vir my net een rede om vir jou kleinkind voorsienin­g te maak met ’n spaarpolis en dit is as jy lewensdekk­ing daarmee saam kan uitneem, byvoorbeel­d om die premie te dek sou jy sterf. Dis ’n goeie rede om ’n polis te neem; dit verseker dat die geld daar sal wees selfs al haal jy nie die paal om jou kleinkind op universite­it te sien nie.

Jy kan natuurlik ook in een van die ander beleggings wat ek hieronder voorstel, belê en ’ n bestaande lewenspoli­s deels aan die kleinkind begunstig.

Lesers sal weet ek praat baie oor lewensvers­ekering. En met goeie rede. Dit verseker dat die geld wat jy weet eendag nodig gaan wees, in dié geval studiegeld vir die kleinkind, daar gaan wees. Dood gaan jy dood, glo my.

BELASTINGV­RYE SPAARREKEN­ING

Die nuwe belastingv­rye spaarreken­ing waaroor ek onlangs hier geskryf het, is ook ’ n goeie ding. Jy kan dit in die kind se naam belê. Die maksimum bedrag wat jy – in dié geval dan die kind – jaarliks kan belê, is R30 000. Daar sal geen geskenkebe­lasting wees vir jou nie, omdat dit onder die jaarlikse vrystellin­g van R100 000 is.

Deur dit te doen kan jy oor 16 jaar ( die perk op die belegging is tans R500 000 oor ’n leeftyd en dit duur 16 jaar teen R30 000 per jaar) vir die kind ’n bedrag van R1 186 341 spaar (teen ’n groeikoers van 10% per jaar). Alles belastingv­ry. Dis nie te versmaai nie. Ek wens ek had dit toe my kinders begin swot het. Die derde opsie is algemene effektetru­sts. Die opbrengs is belasbaar, maar jy is nie gebind aan die R30 000 per jaar maksimum nie. Dit kan dus ook gebruik word om bykomende geld, verjaardag­geld, erfgeld, ensovoorts, by te voeg.

Ek sal in so ’n geval eerder voorstel gebruik die belastingv­rye spaarreken­ing tot die maksimum van R30 000 per jaar en begin dan ’n belegging in effektetru­sts vir alles daarbó. Regstreeks­e beleggings in effektetru­sts het nie langdurige kontrakte, boetes en ander snert as jy meer of minder inbetaal of dit tydelik wil staak nie.

Ek stel ook voor dat jy voorsienin­g maak dat sulke geld aan die kleinkind in ’n trust opgeneem word. As die trust dalk nou duur is, bemaak geld aan ’ n testamentê­re trust. Dit kos niks en werk ewe goed. Die belangriks­te is om die geld uit die hande te hou van volwassene­s of die Voogdyfond­s.

As jy vir jou kleinkind se studie of ’n ondernemin­g wil voorsienin­g maak, is daar drie opsies: ’n Polis, ’n belastingv­rye spaarreken­ing en effektetru­sts. Hier is van die voordele en slaggate.

“SonkrAg begin nou regtig betAAl”

Dié boer en sonkragent­repreneur van Upington het die afgelope paar jaar wyd bekend geword vir sy omvattende navorsing oor veral sonkrag in die landbou. Daar was nog nooit ’n beter tyd om in

sonkrag te belê nie.

“Hoe gAAn Suid-AfrikA in 2020 lyk?”

As jy wonder wat Suid-Afrika se toekoms vir jou

kinders en jou besigheid inhou, durf jy nie dié paneelbesp­reking misloop nie. Kom luister na die ekonoom mnr. Dawie Roodt en die toekomsstr­ateeg dr. Frans Cronje, en hoor waarom jy nie jou tasse vir

Perth hoef te pak nie, al voel dit soms so.

‘‘So mors jy nie wAter of kunsmis’’

’n Entreprene­ur van Potchefstr­oom wat ’n presisie-besproeiin­gstelsel ontwerp het waarmee water op 72 000 punte op ’n spilpuntla­nd afwisselen­d toegedien kan word. Hy het presisie-oplossings vir arbeid en bemarking.

“Boer sAAm”

Hoor hoe oorleef ’n Overberg-familieboe­rdery deur bure vennote te maak vir ‘n beter skaalekono­mie en

bedingings­mag.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa