ESKOM SE HOËR TARIEF KAN LANDBOU LELIK KNOU
van een persent in die landbou kan meebring dat Suid-Afrika se bruto binnelandse produk met 3% daal, sê mnr. Alan Winde, die Wes-Kaapse minister van ekonomiese geleenthede.
Winde het ’n geskrewe vraag oor die ekonomiese impak van die voorgestelde hoër elektrisiteitstarief en beurtkrag in die Nasionale Raad van Provinsies geantwoord. Eskom stel voor dat ’n tariefverhoging van 25,3% vanjaar ingestel moet word.
Winde sê so ’n styging, tesame met beurtkrag, sal miljarde rande se verliese vir die Suid- Afrikaanse ekonomie meebring.
As ’ n produktiwiteitsverlies ondervind word, styg die verbruikerspryse van primêre landbouprodukte met 0,21% vir vrugte en groente en 0,33% vir diereprodukte. Die pryse van ver werkte l andbouprodukte kan dan met 0,35% vir graanmeelprodukte en 0,97% vir vleisprodukte styg.
Die volume van landbouproduksie kan met 1,54% afneem, die uitvoer van l andbou- en voedselprodukte kan met 3,12% daal, en huishoudelike en arbeidsinkomste kan met onderskeidelik 2,81% en 2,7% afneem.
Winde sê ’n impakstudie van die Wes- Kaapse departement wys dat die afnames tot ’ n verlies van meer as 129 000 werkgeleenthede kan lei.
GROEI LY
Ontleders van Deutsche Bank dui aan dat ’ n tariefverhoging van 25% vir Eskom Suid-Afrika se ekonomie van R10 miljard tot R16 miljard kan kos, en groei op mediumtermyn met 0,2% tot 0,4% kan sny.
Die energiekenner mnr. Chris Yelland skat f ase 1- beurtkrag kan die ekonomie R20 miljard per maand kos, tot R40 miljard per maand in fase 2 en R80 miljard vir fase 3-beurtkrag.
Winde sê ’n twee uur lange kragonderbreking kan maklik daartoe lei dat vier uur verlore gaan. “Duur masjinerie moet dikwels voor die tyd afgeskakel word. Die af- en aanskakelingsproses is ingewikkeld en baie tydrowend.”
As gevolg van beurtkrag kan besproeiing in sommige gevalle nie optimaal plaasvind nie, wat bydra tot bykomende verliese.
Dit is ook nie finansieel lewensvatbaar om noodkragopwekkers vir alle landboubedrywe te installeer nie, sê Winde.