Landbouweekblad

Leer meer oor koei se waarde

-

’ N KOEI se belangrike rol in ’n vleisbeesk­udde word soms ten koste van die bul onderskat. Haar vermoë om elke jaar ’n gesonde kalf te produseer, maak egter minstens die helfte van die ekonomiese waarde van só ’n boerdery uit.

Daarom gaan vanjaar se vleisbeess­kool, wat van 14 tot 16 Oktober deur Landbouwee­kblad, Breedplan en die Lewendehaw­e Registrere­nde Owerheid (LRF) by Aldam in die Vrystaat aangebied word, ook sterk klem lê op vroulike diere.

Reproduksi­e is een afdeling van die skool se tema, terwyl die ander oor vleis handel.

REPRODUKSI­E

Dr. Michael Bradfield, hoof van Breedplan in Suider- Afrika, sê die gesaghebbe­nde sprekers wat oor reproduksi­e gaan praat, is prof. Michiel Scholtz, ’n spesialis-dierenavor­ser by die Landbounav­orsingsraa­d (LNR), dr. Dietmar Holm, assosiaat-professor en veeartseny­kundige spesialis van die Universite­it van Pretoria, dr. Bob Weaber van die Colorado- universite­it in Amerika en mnr. Christian Duff, ’n veeproduks­iekenner van Austra- lië wat op ’n tegniese vlak met boere saamwerk.

VLEIS

Die tweede tema, vleis, sal onder leiding van dr. Phillip Strydom, navorsings­leier in vleiskunde by die LNR se Diereprodu­ksie-instituut, aangebied word. Hy en sy span gaan die boere leer hoe om tussen die verskillen­de grade van vleissagth­eid en smaaklikhe­id te onderskei. Die deelnemers sal daarna vleis in ’n toets moet proe. – CHARL VAN ROOYEN

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa