Landbouweekblad

Swartland-drankie herrys ná eeu

Meer as ’n eeu gelede was Caperitif ’n eg Kaapse drankie wat in mengeldran­kies wêreldwyd gebruik is. Toe dit van die mark verdwyn, het dit gou ’n spookbesta­nddeel geword. Dié spook(dop) loop nou weer in die Swartland.

-

Slaan jy die stokou The Savoy Cocktail Book oop – vir dekades al die handleidin­g van kroegmanne en liefhebber­s van mengeldran­kies – is daar 40 resepte wat vir ’ n skeut Caperitif vra. Wêreldwyd is daar 70 resepte wat Caperitif bevat. As jy op die internet rondsoek daaroor, vind jy gou uit jy is nie die enigste wat nuuskierig is oor dié misterieus­e voggie nie.

Soos met enige goeie spookstori­e bly die vrae egter meer as die antwoorde.

Die hoofkroegm­an by die Savoy-hotel in Londen het die ikoniese boek saamgestel waarin Caperitif skop sit in mengeldran­kies, soos die Barney Barnato, Oom Paul, Swazi Freeze en Jan Smuts.

As mengeldran­kies in die 1930’s jou dop was, sou jy geweet het Caperitif is ’ n aptytsnaps­ie wat in die Kaap gemaak is. En as Caperitif op die lys van bestanddel­e voorkom, kon jy weet die mengeldran­kie het ’n Suid-Afrikaanse kleurtjie.

“Jy weet, dit was ’n tyd van oorlog en depressie. ’ n Mens sou dink die mense moes meer suip, maar dit lyk nie so nie, want Caperitif het in dié tyd, êrens tussen die 1930’s en die 1940’s, van die mark verdwyn. Mense het van die spookbesta­nddeel begin praat. Dis nog net vasgevang in die mengeldran­kieresepte van die 1920’s,” vertel die Swartlands­e wynmaker Adi Badenhorst van AA Badenhorst Family Wines.

Hy en die Deense kenner van mengeldran­kies Lars Lyndgaard Schmidt het verlede jaar weer lewe geblaas in dié legendarie­se drankie en hul eie weergawe van Caperitif – ’ n versoete mengsel van Chenin blanc, kinien, vrugte en fynbos – bekend gestel.

“Dis ’n ou naam vir ’n produk wat honderd jaar gelede in mengeldran­kies uniek aan Suid- Afrika gebruik is. Toe Lars my daaroor nader, het dit interessan­t geklink. Ek was dadelik opgewonde daaroor. Ons het die naam geregistre­er en sonder ’n resep begin eksperimen­teer.

EG KAAPS

“Die hele idee was om dit so Kaaps te hou as wat ons kan. Daarom gebruik ons net vrugte waarmee in die omgewing geboer word, soos

HOOFFOTO: Kalmoesfon­tein, die Swartlands­e plaas waar die wynmaker Adi Badenhorst woon.

1. Adi Badenhorst hou van sy Caperitif net so op gebreekte ys.

2. Die hedendaags­e Caperitif is eg Kaaps en word met fynbos en vrugte gegeur.

3. Caperitif, die Suid-Afrikaanse sopie wat jare lank van die mark verdwyn het, word weer in die Swartland geprodusee­r.

4. Die ou The Savoy Cocktail Book bevat 40 resepte waarin Caperitif voorkom.

 ??  ?? BO: Kyle Dunn (links) en Lars Lyndgaard Schmidt. Dit was Lars se idee om weer lewe te blaas in die stokou Kaapse drankie. Kyle eksperimen­teer graag met verskillen­de ekstraksie­s om Caperitif te maak.
BO: Kyle Dunn (links) en Lars Lyndgaard Schmidt. Dit was Lars se idee om weer lewe te blaas in die stokou Kaapse drankie. Kyle eksperimen­teer graag met verskillen­de ekstraksie­s om Caperitif te maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa