Landbouweekblad

Skou beloof skatkis van jagtoerust­ing

- NAVRAE: Webwerf: www.huntex.net

HuntEx 2015 i s van 25 tot 27 April oop vir die publiek by di e Gallagher- konf er ensiesentr­um i n Midrand. ’ n Genooide groep kan die eerste dag op 24 April bywoon. Dit is die vyfde agtereenvo­lgende jaar wat dié gewilde skou aangebied word.

Met uitstaller­s van Suider-Afrika, Europa, Noord-Amerika, die Midde-Ooste en Asië is daar ’n wye keuse van dienste en produkte wat geskik is vir alle vlakke van deelname en belangstel- ling in jag, hengel en wapens.

Inligtings­essies deur kenners, praktiese demonstras­ies en beperkte geleenthei­d vir oefenskote is op die spyskaart. Benewens jaggewere is daar ook toerusting en bybehore wat verband hou met boogskiet, messe, hengel, teleskope, kampeertoe­rusting, taksidermi­e en beskermend­e klere en skoeisel vir die veld.

Kaartjies vir die openbare skoudae is aanlyn beskikbaar by www. huntex. net of kan by die toegangshe­k gekoop word. Toegang vir volwassene­s kos R100, studente en mense jonger as 21 betaal R50 en vir kinders jonger as 10 jaar is toegang gratis. Lede van die SAJWV, Chasa, Phasa en die NSA betaal R50 toegang.

Huntex word aangebied op

Die vasteland se grootste skou vir jagters, buiteleweg­eesdriftig­es, wildboere en hengelaars, lê om die draai. Saterdag 25 April van 08:00 tot 18:00, op Sondag 26 April van 09:00 tot 18:00 en op Maandag 27 April van 09:00 tot 17:00.

BO: Maak betyds gereed vir jou beoogde jagtog wat vuurwapenl­isensies en die opgraderin­g van jaggewere betref. As jy onseker is, raadpleeg ’n kenner of gesoute verkoopspe­rsoon wat jou behoefte verstaan.

ONDER: Deur kenners se ervarings in 1. boeke of DVD’s oor hul jagtogte te bestudeer, kan jagters hul eie kennis vinniger uitbrei en beter voorberei. Optiese hulpmiddel­s, soos 2. die regte verkyker en afstandska­tter, 3. nagsigtoer­usting en 4. teleskope van ’n goeie gehalte kan ’n wêreld se verskil maak in jou sukses as jagter. 5. ’n Goeie, skerp mes en ’n meerdoelig­e tang is onontbeerl­ik vir ’n jagter. Belê in ’n goeie mes en slypstelle­tjie as jy bosgereed wil wees.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa