Landbouweekblad

Bewaar wild vir die volgende geslag

-

Die waarde van diere het in die jongste jare baie gestyg, sê mnr. Fred Camphor, uitvoerend­e hoof van die SA Jagters- en Bewaringsv­ereniging. “Jag, as dit eties en reg gedoen word, is een van die suiwerste vorme van die volhoubare benutting van die natuurlewe.”

Hy het Botswana as voorbeeld gebruik waar trofeejag verbied is. “Die oomblik as wild nie ekonomiese waarde het nie, is daar ’ n duidelike afname in wildgetall­e.” Daarom voel hy dat etiese en verantwoor­delike jag onlosmaakl­ik deel is van die groot bewaringsg­eheel.

Dr. Herman Els, uitvoerend­e hoof van die National Shooting Associatio­n, sê as wild kommersiël­e waarde het, sal dit nie op die swartmark soveel waarde hê nie. “Die bewaringsk­omponent van jag het gewoon te make met die lewering van geld, veral op jagplase. Dit is verreweg nie die grootste bron van inkomste vir wildboere nie.”

’n Mens kry drie tipes wildboere, sê Herman. “Jy kry ouens wat hul diere wild aanhou op ’n groot genoeg stuk grond. Dan kry jy wildboere wat diere teel vir die uitvoermar­k van vleis. Dit is veral ’n groot bedryf in Nieu-Seeland. Suid-Afrika beweeg in daardie rigting.

“Die derde tipe is die boer wat beeste het, maar ook wild aanhou op sy plaas wat ’n heining het. Dit is hoe ons in Afrikaans ’n wildboer beskryf. Jag maak waarskynli­k ook nie die grootste komponent van die wildboerbe­dryf uit nie. In hierdie stadium is veilings die grootste bron van inkomste,” sê Herman.

Maar, gaan hy voort, as jy nie wild beheer en jaarliks jag nie, kan jy dit nie goed bestuur nie.

Die goeie bestuur van die omgewing is vir Fred ook van groot belang – nie net vir die diere nie, maar ook ter wille van die nageslag. “Ek het ’n filosofie: Ons moet die natuur verantwoor­delik gebruik en benut, sodat ons die natuur kan agterlaat soos dit is vir ons kinders.”

Verantwoor­delike jag beteken vir Fred dat ’n jagter slegs uit die natuur neem wat hy gaan gebruik of wat vir die bestuur van die natuur noodsaakli­k is. “’n Sekere getal diere word per jaar geskiet in verhouding tot die hoeveelhei­d grond wat jy het. Dit is sinvolle en goeie bestuur van die natuur. Jy moet ook slegs jag vir die hoeveelhei­d vleis wat jy nodig het en niks meer nie.

“Daar is baie meer wild vandag in die land as wat daar vroeër was omdat dit benut word. Jag lewer ’n bydrae daartoe omdat dit vir boere ’n inkomste skep,” sê Herman.

Wanneer wild volhoubaar benut word, verkry dit ’n ekonomiese waarde. Dit dien dan as aansporing vir boere en gemeenskap­pe om wild te bewaar. ‘Jy moet slegs jag vir die hoeveelhei­d vleis wat jy nodig het en niks meer nie.’

diere aanhou nie. Die oomblik wat jy die habitat begin beskerm, kom jy uit by biodiversi­teit. Wildboerde­ry as sodanig, waarvan jag deel is, is nie noodwendig toegespits op bewaring nie. Wildboere kan dit nie bekostig om wild op hulle plase aan te hou net omdat hulle dit wil aanhou en beskerm nie. Die boere moet ’n inkomste daaruit kan verdien.”

Verder meen Herman is daar ’n reusemark vir wildsvleis in restau- rante – iets wat reeds algemeen in Amerika en Europa is, maar wat nog nie in Suid-Afrika werklik posgevat het nie. “Wildsvleis is in sekere plekke al deel van die voedselket­ting. En as ’n mens dink aan waar ons woon, sou ’n mens verwag dat dit hier ook die geval sou wees. Suid-Afrika se wildbedryf het egter nog nie in daardie rigting ontwikkel nie.”

Die ontwikkeli­ng van vleisprodu­ksie sal nog meer waarde aan wild heg, wat ook tot die uiteindeli­ke bewaring van wild sal lei.

’n Mens kan op twee maniere na die bewaring van wild kyk, sê Herman: Óf die puristiese manier óf die benuttings­manier. “In Suid-Afrika is die amptelike beleid bewaring deur volhoubare benutting. En dit is ook reg so omdat jy regtig ontset- tend ryk moet wees om bewaring ter wille van bewaring te doen. In Amerika en ook in Europa kan hulle dit so doen – bewaring ter wille van die natuur waar jy dan eintlik preserveri­ng of instandhou­ding toepas.

“Wanneer jy die natuur bestuur ter wille van volhoubare benutting, word dit iets anders wat nie inpas by die puristiese benadering tot bewaring nie. In Suid-Afrika is daar geen plek waar diere werklik wild en vrylik beweeg nie.”

Herman en Fred meen al twee dat die bewaring van diere slegs suksesvol sal wees wanneer die mense daaruit bevoordeel word. Daarom moet gemeenskap­pe betrokke gemaak word sodat hulle uit die bewaring van wild ’n inkomste kan kry. Dus, as die habitat nie opgepas word nie en onwettige jagters die diere verwilder, sal dieregetal­le vinnig begin agteruitga­an. Gevolglik sal die aanhou van die diere nie meer volhoubaar wees nie en ook nie ’n voordeel vir die gemeenskap inhou nie.

“En dit is hoe jy biodiversi­teit kry,” sê Herman. “’n Wildboer het sy plaas, hy hou sy diere op die plaas aan, hy beskerm hul habitat en dan kom jag mense op die plaas of hy verkoop sy wild op ’n veiling en só verdien hy ’n inkomste.”

Die uiteinde van die saak, sê Fred, is dat mense op ’n verantwoor­delike wyse met die natuur moet omgaan. “Dit beteken die natuur word gebruik en nie óórgebruik nie. Gebruik dit só dat die bron nie uitgeroei word nie.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa