NutriFibre, t egnologie vir optimale voer vanaf j ou l and
Barenbrug bied jou hierdie geleentheid met NutriFibre tegnologie: Die nodige vesel en voedingswaarde gekombineer in ‘ n enkele produk. Dit verseker dat jy groot hoeveelhede voer kan oes met voldoende energie vir hoogs produktiewe melk – en vleisproduksie. Die geheim agter NutriFibre is sagteblaar langswenkgras. Dit mag ‘ n bietjie vreemd klink, want Langswenkgras word tradisioneel beskou as ‘ n spesie wat hoog is in vesel met ‘ n lae voedingswaarde en diere inname. Barenbrug se telers het egter ‘ n sagteblaar- geen ontwikkel wat die tradisionele veselagtige eienskappe van langswenkgras ver vang en kombineer met hoë opbrengste en voedingswaarde. Hierdie kombinasie tesame met die verbeterde smaaklikheid van die sagteblaar langswenkgras spesies dra by tot beter voerinname.
Di e l andbou was verlede jaar gekenmerk deur talle “raak voorspellings” – veral in die rooivleisbedryf en in besonder wat betref produsentepryse vir skaap- en beesvleis, sê mnr. John Dürr, voorsitter van die Wes-Kaapse tak van die Rooivleisprodusente-organisasie.
’ n Kudde- opboufase is nou volstoom aan die gang ná die droogte in veral die westelike dele van Suid-Afrika en Namibië ná wydverspreide reën. Met die ter perse gaan blyk dit dat daar in sommige dele van Noordwes steeds druk is op weiding en mielie- aanplantings weens die droogte wat nie gebreek is nie. Dit plaas druk op die moontlike kuddeboufase.
John sê in ’n droogte is dit nor-
Dit gaan goed met die rooivleisbedryf in die Wes-Kaap omdat die verbruik van vleis toeneem. Mnr. John Dürr meen daarom Wes-Kaapse produsente kan met vrymoedigheid die produksie van skaap- en beesvleis uitbrei.
wel die nasionale kudde in dié tyd met 6% van 23 miljoen tot 21,6 miljoen afgeneem het.
Dié afname kan volgens Loffie aan talle faktore toegeskryf word. Veediefstal en probleemdiere veroorsaak dat boere van hul skaapkuddes ontslae raak, wat veroorsaak dat die bestryding van probleemdiere afgeneem het. Die oorblywende kleinveeboere sit nou met meer probleme met roofdiere.
Om skaapvleisproduksie produktiewer te maak en produksie op te stoot, raak dit arbeidsintensiewer en dus duurder. “Ons glo dat die skaalekonomie hier kan meehelp. Plase in die intensiewe saai- en vrugtegebiede het gewoonlik meer arbeiders as ekstensiewe veeplase. Arbeid kan dus met groter intensifisering van veeboerdery produktiewer deur die hele jaar aangewend word. Bewyse hiervan is te sien in die Swartland en die Suid-Kaap,” sê John.
Loffie sê die totale verbruik van skaapvleis het vanaf 159 000 ton in 2001 tot 185 000 ton in 2013 toegeneem. Die verbruik per kop was konstant op 3,3 kg.
“Die groter koopkrag van die groeiende middelklas is daarvoor verantwoordelik. Op my besoek aan die Suid-Kaap het ’n slagtersakeman, wie se slaghuis in die middelinkomstegebied van ’n dorp is, vertel sy omset het die afgelope paar jaar met meer as 200% gegroei,” sê John.
Wat beesvleis betref, sê Loffie dat die vraag daarna veel vinniger as dié van skaapvleis gestyg het – van 554 000 ton in 2001 tot 892 000 ton in 2013 – terwyl die verbruik per kop geklim het vanaf 12,69 kg in 2001 tot 17,07 kg in 2013. Kommersiële beesgetalle het in dieselfde tyd redelik konstant gebly op 8,3 miljoen, terwyl die produksie van 2001 BO: Die vraag na beesvleis het tussen 2001 en 2013 drasties gestyg – veel meer as dié na skaapvleis. Beesvleisproduksie het tussen 2001 en 2013 met 63% toegeneem. FOTO: JOHAN COETSEE