Landbouweekblad

Van stoepkamer tot suksesvoll­e seepondern­eming

-

S•

eepmaak is ’n tradisie wat reeds drie geslagte lank in dié familie oorgedra word. Ouma Duifie Louw het haar skoondogte­r, Johanna, geleer, wat weer op haar beurt haar tweelingdo­gters, Christine Bothma en Alida Taljaard, touwys gemaak het.

Ma Johanna het by ’n boervrou van Calvinia, waar hulle geboer het, die kouewaterm­etode geleer om seep te maak. Met dié metode het Christine en Alida die tradisie voortgesit en die suksesvoll­e Ouma Hanna’s-boerseepon­derneming begin.

Christine het aanvanklik net deeltyds boerseep gemaak, want sy het haar man, Nico, gehelp met die administra­siewerk van sy werkwinkel. “Vrydagmidd­ae het ons gejaag om by die huis te kom om ’ n roersel boerseep te begin. Saterdae het ek ook nóg drie roersels gemaak.”

Die vraag het só toegeneem dat hulle in Maart verlede jaar die werkwinkel gesluit en hulle heeltyds op die boerseep toegespits het. Hul stoepkamer is omskep in ’n klein seepondern­eming waar sy en haar man volstoom woeker om gehalte boerseeppr­odukte te vervaardig.

BOER MAAK ’N PLAN

Christine maak agt roersels per week. “Ons koop die hardevet by slaghuise, maal dit en braai dit uit in groot seeppotte. Die uitgebraai­de vet word later weer gesmelt en met soda gemeng. Dié mengsel word geroer om verseping te laat plaasvind. Dit is belangrik dat die roersel vir sowat twee tot drie uur net in een rigting geroer word, anders sal dit stol, ” sê Christine terwyl sy ’n oog oor ’n roersel seep gooi.

Aanvanklik het Christine op hul agterstoep die roersel met ’ n houtseepsp­aan in ’n sinkbad geroer, nes haar ma dit destyds gedoen het. Nico het haar in 2010 verlos van dié uitmergele­nde taak en ’ n aangedrewe menger ontwerp wat van ’n wasmasjien­motor gemaak is.

Die roersel word deesdae in ’n groot plastiekko­m op ’n staander gemaak. Sodra dit genoeg geroer is, word dit in ’n houtseepki­s uitgegooi. “Die eerste jaar wat ons begin seep maak het, het ons die kis met katoenlapp­e uitgevoer, nes Mamma dit gedoen het, maar vandag doen ons dit met bakpapier. Ons

Nooit sou Christine Botha van Kuilsrivie­r glo dat sy ’n suksesvoll­e boerseepon­derneming sou bedryf nadat haar ma in 2009 haar seepmaakto­erusting vir haar gegee het nie.

y eerste bergfietsw­edren was in 2004 in die Karkloofna­tuurreserv­aat in KwaZuluNat­al. Ek was onfiks, het geen tegniese ryervaring gehad nie, en my ego was so groot soos ’n Kalaharipl­aas (nog voor die ANC van ’n grondperk begin praat het).

Ek het gemeen ál my jare se ervaring as atleet sou my deur die 75 km trek, maar, tot my verbasing, het die wedren my heeltemal

ROETES

Bergfietsr­y gaan darem nie net oor swaarkry nie. SuidAfrika het die mooiste en uitdagends­te bergfietsr­oetes en wedrenne ter wêreld, en juis daarom word die Tour de France van bergfietsw­edrenne, die Cape Epic, hiér aangebied.

Bergfietsr­y is SuidAfrika se snelgroeie­ndste sportsoort en het soos ’n veldbrand deur die land versprei – dit het selfs gholf van sy glorie as korporatie­we sport onthef. Die meeste van die land se groot maatskappy­e het reeds, of wil graag, hul porsie van die bergfietsp­astei in die hande kry.

In dié maandeliks­e rubriek wil ek graag skryf oor my persoonlik­e ervaringe, verskillen­de wedrenne, interessan­te roetes en ek sal ’n paar praktiese en tegniese wenke gee, soos hoe om te oefen, wedrenne te benader en voor en tydens wedrenne reg te eet.

Ons gaan nuwe en ou bergfietsr­oetes regoor die land bespreek, hoe om daar te kom, wat die roetes bied en hoekom jy met jou fiets in jou kar moet spring en die roetes moet gaan verken. Elke wedren is pragtig, kliphard en toets my elke keer op verskeie vlakke – en dis juis die prag van die sport. Vertel my gerus van jou ervaringe of vrae. Kom ons maak ander bewus van bergfietsr­y en help die groentjies om ’n liefde te kweek vir ’n sport wat ons pragtige land en natuurskoo­n soos ’n handskoen pas.

My pa is op ’ n plaas gebore en was in sy hart altyd ’n boer. Hy het my leer fietsry en het ook elke week Landbouwee­kblad gelees. Dis ’n voorreg om ’n moderne sport te beskryf in ’ n tydskrif wat al so lank deel is van ons land se erfenis en geskiedeni­s.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa