‘Ek wil met boere praat’
Sedert mnr. Senzeni Zokwana die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye geword het ná die verkiesing byna ’n jaar gelede, het hy onderneem om sy deur oop te maak vir die landbousektor sodat probleme saam opgelos kan word. Landbouweekblad het dié skaapboer ’n paar vrae gevra.
Kan die landbou ’n rolmodel vir nasiebou word?
Een van die instrumente wat die apartheidsregering gebruik het om mense uit mekaar te dryf en van grond te ontneem, is die Wet op Naturelle-grondbesit van 1913. Om dus wit boere te vra om swart boere te help, is ’n manier om dit aan te pak sodat harmonie bewerkstellig kan word.
Ek is baie tevrede met die werk wat die Nasionale Wolkwekersvereniging doen. Hy het veeteeltprogramme om swart boere te ondersteun. Hy sit ramme van gehalte by die gemeenskappe se kuddes sodat beter diere met beter wol geproduseer kan word.
Met dié s amewerking ontstaan ’n band tussen mense van verskillende agtergronde. ’n Boer is ’ n boer, ongeag sy velkleur. As jou skape siek is, voel jy pyn, dit maak nie saak of jy wit of swart is nie. Deur saam te werk en ons kennis aan mekaar oor te dra, kan ons die mark laat groei.
Ek wil met boere praat en hul sienings hoor. ’n Mens moet debatteer en mekaar verstaan. Die Regering het dit reeds duidelik gemaak dat ons nie ten gunste van onteiening sonder vergoeding is nie.
Grondhervorming móét egter plaasvind, want ’n plaaswerker kan nie ’n plaaswerker bly tot hy doodgaan nie.
Wat is jou siening oor ’n nasionale minimum loon?
Boere moenie die nasionale minimum loon as ’n bedreiging sien nie. Hulle moet hul bydraes lewer en onderhandel oor wat hulle kan bekostig. Jy kan byvoorbeeld nie verwag dat ’n kleinboer dieselfde as ’n kommersiële boer betaal nie. Al hierdie aspekte moet in ag geneem word.
Ons departement van landbou se plig is om markte oop te maak. Daarom is ons verlede jaar na China om ’ n ooreenkoms aan te gaan dat dié land mielies uit Suid-Afrika invoer.
As ’ n boer byvoorbeeld ’n produk uitvoer, maar sy werker slegs R10 per dag betaal, dan loop hy die risiko dat daardie werker hom nie tot sy werk sal verbind nie.
Identifiseer jou departement plase vir die 50/50-beleid?
Ons is slegs deel van die debat in dié sin dat ons die plase moet monitor en seker maak dat landbouproduksie plaasvind. Die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming is die leier daar. Ons raak betrokke sodra grond aangeskaf is.
Wat kan gedoen word om boere deur die droogte te help?
Ons moet ons besproeiingstelsels verbeter sodat boere in saaigebiede nie net op die reën staatmaak vir hul produksie nie.
Gesprekke sal daaroor gevoer moet word, want sodra daar ’n tekort is wanneer ’n gewas geoes word, is ons geneig om prysverhogings te beleef, wat ’n impak op voedselsekerheid het.
’n Leser wil weet of ministers nog ’n doel het en of daar nie sommer regstreeks met Luthulihuis geskakel moet word nie?
Luthuli-huis formuleer beleid vir die regerende party. Ministers hanteer wetgewing, s o ons skakel byvoorbeeld met boere. Wat grondhervorming betref, was daar baie interaksie met boere en ons kon mekaar vind s onder di e i nmenging van Luthuli-huis. Die kennis van boerdery lê nie by die voorligtingsbeampte nie, maar by die boer langsaan wat die grond en weerstoestande ken. Ons het met Agri SA en ander landbou-unies gepraat en gesê ons moet harmonie in die plaasgemeenskap bewerkstellig en boere aanmoedig om mentors te word.
’n Goeie voorbeeld is die boere van Dicla-plaas in Krugersdorp wat die boere langs hulle help. Dit bring harmonie tussen boere en verminder spanning tussen swart en wit.
Deur saam te staan kan ons ’n teenvoeter wees vir die misdadigers wat boere aanval en hulle vermoor.