Verskuifbare hok vang tot 10 kese op ’n slag
Bobbejaantroppe het min werklik natuurlike vyande wat hul getalle in bedwang kan hou. Troppe van 100 of meer kese kom algemeen voor in feitlik alle dele van Suid-Afrika. Hulle kan verwoesting saai by skaapen boktroppe, in boorde en op landerye.
“Soos daar spuitprogramme bestaan om plae en parasiete te bekamp, behoort die bestryding van ongediertes – en dus ook die bekamping van bobbejane – volgens ’n vaste program aangepak te word. Dit kan help om te keer dat daar in besige groei- en lamtye op die plaas boonop aandag aan die bestryding van probleemdiere gegee hoef te word.”
Só sê mnr. Joseph Steyn van die plaas Rietfontein naby Prins Albert, diep in die Groot-Karoo. As skaapboer het hy gereeld deurgeloop onder bobbejaan-aanvalle.
Mnr. Thys Delport, voorsitter van die Wes-Kaapse tak van die Nasionale Wolkwekersvereniging, het by navraag gesê bobbejane is ’n groot problem, veral in die Karoo. “Die uiesaadprodusente en vrugteboere in plekke, soos Prins Albert en Merweville, het ’n groot probleem. Volgens boere kom troppe van tot 300 bobbejane voor.”
MAKLIK VERSKUIFBAAR
gedurig verskuif moet word, want bobbejane is slim diere en leer gou om ’n hok te vermy wat altyd op een plek staan. Elke hok kan ook net een bobbejaan op ’n keer vang. Dan moet dit eers leeggemaak word voor dit weer gebruik kan word.
“Die skuif van sulke hokke tussen verskillende bobbejaantroppe was nog altyd
Kleinveeboere loop deur onder rooijakkalse en rooikatte wat skape en lammers vang, maar bobbejane veroorsaak bykans net soveel skade, veral in die Karoo. Mnr. Joseph Steyn het ’n verskuifbare bobbejaanvanghok gebou om die kese op sy plaas onder beheer te hou. Tradisioneel word vanghokke uitgeplaas. Die grootste probleem is egter dat die hokke
NOG ’N INSKRYWING IN ONS KOMPETISIE VIR BOEREPLANNE EN -PATENTE WAT WERK. ELKE MAAND WORD TWEE WENNERS AANGEWYS. HULLE WEN ELK ’N KONTANTPRYS VAN R1 000.