Landbouweekblad

NUWE REGULASIES HUPSTOOT VIR VISBOERDER­Y

- INLAS:

Veranderin­ge aan omgewingsr­egulasies vir die akwakultuu­rbedryf help om die regulering en burokratie­se vereistes vir dié soort projekte effens te verslap.

Mnr. Etienne Hinrichsen, ’n bedryfskon­sultant, meen die veranderin­gs is gering, maar baie betekenisv­ol vir die vooruitgan­g van die bedryf in sy geheel. Dit is sedert 8 Desember van krag en op omgewingsi­mpak-evaluering (OIE) van toepassing.

Boerderye wat meer as 20 ton vis per jaar produseer, kan nou met net ’n eenvoudige OIE om goedkeurin­g aansoek doen.

Kragtens die vorige regulasies was akwakultuu­r die enigste diereprodu­ksiebedryf wat nog aan ’n volledige bestekopna­me en omgewingsi­mpakstudie onderworpe was, sê Etienne. Ander diereprodu­ksie-projekte moes slegs ’n eenvoudige OIE doen.

Hy verduideli­k dat die aangepaste regulasies die koste en tyd sal verminder om nuwe akwakultuu­rondernemi­ngs op die been te bring. Dit behoort die bedryf aantreklik­er vir nuwe toetreders te maak.

Dit sal nogtans merendeels tot voordeel van die groot ondernemin­gs wees en klein en opkomende boere nog nie veel help nie.

Etienne sê dit is onwaarskyn­lik dat kleiner visboere onvoorsien­e skade aan die omgewing sal aanrig gegewe die skaal van akwakultuu­r in Suid-Afrika.

“Openbare deelname is steeds ’n komponent van die eenvoudige OIE, en die omgewingso­werhede behou steeds die reg voor om ’n vollediger omgewingsi­mpakstudie vir projekte in sensitiewe gebiede te vereis.

“Alle projekte in ’n sensitiewe ekostelsel, ongeag die skaal, het nog altyd ’n OIE nodig gehad. Dit bly ingevolge die nuwe regulasies die geval.

“Die fout wat mense maak, is om aan te neem hulle is van alle goedkeurin­g ingevolge ander wette, soos die water- en biodiversi­teit- wette, gevrywaar as hulle ’ n projek van minder as 20 ton per jaar bedryf. Dit is nie die geval nie. Hulle kán kragtens daardie ander wetgewing verantwoor­delik gehou word,” waarsku Etienne. – JOHAN VAN DER MERWE

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa