Landbouweekblad

BESTE TEGNOLOGIE VAN ISRAEL HIER TE SIEN

- – LUCILLE BOTHA

ISRAEL, wat weens skaars natuurlike hulpbronne gedwing word om nuwe metodes, tegnologie en produkte te ontwikkel, speel in April gasheer vir die 19de Agritech- ekspo, ’ n belangrike toonvenste­r vir internasio­nale landbouteg­nologie.

Die ekspo sal veral oor na-oespraktyk­e handel. Israel word as wêreldleie­r in die veld van landbouteg­nologie beskou en Agritech, wat elke drie jaar plaasvind, bied ’n blik op dié interessan­te bedryf. Daar sal honderde voorbeelde van Israeliese tegnologie te sien wees wat onder meer met kweekhuise, besproeiin­g, waterbestu­ur en melkboerde­ry te doen het.

“Israel se strewe om meer te produseer met minder hulpbronne het gelei tot ’n kleiner arbeidsmag. Ons gebruik minder grond en meer as die helfte minder water, maar ons produseer drie tot vier keer meer kos. Hoe doen ons dit? Met tegnologie, natuurlik. Ons moet nuwe hulpbronne en tegnologie ontwikkel,” het mnr. Gilad Peled van die land se Uitvoerins­tituut oor dié klein, waterarm landjie in die Midde-Ooste aan ’n groep internasio­nale joernalist­e gesê.

Volgens me. Dani Meiri, hoofbestuu­rder van Agritech NPO, is daar verreikend­e ekonomiese en klimaatsve­randeringe in die landboubed­ryf wat ’n invloed op gewasprodu­ksie en die waarde van ’n oes het.

“Dit noodsaak ons om in na-oesstelsel­s te belê. Dié stelsels is nogal uiteenlope­nd. Ons wil ’n platform skep om daardie metodes en prosesse ten toon te stel. Ons gaan op die ekspo meer uitstaller­s hê wat in na-oes en voedselver­werking spesialise­er. Ons bied ook ’n konferensi­e met internasio­nale sprekers en werksessie­s daaroor aan.”

Agritech 2015 vind van 28 tot 30 April by die handelskou-enkonvensi­esentrum in Tel Aviv plaas. Vir nog inligting besoek

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa