Landbouweekblad

BOERE MOET DIE WÊRELD RED!

-

Kyk, Suid-Afrika het sy probleme, maar die wêreld het nog groter probleme. Verlede week lees ek oor twee groot wetenskapl­ike studies wat bevind het vier van die nege wêreldwye stelsels wat lewe op die aarde onderskraa­g, het nou amptelik alle veilige perke oorsky. Die groot probleme is mensgemaak­te klimaatsve­randering, die verval van ekostelsel­s, die agteruitga­ng van grondgebru­ikstelsels en die hoeveelhei­d fosfor- en stikstofku­nsmis wat in die oseane beland.

Die waarheid is dat die wêreld in die afgelope 60 jaar meer verander het as in die voorafgaan­de 10 000 jaar! Verstedeli­king het sedert 1950 sewe keer toegeneem, energiever­bruik het met ’n faktor van vyf vermeerder, en terwyl agt keer meer kunsmis gebruik word, beland vier keer meer daarvan in die oseane as 60 jaar gelede. “Daar is ook geen teken dat dit gaan verbeter nie,” sê prof. Will Steffen van die Australies­e Nasionale Universite­it, wat die hoofnavors­er van albei studies was. “Mense sê ons sal met tegnologie kan aanpas, maar dit is net ’n geloof, nie ’n feit nie.”

Nou ja, ek moes geweet het boere sou ’n plan kon maak met dié gemors, want net nadat ek dit gelees het, stuur ’n boerevrien­d uit Prieska se wêreld vir my wraggies ’n artikel deur die Australies­e grondkundi­ge Graeme Sait. Sy argument is terselfder­tyd ingewikkel­d én eenvoudig. Hy begin by die feit dat daar net ’n sekere hoeveelhei­d koolstof op aarde is — dit kan nie minder of meer word nie. Koolstof word óf in die grond vasgelê óf in koolstofle­wensvorms óf in die atmosfeer as CO , waar dit saam met metaangas die

2 hoofrede vir aardverwar­ming is.

Die oseane hou die aarde koel deur baie van die atmosferie­se koolstof te absorbeer. Ongelukkig vorm dit koolsuur in water, wat die oseane dan versuur en fitoplankt­on — die bousteen van die oseane se kosstelsel — uitwis. En die mikroskopi­ese seelewe is verantwoor­delik vir tot 60% van die suurstof wat ons inasem, so die 40% wat ons al verloor het, is nie goeie nuus nie.

Die oplossing is ooglopend: Kry soveel moontlik atmosferie­se CO terug in die grond. Dit kan net gedoen word, sê Graeme, deur

2 grond se organiese inhoud te verhoog deur die humus te bou, byvoorbeel­d met oesreste. Dit beteken gesonder grond met meer mikroskopi­ese lewe wat die koolstof kan vaslê. Vir saaiboere beteken dit groter oeste, minder erosie en minder produksiem­iddele — goed wat in rand en sent gemeet kan word.

Veeboere het ’n nóg groter rol om te speel, meen sommige mense. Navorsers, soos dr. Christine Jones van Australië, het al bewys dat die korrekte bestuur van natuurlike weiding die meeste CO kan vaslê. Hoe? Wel, plante stuur 50% van die voedingsto­wwe

2 wat hulle fotosintee­r na hul wortels, waar 60% van die koolstof teruggaan na die grond.

’n Mens moet nogal moeite doen om dié goed te verstaan. Boere gaan nie net die wêreld se groeiende bevolking voed nie, maar eintlik die verantwoor­delikheid hê om die planeet te red! Dis ’n werklikhei­d wat die eenogige benadering tot landbouers in die land hopelik heeltemal kan verander. – CHRIS BURGESS

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa